Category Archives: Stories van hoop

Ek bly maar op soek na goeie stories as teenmiddel teen die dreigende donkerte

Van skrywersblog: Onderhoud met Marius van Geur van vergifnis

As jy Geur van vergifnis gelees het, sal jy dalk hierdie geniet:

Alta: Jy is ‘n man met ‘n verlede. Hoe leef jy daarmee saam?
Marius: Ek hoef gelukkig nie daarmee saam te leef nie. Ek het dit agtergelaat.
A: En almal wat in daardie verlede seergekry het a.g.v. jou gedrag? Wat van hulle?
M: Ek het sover dit menslik moontlik is, reggemaak oral waar ek enigsins kon. Ek sal nooit ophou jammer wees oor dié wonde wat ek nie kon herstel nie. Maar dit sal niemand baat as ek in die verlede vassteek i.p.v. op die toekoms fokus nie.
A: Hoeveel het die ongeluk waarin jy verlam is met die verandering in jou lewe te doen gehad?
M: Baie. As jy magteloos op jou rug lê en van andere se goedheid afhanklik is om weer Lees voort Van skrywersblog: Onderhoud met Marius van Geur van vergifnis

Daar is altyd hoop

Vandag het ‘n uitermate besige Sondag my moeg maar tevrede hier voor die rekenaar gebring – en weer ‘n slag trots Suid-Afrikaans.
Vanoggend was ek 5:00 (al morrend) op om in Groenpunt te kom vir die iThemba stap ten bate van borskankerbestryding. Omtrent 12 000 mense en ‘n paar honde. Doef-doef musiek en die soort kunsmatige geesvang waarvan ek nie hou nie. ‘n Klompie dapperes prettig in pienk opgetooi. (Die beste was die heel aantreklike jongman met ‘n mooi pienk rompie en visnetkouse.) ‘n Spannetjie borskanker oorlewendes wat kom deelneem. Seepunt se promenade, die reuk van bamboes, skepe in die baai, pers Curves ballonne aan poniesterte. En Lees voort Daar is altyd hoop

Die ondenkbare gebeur so af en toe

Ja, ek verwys na die titel van die fantastiese speurverhaal deur Isa Konrad (sien bespreking onder Boeke om te onthou), maar veral na die onlangse tragedie in Noorweë.
Die tragedie het my diep getref. Verrassend diep. En ek het begin wonder hoekom. Hier is ‘n paar redes.
Eerstens omdat my kind daar bly, al was hy ver van die gebeure. Dis verstommend hoe selfsugtig ‘n Lees voort Die ondenkbare gebeur so af en toe

Random gedagtes: Die lewe en die dood …

Die dood van my geliefde Springsteen se boesemvriend en saksofoonspeler, Clarence Big Man Clemons die afgelope naweek, het my gedagtes op ver paaie gestuur. Soos die dood se manier maar is.
1. Daar is min dinge waarvoor ek so bang is as vir beroerte. Om jou spraak te verloor moet iets ysliks wees. Om verlam te wees … Om hulpeloos te wees … Ouch.
2. Oor vriendskappe tussen mans het ek nog nooit vreeslik gedink nie. In SA-konteks sien ‘n mens ‘n braaivleisvuur en ‘n paar biere, dalk ‘n trippie rugby toe as jy aan vriendskap dink. Bruce en Clarence het oor amper veertig jaar gewys dat ‘n Lees voort Random gedagtes: Die lewe en die dood …

Die Troue: Nog ‘n siening

Die Burger: Stockholm- versus sprokie-teorie deur Johan Smit 2011-05-13
Ek verwys na Gerrit Brand se vrae oor Suid-Afrikaners se fassinasie met die Britse koninklikes (DB, 11.05). Die antwoorde is eenvoudig en ver verwyderd van jul Stockholm-teorie. Vir hulle gaan dit oor ’n skouspel van beskaafdheid, tradisie, romantiek en hoop – die sprokie-teorie. Meer as ’n halfmiljoen van ons jong mense werk, studeer en Lees voort Die Troue: Nog ‘n siening

Inspirasie: Verhaal van hoop en sukses

Ek loop hierdie artikel in Rapport raak en besef hierdie kind se ma was saam met my in die koshuis op universiteit. En dat dit netsowel my kind  kon gewees het. Of ek sou kon doen wat hulle as gesin reggekry het? Wie sal weet …

“Sit hom in ’n inrigting en gaan aan met jul lewe,” was dokters se raad 23 jaar gelede nadat Francois van Zyl as drie maande oue baba ernstige breinskade in ’n motorongeluk opgedoen het.

Breinchirurge, neuroloë, pediaters, oogspesialiste en oudioloë het gedoen wat Lees voort Inspirasie: Verhaal van hoop en sukses

Dagboek van ‘n depressievegter: Medikasie

Ek het heel van die begin af ‘n vurige liefde/haat verhouding met my antidepressante gehad. Ek weet dis nodig, maar ek haat dit steeds om dit te gebruik. (Darem nie so erg soos daar aan die begin nie.) Diep in my hart wil ek steeds SELF hierdie ding oorwin. Dis nogal eienaardig dat ek aan die eenkant so graag self wou Lees voort Dagboek van ‘n depressievegter: Medikasie

Dagboek van ‘n depressievegter: Die kopskuif

Die dag toe my dokter my oortuig het depressie is regtig ‘n siekte en nie net my eie onvermoë om met die lewe te cope nie, was jare lank vir my ‘n (twyfelagtige!) hoogtepunt. Ek vermoed dis nie net ek wat diep in my hart dikwels gewonder het of dit nie maar eintlik ‘n persoonlikheidsfout, gebrek aan selfbeheersing, pure ondankbaarheid of die gebrek aan geloof van ‘n patetiese Christen is nie. Die diagnose van depressie as ‘n regte, egte siekte stel ‘n mens vry van (die meeste!) Lees voort Dagboek van ‘n depressievegter: Die kopskuif

Dagboek van ‘n depressievegter: Hoekom?

Hierdie idee spook nou al ‘n geruime tyd by my. Gereelde lesers sal weet van my Dagboek van ‘n romanseskrywer. Ek kry die indruk dit word heel gereeld deur aspirant-skrywers geleees. Hopelik besef die lesers dis nie bedoel as ‘n wys hoe dinge gedoen moet word nie, maar as ‘n saamstap en leer uit mekaar se foute. As sulks kan dit vir die lesers én die skrywer van groot waarde wees.
Ek spook nou al ‘n jaar of wat om my behoefte om iets vir Lees voort Dagboek van ‘n depressievegter: Hoekom?

‘n Storie van hoop

Kyk gerus na hierdie video van Ted Williams, ‘n hawelose wat met ‘n kreatiewe plakkaat langs ‘n pad in Amerika gestaan het: http://www.youtube.com/watch?v=jaGLDKBE8Ho
Op ‘n dag het ‘n joernalis by hom stilgehou, die video geskiet, dit op YouTube geplaas – en dinge het begin gebeur. Hy het ‘n internetsensasie geword, op TV verskyn, aanbiedinge gekry en is blykbaar tans in ‘n organisasie se diens as sportaankondiger.
Wat vir my wonderlik is, is dat hy eerlik genoeg is om te sê dit was drank, dwelms en nog ander dinge (??) wat sy lewe verwoes het. Hy het verantwoordelikheid geneem, die goed gelos en is volgens die video nou reeds twee jaar skoon.
Ek hoop hy’s ‘n inspirasie vir ‘n paar van die miljoene wat blykbaar al na die video gekyk het!
(Bron: rsg)