RSS

Category Archives: Nie-fiksie (depressie)

Feestyd – gevaartyd!

kersfees-saHierdie tyd van die jaar is alles erger. As jy bly is, is jy baie bly. (Of jy voel jy behoort eintlik BAIE bly te wees.) As jy hartseer is, is jy baie hartseer. Dinge is geneig om in uiterstes te gebeur en emosies geneig om intens te wees.
Verliese wat mens hierdie tyd van die jaar tref, voel ook erger as gedurende die jaar. Want jy weet vir die res van jou lewe gaan die feestyd vir jou met daardie verlies geassosieer wees. (‘n Sinvolle stukkie raad wat ek iewers gelees het, sê mens moet liewer die rituele van Kersfees, ens. probeer verander wanneer jy dit die eerste keer sonder ‘n spesifieke geliefde vier. Dan sit jy ten minste nie aan daardie selfde tafel met al dieselfde trimmings en ‘n leë stoel nie. Probeer skep liewer ‘n nuwe gewoonte. Wat nie beteken dat jy ooit gaan vergeet nie.)
Vir depressievegters is dit ‘n gevaartyd. (Soos die lente vir sommiges.) Ons is mos hoeka goed met uiterste emosies, nie juis mense wat neutraal staan teenoor dinge nie, ook nie dinge louwarm ervaar nie. 
Na my mening lê die grootste gevaar van die feestyd in die ou kwessie van onrealistiese verwagtinge. Die hele wêreld is (oënskynlik) so gelukkig … almal gaan see toe, of familie toe, hou partytjies, kry presente, eet oordadige maaltye … Nou hoekom voel ek dan nie so gelukkig soos die res van die wêreld nie? Ek gaan tog ook see toe en my matriekkind het deurgekom en niemand in die familie is dood nie … maar steeds kry ek dit nie reg om so stralend gelukkig te voel nie.
Ek probeer deesdae hard veg teen daardie begeerte om ALLES so VREESLIK WONDERLIK te wil hê. Want die lewe gee ons op sy beste hier en daar ‘n perfekte OOMBLIK. Die res van die tyd moet ons maar tevrede wees met effens (of heelwat!) minder as die volmaakte. Dit voel vir my ‘n mens moet bly wees oor die lekker en maar probeer om die minder lekker te aanvaar. Dan is jy nie so geskok as die familie nie almal in ekstase oor hul geskenke is nie, of as dit reën by die see of as die matrikulant ‘n ietwat uitrafel nie. En dan mors ‘n mens nie soveel energie met selfbejammering en wroeginge nie.
Nee, ek bepleit nie ‘n kleurlose lewe van vaal emosies en geen plesier nie. En ek bepleit definitief nie negatiwiteit nie. Ek dink net ‘n mens moet versigtig wees om intense emosies by jouself aan te blaas in hierdie tyd. En die vreeslike verwagtinge so ‘n klein bietjie probeer afskaal.
Dan is dit hopelik makliker om bloot dankbaar te wees vir wat jy het – en nie heeltemal in sak en as te sit oor al die ellende wat steeds in hierdie tyd in die wêreld is nie.

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Om besig te bly

work-life-balance-text-white-yellow-arrows-pointing-to-left-right-chalkboard-concept-37086938Ons weet almal ledigheid is die duiwel se oorkussing. (Wat ‘n oorkussing ookal mag wees!).

By Afrikanerkinders van my geslag is ‘n werksetiek van kleinsaf ingedril, bewustelik of op onbewustelike vlak. Die meeste van ons se ouers was ongeneeslike harde werkers. Vir sit en mopper was daar nie genade nie. Selfs vir blote sit was daar nie veel genade nie. Ek onthou goed hoe my ma geglo het mens sit en werk nie by die kombuistafel nie, jy staan en skil jou groente. Om nie eens te praat van stryk nie. Hierdie luie kind het sommer jonk-jonk al rugpyn gepleit en op ‘n kroegstoeltjie sit en stryk. En so skuldig gevoel dat sy deesdae ook maar weer die staanding doen. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Bekommernis

15-ways-live-exist_zpsd1421eb2My liefste ou moeder was die bekommerdste mens wat ek ooit geken het. Dankbaarheid en positiewe denke het nie vir haar vanself gekom nie. Veral as ontevrede tiener het dit ‘n negatiewe invloed op my gehad. Ek het skuldig gevoel, asof ek nooit goed genoeg was nie, asof niks wat ek doen of nie doen nie, haar regtig tevrede kon stel nie.

Natuurlik verstaan ek vandag beter. Haar kinders en klein- en skoonkinders was haar alles. Sy het niks meer gevrees as dat een van ons iets kon oorkom nie. Vandag verstaan ek daardie gevoel van wéét die seerkry lê iewers vir jou en wag, jy weet net nie wanneer hy gaan toeslaan nie. Vandag ken ek self die magtelose liefde van ‘n ma en die verskriklike begeerte om jou mense te beskerm teen die lewe se ellendes. En die seker wete dat jy dit nie kan doen nie. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Tyd vir AKSIE!

Creating yourselfDis baie menslik om soms te wéét ʼn (onaangename) ding moet gedoen word, maar eenvoudig nie so ver te kom nie.

Veral wanneer ʼn mens weet jy moet uit ʼn afbrekende situasie beweeg, maar dit gaan nie sonder pyn geskied nie. Dit kan ʼn verhouding, selfs ʼn huwelik, ʼn werksituasie of ʼn vriendskap wees wat jou afbreek en nie vir jou menswees goed is nie. Dit kan ook iets wees soos om minder sjokolade en meer groente te eet, om te begin oefen, om op te hou rook of drink.

Dit verg dapperheid om van hierdie soort situasie werk te maak en ʼn mens het geen waarborg dat alles ten goede sal uitwerk nie.
Dit lyk vir my na die soort ding wat mens alte maklik by Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Moet ek my depressie aanvaar?

Depressie 1Hulle sê mos mens kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie. Hulle moet jy maar aanvaar en die beste van die saak maak. As jy gelukkig is, kan julle vriende wees. Indien nie, kan jy óf die bande verbreek en jou lewe lank skuldig voel (en baie goeie dinge misloop), óf jou mense aanvaar soos hulle is en leer liefkry soos hulle is.

Depressie is vir party van ons soos daardie spreekwoordelike broer in die tronk. Niemand kies dit nie. Maar ontslae raak? Nie so maklik nie.

Natuurlik is daar die gelukkiges wat depressief raak, die regte medikasie kry en siedaar – binne ‘n paar maande is alles weer reg en die monster vir ewig oorwin. Vir baie Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , ,

Depressie: Waar begin ’n mens as jy aan jou lewe wil werk?

Beveg depressie voorblad 1 - Copy (2)Die mens se basiese behoeftes is ’n goeie beginpunt. In verskillende bronne is daar verskillende opsommings van die mens se basiese behoeftes. Dis in elk geval maar verskillende name vir dieselfde goed. Die punt is dat ’n mens doelbewus kan kyk watter van jou behoeftes word nie bevredig nie en dan iets daaraan probeer doen. Dit sluit dus aan by die gedagte dat ’n mens wel self baie aan jou gemoedstoestand kan doen en nie ’n willose slagoffer van jou emosies hoef te wees nie. Hierdie besef is dikwels vir mense die eerste tree na genesing. Die onderstaande is uit die Uncommon Knowledge-program verwerk:

Die behoefte om aandag te ontvang maar ook te gee
• Dit kan vervul word deur vriende, familie, kollegas, troeteldiere of kennisse, elk op sy eie manier. Ek dink dit sluit in om versorg te word (kyk die volgende subafdeling), maar ook om iets of iemand te hê om te versorg. Veral by vroue is die behoefte om iemand te versorg dikwels baie sterk.
• As hierdie behoefte nie bevredig word nie, is een van die gevolge dikwels dat die persoon te veel op homself en sy eensaamheid fokus. Soos ons weet, is depressie eintlik ’n baie selfgerigte siekte. As ons die hele tyd met onsself besig is, is dit maar alte maklik om al in die rondte te dink en op die negatiewe te fokus. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Nuut van Naledi: Wie is ek?

Wie is ekSielkundige Louis Awerbuck en TV-persoonlikheid Lise Swart vorm as verloofde paar ‘n wenspan met hulle radioprogram Wie is ek? Uit die reaksie op die program is dit duidelik dat daar ‘n groot behoefte aan toeganklike inligting oor geestesgesondheid bestaan. Die boek met dieselfde titel is hopelik die eerste van verskeie publikasies na aanleiding van die program. Boeke soos hierdie baan die weg vir openlike kommunikasie oor toestande wat in die verlede meestal verswyg is, dikwels met rampspoedige gevolge vir die persone wat daarmee worstel.

Wie is ek? bied toeganklike inligting oor begrippe soos voorkeur, dimensies van persoonlikheid en onbewuste geheue. Die vraelyste wat daarmee saam verskaf word, was in hierdie leser se geval verstommend akkuraat. Die gebruik hiervan kan mense beslis help om hulself en ook hulle geliefdes beter te verstaan en konflik weens misverstande Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , ,