RSS

Category Archives: Geestelik

Move to improve!

Beland ek vanoggend vir die eerste keer op hierdie artitismense se webwerf (dankie, Dirkie du Plessis!):

http://www.worldarthritisday.org/get-involved/activities

Wat ek heel eerste sien, is die klem wat hulle lê op oefening vir mense met dié soort van skete.

Ek kan maar net sê AMEN.

Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Dagboek van ‘n depressievegter: Wanneer die son weer opkom

Depressievegters ken daardie gevoel – jy gly dieper en dieper in die donker put af.

Maar as jy lank genoeg en verbete genoeg aanhou veg, gebeur die wonder ongemerk en soms onverklaarbaar:

Die wande is steeds glad, maar jou naels begin stadig vatplek kry. Al breek en bloei hulle. En jy klou.

En onder wag … Wat? Dalk maar net die ewige donkerte. En jy weet dis nie wat jy vir jouself Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Terugblik: As alles te veel word

Ek het hierdie week die twyfelagtige voorreg gehad om ‘n dierbare tannie van 88 te probeer bystaan na die selfmoord van haar enigste (stief)seun.
Die eerste ding wat ek besef het, is dat dit irrelevant is dat hy haar stiefseun is. Sy het hom liefgehad en hy was haar kind, bloedfamilie of nie bloedfamilie nie.Gelukkig het ek al geleer ‘n mens hoef nie met allerhande goedkoop wysheid en trooswoorde by so iemand aan te kom nie. En dankie tog vir die drukkie-kultuur waarin ons deesdae leef, want ook hier geld die bekende actions speak louder than words. En daar is min sulke eenvoudige Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Reis na binne: van ontnugtering tot sielvolheid – Truida Heymann

Reis na binne bied die hedendaagse mens padwysers om sinvolheid en sielvolheid te help ontdek. Omdat raad gee selde help, word die boek ‘n verhoog waar vier mense se stories afspeel. Hulle belewenisse en drome demonstreer dat die lewe elke heelhartige soeker wil help met die reis vanaf ontnugtering na sielvolheid. Aldus die agterblad.
Mense wat my goed ken, weet ek hou niks van die woord middeljarig nie. Dit klink vir my na iets wat nog vis nog vlees is, sommer net êrens in die lug tussen jonk en oud. Hierdie boek verander ‘n mens se perspektief hieroor. Die middeljare word gesien as ‘n tydperk waarin baie groei kan plaasvind as jy doelbewus daarvoor soek. Ons weet almal die lewe boul vir elke mens maar ‘n paar lelike balle en ‘n sekere mate van ontnugtering is waarskynlik onvermydelik. Maar hierdie boek maak die pad oop om deur die ontnugtering te kom na wat sy noem sielvolheid. ‘n Mens besef selfs dat ‘n sekere mate van depressie êrens in jou middeljare Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Die einde van die wêreld? So what?

Danksy die media weet al wat leef en beef nou die einde is veronderstel om naby te wees. Ek lees in Amerika en hier (en dan seker op ander plekke ook) is daar groot advertensies in vandag se koerante geplaas, sodat mense nog vinnig voor vanaand 19:00 tot bekering kan kom.
My eerste gedagte is dat so ‘n bekering uit blote vrees darem seker nie veel waarde kan hê nie. Dis darem net te maklik om te leef soos jy wil en dan net 10 sekondes voor die tyd gou vreeslik jammer te word. Dis nou natuurlik wanneer jy so gelukkig is om te weet presies wanneer is dit nou Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoorde: , , , , ,

‘n Hemelhoë hekkie – Douwleen Bredenhann

Ek was bang om die boek te lees. Om kennis te neem van iets so verskrikliks, beteken immers ook om te erken dit kan ook met jou gebeur. Maar ek is nie spyt nie. Die boek is in ‘n sober, eerlike styl geskryf, sonder pretensie of pogings om simpatie te werf…. Dis die verhaal van ‘n vrou en ‘n gesin wat ‘n onmenslike, onbegrypbare verlies ervaar het en op een of ander manier daarin geslaag het om voort te gaan. Dis ‘n eerlike kyk na hoe hulle dit ervaar, wat hul in retrospek anders sou gedoen het, die gedrag van ander mense wat dit vir hul makliker of moeiliker gemaak het. Wat ek sal onthou? Dat ‘n ma se liefde nooit verbygaan nie. En dat ‘n mens nie met mooi woorde na iemand in rou hoef te gaan nie – want geen woorde kan dit regtig beter maak nie. En dat vergifnis geen eenvoudige saak is nie – ook nie vir christene nie. En laastens: Dat ‘n mens ook onderdeur kan kruip as die hekkie vir jou te hoog is.

 

Sleutelwoorde: ,

Terugblik … en verbasing

Hoe meer ek probeer om sistematies terug te dink, hoe meer besef ek wat ‘n ongelooflike jaar 2010 vir my was. So ongelooflik dat ek nou skrikkerig is vir 2011! Want beter kan dit amper nie … 🙂
Ek kon sonder veel moeite agtien positiewe dinge van 2010 neerskryf (OK, tik!). En ek het nie eens my volgehoue verwondering en blydskap oor die geslaagdheid van die sokker bygesit nie! Dis egter nommer 19 wat vir my die verrassing was. En die wonderlike kersie op die koek: Ek kan nie onthou dat ek in 2010 ooit regtig depro was nie. Down, ja. Bedonnerd, ja. Vol selftwyfel, ja. Eensaam – soms. Maar nooit lank genoeg of intens genoeg om oor te gaan in ‘n volbloed depressie nie. Ek dink dis die eerste keer in meer as Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , , , ,

Random gedagtes: Werk jou eie heil uit!

Jare lank het ek rondgeswerf tussen pole van hoop en geloof en wanhoop en sinisme en ontnugtering. Ek was altyd daarin geinteresseerd om die lewe voluit te lewe en nooit met tweede beste tevrede te wees nie. Maar dit was ‘n gesukkel. Om die minste te sê.
Ek weet nie hoeveel pienk boekies oor verskillende onderwerpe het ek gelees nie. Hoe om aan jou huwelik te bou, hoe om jou kinders groot te maak, hoe om depressie te oorwin, hoe om deur die geloof te leef, hoe om meer te bid, hoe om …. Ek het stadigaan agtergekom daar buite is mense wat onfeilbare raad het vir ELKE probleem wat ‘n mens ooit kan hê.
Ongelukkig het niks regtig gehelp nie. Die lewe wou nie permanent fantasties word nie. Nee, hy het moeilik gebly (ten spyte van soveel seëninge – ondankbaar is ek regtig nie!) en ek het stadig almeer sinies geraak. Want niemand se raad het REGTIG enigiets verander nie. Nêrens kon ek iets vind wat vir AL my hangups help nie!
Nou, aan die verkeerde kant van vyftig, begin ek eers (hopelik!) so stadig agter die kap van die byl kom. Doodeenvoudig: Neem kennis van alles en almal se sieninge – maar doen wat JY wil, wat vir JOU werk.  Haal uit elke boek of kursus of gesprek dit wat vir jou sin maak. Begin sit al hierdie brokkies bymekaar om jou eie, regte, egte legkaart te vorm. Een wat soos niemand anders s’n gaan lyk nie.
Of dit op die lange duur gaan werk?  Ons sal maar moet sien!

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Random gedagtes: Die drang om te skep

Ek het tot die besef gekom in elke mens skuil daar die behoefte om iets te skep. Iets unieks, iets getrou aan homself. Dit hoef nie noodwendig groot en indrukwekkend of opspraakwekkend te wees nie. Dit moet net ietsie van die skepper hier laat agterbly as hy nie meer hier is nie. ‘n Klein stukkie van die ewigheid waaraan ons sterflikes net vlugtig kan raak. ‘n Klein, klein splintertjie lig uit die Skepper se groot uitspansel. Dit kan ‘n kind wees, ‘n boek, ‘n gehekelde kombersie, ‘n tafel vol watertand kos … Enigiets wat uniek en eiesoortig is.

Dalk is die vermoe om self iets te skep ‘n klein stukkie van Homself wat Hy ons gegee het, net om die lewe regtig die moeite werd te maak. Dalk is dit hoekom ons so naarstigtelik woel om iets van onsself agter te laat – omdat dit die naaste is wat ons ooit aan die goddelikheid kan kom. Dalk is dit waarheen ons so gejaagd aan die hardloop is. Nie agter plesier aan nie, maar agter die vreugde aan om iets sinvols hier agter te laat as ons die dag moet vertrek.

Self weet ek net ek het nog nie ‘n groter vreugde geken nie.

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Random gedagtes: Die vrees vir sukses

Ons weet (hopelik) die vrees vir verwerping is in die meeste mense se lewe die grootste ding wat hul weerhou daarvan om enigiets aan te pak. En as ‘n mens nooit iets nuuts aanpak nie, gaan jy ook nooit iets bereik nie. Wat natuurlik daartoe lei dat jy nooit jou volle potensiaal bereik nie – en ook dalk dat jy maar min vir jou medemens beteken.

Wat vir die een persoon verwerping is, raak die ander dalk glad nie … Lees verder by https://altacloete.wordpress.com/random-gedagtes/die-vrees-vir-sukses/

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Nog basiese menslike behoeftes

Hier is  ‘n ander opsomming van die basiese menslike behoeftes. Dalk spreek dit jou meer aan as die wat ek tevore onder Life Coaching geplaas het. Dis in elk geval maar verskillende name vir dieselfde goed. Die punt is dat ‘n mens doelbewus kan kyk watter van jou behoeftes word nie bevredig nie – en dan iets daaraan kan probeer doen. Dit sluit dus aan by die belangrike gedagte dat ‘n mens wel self baie aan jou gemoedstoestand kan doen en nie ‘n willose slagoffer van jou emosies hoef te wees nie. Hierdie besef is dikwels vir mense die eerste tree na genesing.

Lees hier vir die agt basiese menslike behoeftes: https://altacloete.wordpress.com/beveg-depressie/2-basiese-menslike-behoeftes/

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Liefde (Woorde van krag 1)

Liefde is ‘n woord wat baie goedkoop geword het – almal gebruik dit na willekeur. God se liefde is egter baie spesiaal omdat Hy verstaan dat dit iets kos – sy Seun! Daarom word Joh. 3:16 oor die hele wereld heen as die kernvers van die Bybel beskou: “God het die wereld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal he.

 
5 Kommentaar

Posted by op 21/05/2010 in Geestelik, Inspirasie, Spiritueel

 

Sleutelwoorde: , ,

Waarheid (Woorde van krag 2)

Wanneer Jesus se: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe,” (Joh. 14:6) wil Hy ons laat verstaan dat waarheid ‘n goddelike eienskap is. Daarom mag ons ons lewe aan Hom oorhandig. Die waarheid bring bevryding.

 
 

Sleutelwoorde: , ,

Inskiklikheid (Woorde van krag 3)

Inskiklikheid is nie ‘n gewilde keuse nie. Om die ander wang te draai, om die tweede kilometer saam te stap, lyk vir die wereld na ‘n vorm van swakheid. As Christene is ons egter deel van God se Koninkryk waar soepelheid en inskiklikheid ‘n belangrike rol speel. Hierin het God die beste voorbeeld gestel. Hy was nie fanaties oor sy posisie nie, maar Hy was buigsaam genoeg om sy Seun vir ons sondes te offer. “Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.” (Fil. 4:5)

 
 

Sleutelwoorde: , , ,

Hoop (Woorde van krag 4)

Die spreekwoord se: Waar daar lewe is, is daar hoop. Iemand het hierdie woorde anders geskommel dat dit so lees: Waar daar hoop is, is daar lewe. Hoop en versekering op die ewige lewe help my om vandag sinvol te leef. “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. (Heb. 11:1)

 
 

Sleutelwoorde: , , ,

Vrede (Woorde van krag 5)

Dawid sing in Psalm 23:2 dat die Here hom by “waters waar daar vrede is” bring. Jesus se in Joh. 14:27: “Vrede laat Ek julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wereld gee nie.” God se droom vir die wereld en vir jou en my is vrede wat alle verstand te bowe gaan.

 
 

Sleutelwoorde: , , ,

Geloof (Woorde van krag 6)

Geloof is nie iets wat jy kan ontwikkel nie; God het dit in jou geplant sodat jy dit kan gebruik om jou lewe te rig op iets of Iemand waarop jy volledig kan staatmaat. “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” (Heb. 11:1) Geloof stel jou in staat om 100% op God te vertrou vir dit wat jy vandag nodig het en vir dit wat jy in die lewe hierna nodig het.

 
 

Sleutelwoorde: , , ,

Eerbied (Woorde van krag 7)

Elke mens is geskep om eerbied en ontsag vir ‘n opperwese te he. Danksy Jesus Christus weet Christene dat daar net een ware God is. Dit is ‘n voorreg om voor Hom te buig, Hom te verkondig en om jou hele lewe aan Hom oor te gee. “Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.” (Mal. 4:2)

 
 

Sleutelwoorde: , , ,

Genade (Woorde van krag 8)

Vir baie mense is dit die kragtigste woord in die Bybel. Vir genade kan of hoef jy nie te werk nie. Die Here het vir Paulus gese: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor. 12:9) Dit is opmerklik dat die laaste teks in die Bybel so lees: “Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.” Op. 22:21

 
3 Kommentaar

Posted by op 18/05/2010 in Geestelik, Inspirasie, Spiritueel

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Troos (Woorde met krag 9)

Niemand kan jou troos soos ‘n ma nie. In Jes. 66:13 staan geskryf: “Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos …” Die Heilige Gees word ook die Trooster genoem, want Hy is soos ‘n ma wat jou wil help in nood. Mense wat sonder die Here lewe, verkeer in die grootste nood Die beste nuus lees ons in God se troosboek, die Bybel: “Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my in die lewe hou.” (Ps. 119:50)

 
Lewer kommentaar

Posted by op 17/05/2010 in Geestelik, Spiritueel

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Vergifnis (Woorde met krag 10)

Vergewe en vergeet! Ons vergewe (soms) maklik, maar vergeet is ‘n ander saak. Genadiglik dink God anders oor vergifnis. In sy verlossingsplan bied Hy ‘n volmaakte oplossing: Hy straf nie die mensdom vir hulle sonde nie, maar straf sy eie Seun, Jesus Christus, in ons plek. Niemand besing dit beter as Dawid nie: “So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.” (Ps. 103:12)

 
Lewer kommentaar

Posted by op 17/05/2010 in Geestelik, Spiritueel

 

Sleutelwoorde: ,