RSS

Category Archives: Fliek

‘n Goeie fliek is ‘n groot vreugde. Maar hulle is skaars.

Les Misérables (vervolg)

Les Misérables 1MV5BMjAxNzk3MzY1OF5BMl5BanBnXkFtZTcwNzk1NTA4OA@@._V1._CR341,0,1365,1365_SS80_MV5BMjE4MTMwMzA5MF5BMl5BanBnXkFtZTcwNjM3NTA4OA@@._V1._CR341,0,1365,1365_SS80_MV5BMjI0Mjc4NDc1OF5BMl5BanBnXkFtZTcwMzA2NTA4OA@@._V1._CR341,0,1365,1365_SS80_Meer oor die dinge wat in my bly vassteek het na hierdie fliek:

Eerstens die lot van die vrou, in hierdie geval deur die karakter van Fantine verpersoonlik. As jy nie ‘n (ryk) man het om jou te beskerm nie, is dinge eenvoudig hopeloos. Die toneel waar sy haar hare laat afsny vir ek dink 10 frank, was hartroerend. Die toneel waar sy van haar tande laat trek vir nog ‘n paar frank, het my my hande oor die oë laat slaan. En haar lied na sy (seker vir die eerste keer) haar werk as prostituut gedoen het, het my hart gebrek. Want ja, daar is vandag nog baie vroue wat nie werklik bevry is nie. En nie net in verre lande waar hulle vreemde klere  moet dra en nie mag motor bestuur nie. Hulle is hier tussen ons en hulle is on-vry op baie verskillende maniere.

Die tweede ding wat my bybly, is die mooi gesiggies van die idealistiese studente wat die opstand lei. (Ja, seker ook omdat hulle darem iets vir die oog was tussen al die minder Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

‘n Fliek om te onthou: Les Misérables

Les MisérablesOppervlakkig beskou het ek nie die fliek besonder baie geniet nie. Eintlik is dit nie juis ‘n fliek om te geniet nie, daarvoor is daar te veel bloed, sweet en trane. Die akteurs wat self sing, is natuurlik iets besonders, maar dit beteken nie noodwendig dat hulle altyd ewe goed sing nie (nie dat ek nou juis ‘n kenner is nie). En daarby is dit lank. Báie lank, vir ‘n haastige mens wie se bene begin pyn as sy lank stilsit. (Ek het natuurlik my breiwerk saamgeneem – en toe is ek te skaam om dit uit te haal, want daar is te veel ander mense redelik naby aan my. En met die uitkomslag kom ek agter die mens naaste aan my was toe al die tyd ‘n bekende.) Daarby is die karakters die meeste van die tyd so vuil en dikwels redelik aanstootlik (sekerlik baie realisties) dat dit regtig nie altyd ‘n plesier is om daarna te kyk nie. Dit was natuurlik ‘n tyd toe elke Jan Rap en sy maat nie ‘n huis met twee badkamers en permanente warm water gehad het nie. Om nie te praat van mediese dienste en regte van allerlei aard nie. Mense was sekerlik vuil, sekerlik dikwels gebreklik en in Europa sekerlik baie dikwels half verkluim.

Ek het ook al lank gelede (spesifiek tydens twee Afrikaanse musiekspele by die KKNK) besluit die musical as genre is regtig nie vir my nie en ek gaan ook nie skuldig voel daaroor nie. (Behalwe vir Read the rest of this entry »

 
6 Kommentaar

Posted by op 03/02/2013 in Fliek

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , ,

Om te Roepman of nie

Ek het nooit geweet ek het soveel vooroordele nie. Darem nie oor mense nie (behalwe ‘n paar waaraan ek vas glo, soos dat mans nie iets kan soek nie … :), maar oor ander dinge. Nou moet ek darem tot my eie verdediging sê dat vooroordele (beliefs) gewoonlik deur ondervinding daar geplaas word. Nou ja, my ondervinding van Afrikaanse flieks is swak. Om die minste te sê. Die laaste een wat ek uit my hart uit geniet het, was Hoor my lied in ek dink 1968, toe my geliefde tannie Bessa kliphard Sies! gesê het vir Gé Korsten en iemand (was dit Min Shaw?) se kuise soen. En my boeta hoogs verontwaardig was toe ek langs hom effens tranerig begin raak het. Wat my bring by van die vooropgestelde idees waarmee ek grootgeword het: Enige liggaamlike kontak tussen man en meisie is iets negatiefs, iets wat jy in die donker doen waar niemand jou sien nie. En dis verkeerd Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Fliek: The King’s Speech

Ek het The King’s Speech met opset alleen gaan kyk, gewapen met ‘n hele paar snesies. Ons familie is nie huilers nie, maar met hakkelsake maak ek ‘n uitsondering. (Die toename in jare het ook nogal ‘n invloed op ‘n mens se traankliere, dink ek. Of dalk gee jy net minder om wat ander mense dink.) Dit was ‘n wyse stap; ek is koponderstebo en tamelik vinnig by daai fliek uit agterna …

Dit is voorwaar ‘n wonderlike fliek. Ek dink Colin Firth speel die rol van die hakkelende koning briljant. En die ander spelers is ook almal oortuigend. Maar ek kan nie regtig oordeel nie, want ek is eenvoudig te subjektief betrokke. Vir my is dit in die eerste plek ‘n briljante stuk publisiteit vir hakkelaars se dapper stryd en ek is bly om te hoor dat die McGuire-organisasie wêreldwyd die geleentheid aangegryp het.

Maar ek wil ‘n aanvegbare stelling maak: Vir my was dit nie so ‘n oortuigende Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 06/04/2011 in Fliek, Hakkel, Hou op hakkel

 

Sleutelwoorde:

Fliek: Morning glory

Ek het die fliek gaan kyk in die week waarin ek met die dood geworstel het (darem nie my eie nie!), in ‘n doelbewuste poging om iets positiefs te doen en vir myself goed te wees. My gemoed was maar laag en my verwagtinge baie min. Dalk is dit hoekom ek dit so geniet het. Dalk omdat ek nie die energie gehad het om regtig krities te kyk nie. Ek wou net graag lag – en glo my, ek het. Ongelukkig het die onaangename werklikheid maar weer buite die fliek gewag, maar vir daardie tydjie het ek van die meeste van die wêreld se ellendes skoon vergeet.
Vir Rachel McAdams ken ek van g’n kant af nie. Maar sy is pragtig en sy het wat my betref die rol uitstekend gespeel. Aan die begin is sy behoorlik soos ‘n kat op ‘n warm plaat – so springerig dat sy Read the rest of this entry »

 
2 Kommentaar

Posted by op 19/03/2011 in Fliek

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Fliek: Burlesque

Burlesque is a literary, dramatic or musical work intended to cause laughter by caricaturing the manner or spirit of serious works, or by ludicrous treatment of their subjects. The word derives from the Italian burlesco, which itself derives from the Italian burla – a joke, ridicule or mockery. Aldus die wysheid van Wikipedia. Sien, ‘n mens kan altyd iets te lere kry!
Natuurlik weet ek van kindsbeen af van Cher. En van Christina feitlik niks. Genoeg om my – wat normaalweg nie rasend is oor musicals nie – fliek toe te dryf op ‘n vervelige, manlose Vrydagmiddag. Dit was ‘n wyse besluit.
Cher lyk soos ‘n dertigjarige met ‘n plastiekgesig. Christina lyk met verloop van die fliek soos enigiets vanaf ‘n Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/02/2011 in Fliek, Humor

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Fliek: Black Swan

Black Swan is ‘n besondere fliek – dit sal min mense ontken. Maar die kyker wat die fliek gaan kyk vir ontspanning en omdat hy/sy van ballet hou, kan dalk meer kry as waarop hy gereken het.
Black Swan is nié ‘n goedvoelfliek nie. Dis ‘n ontstellende fliek, ‘n donker, erotiese, weird, onvergeetlike fliek wat jou effens gehawend uit die teater laat steier.
Die karakters bly jou by, selfs al het sommige ‘n baie klein rol. Die ballerina (Natalie Portman) met die perfekte tegniek, maar die onvermoë om haar donker kant te ontgin ten einde die Swart Swaan in Swanemeer suksesvol te dans; die choreograaf/baas wat die beste in haar na vore wil bring en in die proses nie juis haar gevoelens spaar of sy belustigheid Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 16/02/2011 in Fliek

 

Sleutelwoorde: , , ,

The horse whisperer – Nicholas Evans

Ek het jare gelede die fliek gesien en die boek gelees daarna. (Definitief vir my die beste volgorde.) Ek het albei baie geniet, maar kan nie onthou dat ek so diep aangeraak was soos hierdie keer nie. (Dis nou behalwe die uiters aangename herinnering aan Robert Redford in die manlike hoofrol.) Of dit die ouderdom is, weet ek nie. Maar ek het al tevore ook opgemerk dat dieselfde storie ‘n mens op verskillende stadiums in jou lewe verskillend aanraak.

The horse whisperer is die baie Amerikaanse storie van die New Yorkse gesin wie se lewens onherroeplik verander word deur ‘n verskriklike ongeluk van hul dogter, Grace en haar perd, Pilgrim. Albei van hulle oorleef, maar nie een is meer dieselfde nie. En soos net ‘n ma kan, tree Annie in en neem hulle lot in haar hande, neem die besluite wat sy as reg beskou, en voer dit roekeloos uit Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , ,

Top 250 flieks

Kyk gerus hier vir die lys: http://www.imdb.com/chart/top?tt1285016
Ek vaar maar bitter sleg! En die meeste grotes wat ek al gesien het, is bitter lank gelede. (Wonder wat sê dit nou eintlik van my lewe?)
My hoogste een op die lys is One flew over the cuckoo’s nest (1975) op no. 9, rating van 8.8 en 231 937 stemme. En joune?

 
4 Kommentaar

Posted by op 08/02/2011 in Fliek

 

Sleutelwoorde:

Fliek: The social network

Lees gerus hier as jy dit nog nie gesien het nie: http://boekensie.wordpress.com/2011/02/04/fliek-the-social-network/

 
Lewer kommentaar

Posted by op 07/02/2011 in Fliek

 

Sleutelwoorde: , , ,

Fliek: Due date

Dis nie die eerste keer dat ek ‘n fliek wat nie deur resensente baie hoog aangeslaan word, gate uit geniet nie. Normaalweg is ek ook baie versigtig vir akteurs wat ek glad nie ken nie (waarvan daar baie is, want ek is nie ‘n gereelde fliekvlooi nie), maar hierdie fliek was vir my groot pret. (Dalk was ek maar net in die regte stemming … wat dalk beteken nie in ‘n kritiese stemming nie).
Die fliek probeer nie om iets anders as pret te wees nie. En pret is dit. Die twee uiteenlopende mans wat deur omstandighede gedwing word om saam regoor Amerika te ry, word baie goed deur die twee akteurs uitgebeeld. ‘n Mens voel die frustrasie van die fynbesnaarde, hoogsgespanne jappie-father-to-be wat betyds vir sy seun se geboorte moet wees met die happy-go-lucky, tamelike dom aspirant-akteur op wie se twyfelagtige genade hy aangewys is. Jy wonder wanneer gaan die arme man Read the rest of this entry »

 
2 Kommentaar

Posted by op 19/01/2011 in Fliek, Humor, Stres

 

Sleutelwoorde: ,

Fliek: The tourist

Die een resensent sê die ongelooflike chemistry tussen Angelina Jolie en Johnny Depp maak die fliek iets besonders – die volgende sê daar is absoluut geen chemistry nie … Wel, dan maar liewer ‘n paar diep gedagtes van my kant af:
Jolie het regtig ‘n paar ongelooflike lippe. En ek bedoel dit nie heeltemal as ‘n kompliment nie.
Depp lyk beter in seerowerklere as in flenniepajamas. Maar met sy vermoë om kaalvoet en deur die slaap oor die rooi teëldakke van Venisië te hardloop, skort daar niks.
Ek het nog min vroue met sulke hoë hakke so bestudeerd sien stap deur soveel Europese strate … of so koeltjies met motorbote deur Venesië se kanale sien jaag. Tussen koeëls en misverstande en die polisie én die skurke deur.
En Venesië is onbeskryflik mooi. Maak nie saak of dit oggend of aand of Read the rest of this entry »

 
4 Kommentaar

Posted by op 18/01/2011 in Fliek

 

Sleutelwoorde: ,

Fliek: Eat, pray, love

Ek het myself mos belowe ek gaan nie weer ‘n boek lees en daarna die fliek kyk nie. Wel, ek het toe gister vir Eat, pray, love gaan kyk sonder om die boek te lees. Ek sal seker nou eers die boek in die hande moet kry voor ek kan besluit oor die geslaagdheid van die poging.
Die fliek is vol mooi tonele en mooi mans (en natuurlik Julia Roberts) – sy beweeg immers van New York na Italië na Indië na Bali. Enige vrou kan seker op een of ander stadium van haar lewe identifiseer met die hoofkarakter se behoefte om weg te kom en haarself te vind. Maar selfs sonder die boek as agtergrond kon ek voel hoe oppervlakkig die fliek oor die kwessies skeer. Haar uitbreek en egskeiding aan die begin is byvoorbeeld vir my heeltemal ongemotiveerd en onoortuigend. Ek weet nie of duisende vroue nou na die Ooste gaan stroom vir meditasie nie, maar vir my het dit net oortuig om weg te bly van plekke waar dit so warm is!
‘n Lekker fliek, maar nie een wat ek sal onthou tot in die ouetehuis nie. En ek het van die heel oudste en onaantreklikste manlike karakter die meeste gehou! (Richard from Texas)
Lees meer by http://www.imdb.com/title/tt0879870/

 

Sleutelwoorde: , , ,

Fliek: Dear John

Ek het die afgelope tyd eers regtig bewus geraak van Nicholas Sparks se boeke en eerste The lucky one en The rescue onder oë gehad. Ek het wel al die films van Message in a bottle en Nights in Rodanthe (spelling?!) gesien. Eersgenoemde het my lelik verneuk laat voel toe die held aan die einde moet sneuwel. Net ‘n baie wrede skrywer doen dit aan sy lesers! Laasgenoemde het ek gekyk omdat ek ‘n Richard Gere bewonderaar is, maar het dit nie ‘n besondere fliek gevind nie.
Dear John was dus ‘n poging om my kennis van Sparks se werk uit te brei. Ek het regtig baie van die fliek gehou, ten spyte van die swakkerige resensies wat dit gekry het. Dalk omdat ek (laaaank gelede) ondervinding het daarvan om jou geliefde army toe te stuur. En dus baie goed weet wat ‘n dear johnny nou eintlik is. Dalk ook omdat in The lucky one die held ook in Irak geveg het en ek vir die eerste keer fiksie oor daardie oorlog gelees het. En natuurlik aangehelp deur Springsteen se fantastiese liedjie Devils and dust, wat die helder prentjie teken van ‘n soldaat wat eintlik nog ‘n kind is, maar die keuse moet maak van maak dood of jy word doodgemaak.
Die manlike hoofspeler het vir my goed gedoen en die meisietjie is so pragtig dat ek haar heelwat sal vergewe! Die uitbeelding van die seuntjie met ‘n tipe leergestremdheid (is nie seker wat nie – daarvoor sal die boek sekerlik sorg) het my ook aangeraak. En ek wonder of Sparks so ‘n kind in sy lewe het, want daar is in meer van sy boeke (The lucky one) kinders wat ‘n probleem het om in die hoofstroom te funksioneer. Die pynlike verhouding tussen hom en sy pa – en hulle groot liefde vir mekaar – het my ook diep geraak.
As jy dus lus is vir ‘n mooooi liefdesverhaal met mooi mense en heelwat realisme, maar nie te veel oorlogstonele nie, gaan kry gerus vir Dear John.
En lees meer oor die fliek by hierdie skakel: http://www.imdb.com/title/tt0989757/
En ja, ek dink ek sal voortaan sorg dat ek eers die fliek sien en dan die boek lees – nooit weer andersom nie! Dit lei eenvoudig net tot te veel teleurstelling en frustrasie.

 
 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , ,

Fliek: My sister’s keeper

Ek het lank oorweeg of ek werklik die fliek moet kyk. Omtrent elke verfilmde boek was nog vir my ‘n teleurstelling. Natuurlik verstaan ek dat die omvang en diepte van ‘n boek onmoontlik in ‘n fliek van gewone omvang weergegee kan word. Maar ek verstaan nie hoe die filmmense ‘n boek so heeltemal kan verander om aan hul (en die kykers se) behoefte te voldoen nie. Nog minder hoe ‘n skrywer dit kan toelaat.  Moet ‘n skrywer sy boek so afteken dat hy geen sê het in hoe die fliek gemaak word nie? Is dit geld wat so hard praat?

Dit was natuurlik ‘n baie roerende fliek. Picoult is beroemd vir die ongewone situasies wat sy vir haar boeke uitkies, maar tog kan enige mens (en veral enige ma) met die hartseer van hierdie gesin identifiseer. Almal se spel was vir my oortuigend en dis nie die akteurs se skuld dat die fliek met opset so aangepak is om by uitstek ‘n tranetrekker te wees nie. Maar daar was net te veel dinge uit die boek wat ek gemis het – veral die hond se uitgebreide rol en die prokureur se moedswilige belaglike antwoorde op mense se vrae, asook die liefdesverhouding tussen hom en ‘n karakter wat glad nie eens in die fliek was nie. En nee, ek het nie die ekstra tragiese einde van die boek gemis nie. Maar die einde wat hul die fliek gegee het, was vir my regtig oordadig sentimenteel. Boonop bevat dit blykbaar ‘n tamelike growwe feitefout oor die weer in Montana gedurende die tyd van die jaar wanneer hulle kastig vir haar verjaardag soontoe sou gaan.

Ten spyte van my besware het ek steeds die fliek geniet en ‘n paar trane gestort. Die boek was die eerste van Jodi Picoult wat ek gelees het en ook een van die paar wat ek geweldig geniet het. Op die lange duur het haar onderwerpe vir my net te depressing geraak en die afloop van die verhale net te sinneloos.

Want ek bly maar ‘n verbete romantikus.

 
2 Kommentaar

Posted by op 29/09/2010 in Fliek, Stokperdjies

 

Sleutelwoorde: , , ,

Fliek: Love happens

Ek het die fliek net uitgeneem vir ingeval ek nie goed vaar met My sister’s keeper nie. En toe is dit vir my die lekkerste een van die twee. Terwyl dit maar ‘n 5.5 kry op die webwerf wat ek gebruik vir flieks. (En nee, ek is nog nie daar dat ek actually voor die tyd gaan navorsing doen en dan ‘n ingeligte keuse kan doen nie).

Jennifer Aniston van Friends-faam was natuurlik ook ‘n trekpleister. Die vrou word darem goed ouer, hoor. Die manlike hoofspeler (Aaron Eckhart) het ek nie eens geken nie. En wat ‘n lekker verrassing was hy nie. ‘n Baie aantreklike man vir hierdie fynproewer van helde! Maar hy het vir my die rol besonder goed gespeel van die man wat opgeslurp is in die sukses van sy boek oor die verwerking van ‘n geliefde se dood, terwyl hy self sy smart nog glad nie verwerk het nie.

Die opsigtelike pogings om die storie ‘n romantic comedy te maak, het my eintlik gepla. Dis eenvoudig ‘n te ernstige onderwerp. Maar die liefdesverhaal is pragtig – en die papegaai ook!

Kyk gerus as jy nodig het om in die goeie dinge te bly glo!

 
Lewer kommentaar

Posted by op 27/09/2010 in Fliek, Stokperdjies

 

Sleutelwoorde:

Hachiko

Ek is baie teleurgesteld in myself oor hierdie fliek. Ek is mal oor diere en mal oor honde, maar ek is eenvoudig te sinies en/of prakties en/of ingelig om die fliek net onbevange te geniet.

Ons skryf so maklik menslike emosies en eienskappe aan diere toe, waar dit dikwels maar net instinktiewe gedrag is wat hul toon. Die werklike Hachiko se gedrag het waarskynlik bloot gevolg op die positiewe versterking wat die betrokke mense hom gegee het. (Die verwelkoming van sy baas. En later die kos wat die mense van die omgewing hom gegee het). Dit is per slot van rekening hoe diere (en mense?) leer – hulle leer gou om gedrag te herhaal as daar ‘n beloning aan verbonde is. Verder pla die voorbeeld wat die mense in die fliek aan dierelefhebbers stel my ook. Die manier waarop Parker die hond indulge is ongelukkig in die werklikheid nie die manier waarop ‘n mens ‘n gelukkige hond kweek nie. ‘n Hond moet grense he en weet watter gedrag is aanvaarbaar en watter nie.

Die fliek steun absoluut net op die cuteness van die hond en die naam (en looks) van Richard Gere. Ek is ook teleurgesteld dat die filmmakers die storie sommer so maklik gevat en bloot in Amerika geplaas het. En sommer nog in vandag se tyd ook. Almal weet nou die werklike gebeurtenis het ‘n hele klomp jare gelede in Japan plaasgevind (die Akita is ook ‘n Japannese honderas) en die impak van die storie sou soveel meer gewees het in daardie setting. Maar natuurlik praat geld die hardste …

Dat dit ‘n lieflike hond is, kan ‘n mens egter nie ontken nie. Ek hoop maar almal trek nie nou los en soek Akitas nie, want hulle is blykbaar baie intelligent en aktief en verwoes jou erf en huis gou-gou as hulle nie baie oefening en stimulasie kry nie. As ek dink hoeveel Huskies (geteel om kilos en kilos per dag af te hardloop voor ‘n slee) verveeld en gefrustreerd in dorpserwe opgesluit staan, krimp my hart vir die Akitas.

Vir die mense wat die diere vir films afrig, het ek die grootste bewondering. Ek sou wat wou gee om te sien hoe hul met die diere werk op ‘n filmstel. Selfs daardie muishond moes ook noukeurig afgerig wees.

Dit was interessant om vir Gere in iets anders as ‘n romantiese fliek te sien. Dalk vir hom ook ‘n lekker afwisseling? Of word hy eenvoudig nou te oud vir romantiese rolle?

Die aangrypendste deel van die fliek was vir my aan die einde toe die werklik bejaarde ou hond so stadig oor die spoorlyn aangestap kom. Die verganklikheid van ons almal was so duidelik op daardie ou gesig geteken.

Dit was steeds ‘n lekker fliek en almal wat minder sinies is en enigsins vir diere lief is, sal dit baie geniet. Versigtig net om so met jou hond uit dieselfde bak jul springmielies te eet en hom jou dan deur die mond te laat lek – honde lek op snaakse plekke, hoor …

 
Lewer kommentaar

Posted by op 20/05/2010 in Fliek

 

Sleutelwoorde: , ,

Fliek: Date Night

As jy lus is vir karre wat jaag en ‘n mooi vrou wat met hoehakskoene die hele New York vol hardloop, kyk Date Night! Niks dieps nie (hoewel ‘n paar wyshede oor die groef waarin getroude pare kan beland), maar lekker sinlose vermaak. As jy kan verby luister by al die vagina-grappies!

Lees meer by http://www.imdb.com/title/tt1279935/

 
Lewer kommentaar

Posted by op 12/05/2010 in Fliek, Stokperdjies

 

Sleutelwoorde:

Julie & Julia (met Meryl Streep)

Terwyl die hele land rugby kyk, was ek salig (alleen) in die bed met ‘n (klein) steak, ‘n pakkie Liquorice Allsorts – en die DVD van Julie & Julia. Die verhaal van Julie Powell wat besluit om Julia Child se beroemde resepteboek in ‘n jaar deur te kook – en daaroor te blog. Die resultaat is ‘n bekoorlike vermenging van die twee vroue se verhale (albei waar). ‘n Plesierige fliek met heelwat om oor te dink …

Die entoesiasme waarmee Child (Meryl Streep) die lewe aanpak … Die lot van lang vroue … Die verhouding tussen vroue en hul ma’s … Die geheimenis van die liefde tussen man en vrou … Die passie vir kook (wat ek nie het nie) … Die onskatbare waarde van ‘n man wat sy vrou enduit kan ondersteun in wat sy aanpak … En nie bedreig voel as sy sukses behaal nie (Ek dink daar’s min van hulle) … Die begeerte om ‘n boek te publiseer … Die begeerte dat iemand dit moet lees (en geniet!) … Die vermoë om ‘n nee te oorleef  en maar net weer te begin … Die inspirasie van ‘n rolmodel … Die verskil tussen daardie rolmodel in jou  kop en in die werklikheid … En natuurlik die lekkerte van blogging!

As enigeen van bogenoemde jou aanspreek – gaan kry Julie & Julia. (Die Liquorice Allsorts is nie verpligtend nie – sjokolade sal ook werk!)

 
3 Kommentaar

Posted by op 07/05/2010 in Fliek, Stokperdjies

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,