RSS

Category Archives: Stokperdjies

Dinge wat vir my lekker is

‘n Man vir altyd: drie stories oor liefde en honde

'n man vir altyd_voorblad_high res.jpgDie eerste van die drie stories in hierdie omnibus het ek ‘n klompie jare gelede geskryf terwyl ek by ‘n teler vir ‘n wolfhondbaba gewag het. Ek het baie met die teler gesels, van sy opleidingsklasse vir honde bygewoon en baie geleer. En vir altyd verlief geraak op die ras, wat ek as jong meisie die eerste keer in my man se familie leer ken het. Teen die einde van daardie jaar het Hilde deel van ons familie geword en die volgende twee boeke is in die roes van my liefde vir haar geskryf. 🙂 As jy dus nie van diere en veral van honde hou nie, moet jy dalk maar verbyhou by hierdie stories.
Dis ironies dat ek die proeflees vir die omnibus moes doen in Hilde se laaste tydjie by ons. Dit was emosioneel om weer te onthou hoe ek vir haar gewag het, watter harde maar vreugdevolle werk dit was om haar mooi op te voed en hoeveel vreugde sy in ons gesin gebring het.
Henri arboretum.jpgIntussen moes ons van Hilde afskeid neem en het die liewe Lea heel onverwags in ons lewe gekom. Ek het nooit vermoed dit kan so ‘n vreugde wees om ‘n bejaarde hond in mens se hart toe te laat nie. Sy laat my, snaaks soos dit mag klink, so baie aan my ma in haar laaste jare dink: Oud, bietjie broos, al deur die lewe getrap, maar steeds sag en geduldig en sonder ‘n greintjie boosheid of bitterheid in Read the rest of this entry »

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , ,

2016 was ‘n riller … And so say all of us …

Want to inspireLyk my dit het mode geword om vir mekaar te vertel wat ‘n dolle jaar dit was.

Tot op ‘n punt het ek hartlik meegedoen.

Maar toe besef ek moet verder dink. Ja, daar was moeilike dinge. Maar daar was altyd ‘n MAAR.

  • 2016 het begin met my eerste ervaring van angs. Angs wat jou beheer laat verloor, angs wat jou laat glo jy is nou al jou varkies kwyt, wat jou keel laat toetrek en jou hart op loop laat sit en jou vir die toekoms laat vrees.

Maar dit het verby gegaan. (Met die regte pilletjie en heelwat vasbyt.)

  • Die Swart Hond was vanjaar nie net op my spoor nie; hy het kom intrek. Hoe beskryf mens die donkerte? Dag en nag? Come rain or shine? Die doelloosheid, die moegheid, die uitsigloosheid. Terwyl jy met jou verstand goed weet jy het tonne en tonne seëninge om voor dankbaar te wees? Maar dit help jou niks. Behalwe om jou ongelooflik skuldig te laat voel.

Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Kry vir jou ‘n nuwe knie – random gedagtes vir dié wat gevra het (of nie)

1. Jammer aan almal wat dit graag wil hoor, maar ek kan op hierdie stadium nie eenvoudig sê dit was maklik en ek sal dit enige tyd weer doen nie. Want maklik was dit allermins. En ek is na vertien dae nog nie seker dit was die moeite werd nie. Ek vermoed ek sal eers na omtrent drie maande regtig weet. Ek vermoed ook dis vir my ekstra ingrypend omdat dit die eerste enigsins ingrypende operasie is wat ek in my lewe gekry het. Wat natuurlik stof tot ongelooflike dankbaarheid is.

2. By my is die vooraf vrees vir enige nuwe ervaring gewoonlik erger as die ding self. In hierdie geval was dit in sekere opsigte so en in ander nie.

3. My vrees vir di'As far as dancing goes, the doctor says you need to stay off my feet for 6-8 weeks.'e dag se lê in Intensief en die morfienpompie was totaal onnodig. Dit was eintlik (relatief) heerlik daar. Want – logies – daar word intensief na jou gekyk. En die morfien sit jou op ʼn heerlike trip. Alles wettig en geoorloof. Moet net die dink jy gaan veel slaap kry daar nie. Dis nie ʼn plek vir slaap nie. Natuurlik my eie onnoselheid wat my ʼn ekstra slaappilletjie van die hand laat wys het. Volgende keer vra ek ʼn handvol.

4. Vermoedelik a.g.v. die morfien was ek op my stukke en oop vir mense. (En natuurlik amper pynvry. En sekerlik op ʼn high, want die operasie is gedoen en ek kan nie meer terugdraai nie.) Wat gelei het tot ʼn paar baie interessante gesprekke. O.a. met twee jong swart assistentjies wat my was en vertel van die tannie wat summier geweier het toe die jong manlike verpleër haar moet kom was. (Genadiglik het hy nooit in my omgewing gekom nie.) En die pragtige bruin assistent wat onopvallend agter my gordyne wegkruip en my vertel sy weier om soos omtrent al haar tydgenote ʼn kind te hê en net tevrede te wees met die lewe van almal rondom haar, sy soek meer in die lewe. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , ,

Les Misérables (vervolg)

Les Misérables 1MV5BMjAxNzk3MzY1OF5BMl5BanBnXkFtZTcwNzk1NTA4OA@@._V1._CR341,0,1365,1365_SS80_MV5BMjE4MTMwMzA5MF5BMl5BanBnXkFtZTcwNjM3NTA4OA@@._V1._CR341,0,1365,1365_SS80_MV5BMjI0Mjc4NDc1OF5BMl5BanBnXkFtZTcwMzA2NTA4OA@@._V1._CR341,0,1365,1365_SS80_Meer oor die dinge wat in my bly vassteek het na hierdie fliek:

Eerstens die lot van die vrou, in hierdie geval deur die karakter van Fantine verpersoonlik. As jy nie ‘n (ryk) man het om jou te beskerm nie, is dinge eenvoudig hopeloos. Die toneel waar sy haar hare laat afsny vir ek dink 10 frank, was hartroerend. Die toneel waar sy van haar tande laat trek vir nog ‘n paar frank, het my my hande oor die oë laat slaan. En haar lied na sy (seker vir die eerste keer) haar werk as prostituut gedoen het, het my hart gebrek. Want ja, daar is vandag nog baie vroue wat nie werklik bevry is nie. En nie net in verre lande waar hulle vreemde klere  moet dra en nie mag motor bestuur nie. Hulle is hier tussen ons en hulle is on-vry op baie verskillende maniere.

Die tweede ding wat my bybly, is die mooi gesiggies van die idealistiese studente wat die opstand lei. (Ja, seker ook omdat hulle darem iets vir die oog was tussen al die minder Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

‘n Fliek om te onthou: Les Misérables

Les MisérablesOppervlakkig beskou het ek nie die fliek besonder baie geniet nie. Eintlik is dit nie juis ‘n fliek om te geniet nie, daarvoor is daar te veel bloed, sweet en trane. Die akteurs wat self sing, is natuurlik iets besonders, maar dit beteken nie noodwendig dat hulle altyd ewe goed sing nie (nie dat ek nou juis ‘n kenner is nie). En daarby is dit lank. Báie lank, vir ‘n haastige mens wie se bene begin pyn as sy lank stilsit. (Ek het natuurlik my breiwerk saamgeneem – en toe is ek te skaam om dit uit te haal, want daar is te veel ander mense redelik naby aan my. En met die uitkomslag kom ek agter die mens naaste aan my was toe al die tyd ‘n bekende.) Daarby is die karakters die meeste van die tyd so vuil en dikwels redelik aanstootlik (sekerlik baie realisties) dat dit regtig nie altyd ‘n plesier is om daarna te kyk nie. Dit was natuurlik ‘n tyd toe elke Jan Rap en sy maat nie ‘n huis met twee badkamers en permanente warm water gehad het nie. Om nie te praat van mediese dienste en regte van allerlei aard nie. Mense was sekerlik vuil, sekerlik dikwels gebreklik en in Europa sekerlik baie dikwels half verkluim.

Ek het ook al lank gelede (spesifiek tydens twee Afrikaanse musiekspele by die KKNK) besluit die musical as genre is regtig nie vir my nie en ek gaan ook nie skuldig voel daaroor nie. (Behalwe vir Read the rest of this entry »

 
6 Kommentaar

Posted by op 03/02/2013 in Fliek

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,

Terugblik: Koms van die Paashaas

Ek het ongelukkig net hierdie een Paasstorie – so hy word maar elke jaar weer uit die onderste laai gehaal en afgestof.
Koms van die Paashaas het in die Huisgenoot van 13 April 2006 verskyn, maar jare tevore al sy ontstaan gehad in die tyd toe ek ‘n tuisbly-ma en teler van miniatuurkonyne was. Aanvanklik was die storie ook meer godsdienstig van aard – waarskynlik ‘n bietjie prekerig as ek nou daaraan dink. Toe ek dit jare later oorskryf, was dit interessant om te sien hoe my styl intussen verander het. Hopelik ten goede.

Soos dit maar gaan, is daar heelwat raakpunte Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , ,

Aanstap …

Sewe-en-twintig jaar gelede het ek met my eersgeborene in die stootwaentjie om die blok begin stap – net om uit die huis te kom. Vandag sit hy yslik groot en selfstandig in Noorwee. En sy ma stap steeds.
Daar is eenvoudig nie ‘n praktieser manier van oefen nie. Geen duur uitrusting (wel goeie tekkies!), geen opleiding, jy kan dit alleen doen, jy kan dit in ‘n groep doen. Die enigste nadele is dat dit tyd neem. En dat dit in ons land nie meer oral en altyd veilig is nie.

Hiervoor het wel raad:

Eerstens – Doen dit soggens vroeg, voor werk. Dan gebruik jy tyd wat jy in elk geval in die bed sou deurgebring het.
En tweedens – Kry ‘n maat. Verkieslik ‘n sterk, manlike maat. Of ‘n hond. Maar nie ‘n hond wat jou rondsleep deur die strate nie, ‘n opgevoede hond wat mooi langs jou stap en aangename geselskap (soms beter as ‘n mens?) is en boonop ‘n beskermer/afskrikmiddel.

Sonder die afgelope kwarteeu se stap sou ek beslis baie dikker, ouer en depressiewer geword het as wat ek met tye wel was! En nee, ek is nie nou (baie) dik, oud of depressief nie!
Dinsdag, 17/08/2010 uit Noorwee: Op hierdie toggie in die buiteland het ek weer eens agtergekom wat ‘n positiewe effek dit op my het om my een voet herhaaldelik voor die ander te sit … Ja, doodgewone stap.

Dis die goedkoopste manier om enige nuwe plek te verken.
Dis die manier waarop jy die naaste aan die mense rondom jou kom.
Jy kan die geure en kleure en klanke eerstehands ervaar.
Jy kan daarop reageer as jy wil – of jy kan swyg en aanstap en maak of jy niks gewaar nie. (Terwyl jou antennatjies in werklikheid oortyd werk).

Stap maak ongelukkig nie juis maer nie (behalwe as jy dit regtig vreeslik ernstig opneem), maar dit help beslis keer dat die vetjies nie te vinnig aanpak nie. En dit maak ‘n mens definitief fiks genoeg om die lewe te geniet en beweeglik te bly wanneer die jare begin aanstap (no pun intended!).

Daai ou storie van die endorfiene is definitief ook waar – die meeste buie verdamp vinnig voor ‘n lekker energieke stapsessie, verkieslik op ‘n mooi plek. Waarvan ons mos in SA genoeg het – net jammer die veiligheid is nie meer daar nie. En dis wat vir my die heerlikste is hier – ek stap op tye en plekke waar ek nooit in SA sou gekom het nie. En nee, nie die rooiligbuurt nie – eenvoudig in stappaadjies in die woude. Daar is vir my min lekkerder dinge.

Ek het hierdie keer nog ‘n lessie bygeleer: Kry vir jou ‘n MP3-speler. Laai musiek daarop wat vir JOU mooi is – en bogger die res! Dit werk veral goed hier waar nie juis ‘n voellewe is om te beluister nie. Dit help vir stadsverkeer ook. Oppas net vir die volume – ons wil nie almal doof-doof in die ouetehuis beland nie!

Intussen: Laat waai!

 

Sleutelwoordw: