RSS

Category Archives: Uncommon Knowledge depressieprogram

Tyd vir AKSIE!

Creating yourselfDis baie menslik om soms te wéét ʼn (onaangename) ding moet gedoen word, maar eenvoudig nie so ver te kom nie.

Veral wanneer ʼn mens weet jy moet uit ʼn afbrekende situasie beweeg, maar dit gaan nie sonder pyn geskied nie. Dit kan ʼn verhouding, selfs ʼn huwelik, ʼn werksituasie of ʼn vriendskap wees wat jou afbreek en nie vir jou menswees goed is nie. Dit kan ook iets wees soos om minder sjokolade en meer groente te eet, om te begin oefen, om op te hou rook of drink.

Dit verg dapperheid om van hierdie soort situasie werk te maak en ʼn mens het geen waarborg dat alles ten goede sal uitwerk nie.
Dit lyk vir my na die soort ding wat mens alte maklik by Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Projek: Inspirasie vir depressievegters!

Want to inspireMy gereelde lesers is teen hierdie tyd seker al keelvol vir die geheen-en-weer tussen my blog en facebook.

Vir julle vra ek om net so ‘n bietjie uit te hou … 🙂

Vir die nuwelinge: My nuutste baba is ‘n blog en facebook-bladsy ter ondersteuning van die projek wat lank in my kop lê en sluimer. En wat ek eintlik te bang is om aan te pak. Maar ons weet mos dis net ‘n kwessie van feel the fear and go through it.

Die projek is dus om ‘n e-boek(ie) met praktiese wenke oor die hantering van depressie saam te stel.

En dalk, miskien, eendag, wil ‘n egte/regte uitgewer hom ook hê …

Op hierdie stadium het ek nie ‘n idee van die uiteindelike lengte nie. Die tyd sal leer.

My bekende blogposts oor depressie en die reaksie daarop was die aanvanklike inspirasie Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Paniekaanval!

Seisoen van Vergifnis - Copy - CopyKyk gerus weer ‘n slag na die woord hierbo: PANIEK-AANVAL. Twee skrikwekkende woorde, dodelik gekombineer om nog skrikwekkender te word. ‘n Aanval is iets wat jou bedreig, ‘n kwessie van lewe en dood. Paniek impliseer dat jy niks aan die aanval kan doen, behalwe miskien in kringe hardloop en gil. Chaos, dis hoe dit vir my klink.

Die ander assosiasie wat by my opkom, is dié van magteloosheid. Iemand wat paniekerig is, kan homself nie help nie. Hy het ‘n slagoffer geword.

Die slim mense sê ‘n paniekaanval het te doen met die liggaam se oeroue veg- of vlug meganisme. In die goeie ou dae (?) was die keuse vir ons voorouers so eenvoudig: As iets jou wou opvreet of ‘n dominante lid van jou clan wou van jou ontslae raak, het jy die keuse gehad: Jy hol weg of jy baklei.

Deesdae is die bedreigings anders (Ek laat vir die oomblik misdaad buite berekening, want dis weer ‘n heel ander storie.) en ons keuses is anders. Dis nie meer ‘n leeu of ‘n grotman wat jou met tande of knuppel aanval nie – dis dalk jou sjarmante, gesofistikeerde baas wat jou met ‘n dodelike glimlag en vlymskerp sarkasme (probeer) vermorsel. Of jou man wat weer eens sy wenkbroue lig vir die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , ,

Dagboek van ‘n depressievegter: Om nodig te wees

Om NODIG te wees (of ten minste nodig te VOEL), is een van die basiese menslike behoeftes. (Sien punt 6 by hierdie skakel)

Dit laat dink my aan my bejaarde ou moeder wat amper manies bang was vir nutteloos word. En meer nog – om ‘n las vir andere te word. Nou verstaan ek dit beter. En is ek nog meer dankbaar sy is dit gespaar.

Die afgelope twee weke het ek tot my skok ontdek presies hoe groot hierdie behoefte aan nodig wees (of nodig voel) is.

Ten spyte van die voorreg om saam met my geliefdes te toer en wonderlike plekke te sien, het die depressieduiwel gou-gou sy intrek op my skouer geneem en moes ek veg dat dit bars.

Natuurlik het dit my ongelooflik Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Beveg depressie – en wen (7): Behandeling – ‘n opsomming

By hierdie skakel kry jy die samevatting van ‘n hele klomp belangrike inligting omtrent die behandelingsopsies wat vir jou beskikbaar is:

http://www.clinical-depression.co.uk/dlp/treating-depression/depression-treatment-summary/

Maar onthou dat niemand dit vir ons kan doen nie – ons moet self verantwoordelikheid neem en met alle beskikbare wapens begin veg!

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Terugblik: Beveg depressie – en wen (6): Behandeling

Jy sal sien die ouens by hierdie skakel skop teen die algemeen aanvaarde benadering dat depressie ‘n siekte is. Hulle redenasie is dat die depressie gewoonlik eerste kom en eintlik die oorsaak van die chemiese wanbalans in die brein is. Ek breek nie my kop daaroor nie – dis seker maar baie soos die kwessie van die hoender of die eier … Wat vir my ontsettend belangrik is, is dat ‘n mens so maklik kan aanvaar dis ‘n siekte – m.a.w. jy kan niks daaraan doen nie.  Jy het dit of jy het dit nie. En al wat jy kan doen, is jou pille drink. M.a.w. jy word ‘n  hulpelose SLAGOFFER. Dis dan dat jy ‘n depressieLYER is. Ek het dit vir jare geglo – en daarom jare van my lewe vermors deur die medikasie (teen my sin) te gebruik en verder maar net te probeer cope. Wanneer ‘n mens nie vaskyk teen die siekte-idee nie, besef jy jy moet die medikasie drink, MAAR daar is baie ander Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Beveg depressie – en wen (5): Die verband tussen depressie en oormatige droom

Ja, ek weet dit klink vreemd. Maar swot gerus die inligting by hierdie skakel op, en jy word dalk ook oortuig. Dan kan daar vir jou ‘n deur oopgaan. Of ‘n lig aangeskakel word.

http://www.clinical-depression.co.uk/depression-faq/depression-and-dreaming/

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,