Mara – Marida Fitzpatrick

Hoe is Viljoen dood? Die vraag voel oeroud, versteen onder lae en lae saamgeperste grond. ’n Klein fossiel, volmaak met al sy beentjies en werwels en oopgesperde bekkie. Sy’s te bang om daaraan te raak, te bang dit val uitmekaar en dan sal sy nooit weet wat dit eens was nie.

Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hoe. Die soektog stuur haar op ver en donker paaie na haar verlede – waar familiegeheime dreigend lê en skuil.

Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op en dompel haar verder in ’n maalkolk van vrees. Wat probeer Mara wegsteek, en hoekom?

Dan is daar De Wet, die getroude man wat teen sy eie beterwete by Rakie betrokke raak, en Rebecca, die Bouwers se destydse huishulp wat dalk die sleutel tot alles hou.

Terwyl Rakie desperaat na antwoorde soek, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want uiteindelik is die heel skrikwekkendste vraag: Wat is gevaarliker as jou eie bloed?

“’n Boek wat jou aan die hart en aan die keel gryp.”
– Francois Smith

Oor die skrywer

Marida Fitzpatrick is ’n skrywer en bekroonde joernalis. Haar skryfwerk is al met verskeie pryse en benoemings vereer. Haar vorige roman is ook vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem. Sy het ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns en ’n honneursgraad in joernalistiek – beide met lof. Mara is haar derde roman. 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s