RSS

Tag Archives: chick-lit

‘n Ware lekkerleesboek!

Lam in wolfsklereBernette Bergenthuin is alreeds geen onbekende by lesers van romantiese fiksie nie, daarvoor het verskeie tydskrifverhale en romanses gesorg. Lam in wolfsklere is haar eerste vollengte roman – en beslis nie haar laaste nie. (Lesers kan alreeds uitsien na haar tweede later in die jaar).
 

Lam in wolfsklere is die verhaal van ‘n jong beroepsvrou wat na ‘n liefdesteleurstelling in die skilderagte Kaap na haar ouerhuis in die minder skilderagtige Bloemfontein terugkeer. Ten spyte van die oënskynlike vaal en konserwatiewe omgewing, bevind Amelia haar baie gou in verskeie situasies wat allermins vaal of konserwatief is – en meestal skreeusnaaks.

Hoewel ek nie weet of dit as sulks bemark is nie, is die boek vir my ‘n voorbeeld van chick-lit op sy beste. Die liefdesverhaal is daar, maar so ook die spesiale vriendekring (perfek in pas met die Nuwe SA se ideale) en die stryd om haar voete in haar beroep te vind. Bernette se regsopleiding gee haar natuurlik die kennis om haar verhale teen die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Woordfees 2011

Ek het lankal op die harde manier uitgevind dis nie altyd so maklik om ‘n fees hier naby by te woon nie. Jy kan nie uittree uit jou daaglikse lewe en vir ‘n paar dae heeltemal weggaan en in ‘n salige vakuum van bitter min verantwoordelikheid jouself oorgee aan die plesiere van feeshou nie. Nee, jy hang die wasgoed op, jaag na ‘n show toe, kom maak iets reg vir aandete, jaag vir nog ‘n show …  Faktore wat die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , , , ,

Heildronk op ‘n gypsyromp – Nadia de Kock

Heildronk op ‘n gypsyromp was een van die aangename verrassings van my leesjaar tot dusver. Ek het kennis geneem van sy (haar) verskyning, maar nie moeite gedoen om dit in die hande te kry nie. Maar as ‘n nuwe boek per ongeluk (geluk) voor my op die trollie lê, gryp ek!
Daar was al redelik diskoers oor of ons nou eintlik chick-lit in Afrikaans het, of ons dit wil hê of nie, of dit ‘n genre met bestaansreg is of nie, ens. ens.  Na my mening is Gypsyromp volbloed chick-lit en probeer dit niks meer of minder wees nie – en dis waarskynlik wat dit geslaagd maak.
Sover ek weet is drie dinge belangrik in chick-lit: ‘n professionele enkelvrou, gewoonlik so skuins oor die dertig, haar loopbaan en haar vriendekring (urban clan). En dan eers kom haar liefdeslewe. Daar is dus gewoonlik ‘n liefdesverhaal betrokke, maar dis nie noodwendig die belangrikste element in die storie nie.
Mieke is ‘n kleurvolle, impulsiewe, kreatiewe, warm Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,