RSS

Category Archives: Spiritueel

Hekel en word heel: Onderhoud met Nadia de Kock

  1. Hekel en word heelVertel ons ietsie oor jouself? Vorige boeke? Is jy self ‘n hekelaar? Wat beteken hekel vir jou persoonlik?
    Ek woon in Johannesburg en werk in Inligtingstelsels. Ek het twee romans op my kerfstok: Sabina’s (onder die skrywersnaam Nadia de Wet) en Heildronk op ‘n Gypsyromp. Dit het onderskeidelik in 2008 en 2010 verskyn. Ek het vir lank nie geskryf nie omdat Inligtingstelsels my ingesluk het. Ek hekel self, maar sal my nie uitgee as ‘n voorslag nie! Ek geniet dit vreeslik en dit help my beslis om stres te ontlaai. Al die tellery help geweldig: mens kan mos nie tel en stres tegelyk nie.
  2. Vertel ons meer oor Hilda Steyn? Wat is haar spesifieke bydrae tot die boek? Wat is haar agtergrond?
    Hilda hekel en brei al vandat sy vier jaar oud is. Sy het in 2013 begin ontwerp en het ‘n groot aanhang. Haar Facebookgroep “Ilona’s slow living” is baie gewild en sy maak gebruik van vertalers en toetsers van regoor die wêreld. Sy het al die motiewe en patrone vir die boek ontwerp.
  3. Hoe het julle mekaar leer ken?

Toe ek en Marida Fitzpatrick van LAPA op die konsep van die boek besluit het, het Christelle Botha (van die “Ons Hekel Facebook-groep) voorgestel dat ek met Hilda gesels en ons samewerking het daar begin.

  1. Hoe lank is daar aan die boek gewerk?

Ons het middel-September 2018 begin: 6 maande dus. Die hekel self het lank gevat: patrone moes ontwerp word en toetsers moes hekel, toets en terugvoer gee.Nadia en Hilda.jpg

Hilda (links) en Nadia – foto deur Di O’Donovan Read the rest of this entry »

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Dagboek van ‘n depressievegter: Wanneer die son weer opkom

Depressievegters ken daardie gevoel – jy gly dieper en dieper in die donker put af.

Maar as jy lank genoeg en verbete genoeg aanhou veg, gebeur die wonder ongemerk en soms onverklaarbaar:

Die wande is steeds glad, maar jou naels begin stadig vatplek kry. Al breek en bloei hulle. En jy klou.

En onder wag … Wat? Dalk maar net die ewige donkerte. En jy weet dis nie wat jy vir jouself Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Random gedagtes: Om bewustelik te leef

‘n Geslag of twee gelede het die meeste van ons se ouers en grootouers so hard gewerk om meestal groot gesinne te versorg, dat daar eenvoudig nie genade was vir luukses soos emosionele sorg, berading, terapie van enige aard, bekommernisse oor ‘n kind se selfbeeld of ‘n verskeidenheid van bedrywighede nie. Geld was skaars en dit het dikwels meet en pas gekos om kinders gevoed en geklee en geleerd te kry.
Vandag is die meeste van ons (wat hier kan lees, in elk geval) in die posisie dat kos en klere heelwat laer op ons prioriteitslysies kon skuif. Natuurlik steeds belangrik, maar nie meer ons primêre dryfkrag nie. Ons is nou bekommerd oor die kalorieë in ons kos en die etikette aan ons klere, nie meer oor of ons genoeg daarvan het nie. (Die term genoeg het in elk geval ‘n heel nuwe betekenis gekry.)
Deesdae het ons die luukse om aan ons eie en ons geliefdes se emosionele gesondheid en spiritualiteit te kan aandag gee. Ons kan praat Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw:

Random gedagtes: Kreatiwiteit

Kreatiwiteit is ‘n mooi woord wat deesdae oral rondgegooi word. Die Engelse creativity kan seker netso goed vertaal word met skeppende vermoë. Maak nie regtig saak nie – albei slaan op die feit dat iets nuuts geskep word. En op dié manier bring albei ons uit by die Skepping, met ‘n hoofletter. En die Skepper van die Skepping.
Wat my tot die diep (en logiese!) insig gebring het dat om iets te skep, vir die mens is om ‘n klein, klein, kléín ietsie van die Skepper te beleef. En dis hoekom om so naarstigtelik Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Depressie: ‘n eenvoudige waarheid

“Depressie bied die moderne mens die kans vir ‘n helde-reis na binne en vir die moderne man bied dit ‘n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Lucas Maree: Aan almal wat reis en weggaan

Onderstaande pragtige stuk deur Lucas Maree het ek op Litnet raakgesien:
Al lê die berge …
Ons leef heeltemal te gulsig. Ons is bang ons kry nie alles gedoen nie, en ironies genoeg, kry ons selfs die goeters wat ons doen, nie gedoen nie. Nie heeltemal nie, want jy jaag so vinnig as wat jy kan om by die plekke te kom waar die eintlike goeters gebeur. Die goeters wat jou bankbestuurder laat glimlag.
Die tussenin plekke is leë plekke, en móét jy dan daardeur om by een van die belangrike plekke te kom, maak jy seker dat jy nie tyd daar vermors nie. Mens raak so gewoond aan hierdie houding dat jy naderhand selfs jou Read the rest of this entry »

 
4 Kommentaar

Posted by op 25/02/2011 in Skrywers, Spiritueel

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Fliek: Eat, pray, love

Ek het myself mos belowe ek gaan nie weer ‘n boek lees en daarna die fliek kyk nie. Wel, ek het toe gister vir Eat, pray, love gaan kyk sonder om die boek te lees. Ek sal seker nou eers die boek in die hande moet kry voor ek kan besluit oor die geslaagdheid van die poging.
Die fliek is vol mooi tonele en mooi mans (en natuurlik Julia Roberts) – sy beweeg immers van New York na Italië na Indië na Bali. Enige vrou kan seker op een of ander stadium van haar lewe identifiseer met die hoofkarakter se behoefte om weg te kom en haarself te vind. Maar selfs sonder die boek as agtergrond kon ek voel hoe oppervlakkig die fliek oor die kwessies skeer. Haar uitbreek en egskeiding aan die begin is byvoorbeeld vir my heeltemal ongemotiveerd en onoortuigend. Ek weet nie of duisende vroue nou na die Ooste gaan stroom vir meditasie nie, maar vir my het dit net oortuig om weg te bly van plekke waar dit so warm is!
‘n Lekker fliek, maar nie een wat ek sal onthou tot in die ouetehuis nie. En ek het van die heel oudste en onaantreklikste manlike karakter die meeste gehou! (Richard from Texas)
Lees meer by http://www.imdb.com/title/tt0879870/

 

Sleutelwoordw: , , ,