100 dae van inperking: Anoniem 4

dscf5633-60
A man walks across a deserted square in central Cape Town, South Africa, two weeks into the country’s coronavirus lockdown.

Ouderdom: 39

Beroep: Projekbestuurder

Huwelikstatus: Getroud

Waar woon jy? Limpopo

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Self, Man en 1 kind (12)

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Op die stadium dink ek nie daar is enige iets uniek of uitdagend nie. Ons is gelukkig genoeg om beide nog te werk en ‘n inkomste te verdien.

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Ons het reeds die maandag voor die afkondiging sekere “vibes” by die werk gekry. die dag voor dit het ons ons dogter en haar 2 neefs en 2 niggies Pretoria toe geneem om bietjie by ouma en oupa te kuier. Ek het toe die Maandag middag met my skoonma gereel dat ons mekaar halfpad ontmoet om die kinder op te laai. Die selfde Maandag oggend tussen 5 en half sewe is 2 van ons honde vergiftig. Net voor die president se toespraak (ons was nog opad huis toe) het my man laat weet dat my hondjie ook oorlede is. Dit saam met die afkondiging het my “numb” gemaak. Ek het eers die volgende dag regtig weer oor alles kon dink.

Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Ek kon nie regtig die impak van die inperking “comprehend” nie. Dit was asof alles net gevris was. So, sommer net so, sonder enige waarskuwing.

Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Ek het reeds die maandag voor die aankondiging met my etenuur ‘n klomp goed gaan koop. Ek het vriende in Belgie wat my aangeraai het om solank te begin voorberei en ook raad gegee het wat om te koop. Ek het nie nodig gehad om toilet papier op te gaar nie. Ek koop as ‘n reel omtrent 8 pakke van 48 (haha). Die volgende drie dae het ek ‘n paar goed moes koop soos vleis en groente. Ek moes ook my plante wat ek in my kantoor gehad het huis toe bring. Plante wat al die afgelope 14 jaar saam met my van kantoor tot kantoor getrek het. Dit het die realiteit vir my laat insink.

Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Dit was vir my ‘n aanpassing om van die huis af te werk omdat ek nie gewoond is aan tegnologie soos MSTeams, ens nie.

Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om te sien hoe besighede wat “non-essential services” is moes toemaak. Om te besef dat dit my vriende is wat gaan sukkel sonder ‘n inkomste.

Wat is vir jou positief tydens vlak 5? My man was vir twee weke by die huis voordat hulle weer moes gaan werk. Die feit dat die skole gesluit was het veroorsaak dat ek en ons dogter baie meer tyd saam kon spandeer. Toe die skole begin werk stuur het sy in die dag by my gesit terwyl ek gewerk het.

Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Ek dink ons het almal eintlik redelik goed aangegaan. Dit was bietjie van ‘n pla dat ons nie ons vriende of maats so gereeld kon sien nie.

Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Alhoewel ek dit verwag het, was dit nogsteeds vir my ‘n skok.

Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Daar is teveel om nou aan te dink.

Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Vir my persoonlik was daar nie veel verandering nie. Ons moes nogsteeds so veel as moontlik van die huis af werk.

Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Die illusie van meer vryheid

Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Ek was nogal ontsteld oor die feit dat drank en sigarette verban was. Meer die sigarette. Beide my ouers en my broer rook. Ek het geweet dat hulle nie sal ophou net omdat dit nie nou tegelaat was om verkoop te word nie.
Daar was in sekere opsigte nie veel verandering nie. Dit was so half asof dit net ‘n naam verandering was.
Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Ja, ek het probeer om elke Saterdag die Parkrun te doen, in die koeler maande gan stap ek ook twee keer ‘n week. Ons somers is hel warm.

Het jy tydens vlak 5 geoefen? Nee

Hoe het jy dit gedoen?

Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Dit was vir my ‘n ongelooflike lekker toegewing

Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Ek het nie regtig enige verskil ervaar nie. Ek weet dit maak nie sin nie, maar ‘n mens was so gewond an hoe dinge gewerk het dat jy maar aangegaan het op dieselfde trant.

Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Dat daar meer winkels oop kon maak. Ek het byvoorbeeld op ‘n stadium in vlak 4 gordeyne gesoek, en kon dit nie koop nie.

Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Nie enige iets spesifiek nie.

Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?
In Februarie 2020 is ek met bipoler 2 gediagnoseer. Dit was vir my ‘n ongelooflike groot skok. Ek het gedink ek gaan sien die psigiater om net my medikasie uit te sorteer omdat dit gevoel het of die anti-depressante my net meer depresief gemaak het. Ek dink die veranderde medikasie as gevolg van die diagnose het my in staat gestel om in ‘n beter “mind space” te wees wat my weer toegelaat het om die inperking oor die algemeen beter te hanteer. Dit het ook nie gehelp dat ons honde net so voor die tyd dood is nie. Dit was vir my asof alles net te saam gebeur het.

Is jy finansieel erg geraak? Beide ek en my man het nog heeltyd ‘n salaris ontvang

Wat is nou vir jou die moeilikste? Die feit dat ‘n mens maskers dra en heeltyd jou hande moet spuit in die openbaar is ‘n aanhoudende bevestiging van die situasie waarins ons ons nou bevind. Dit gaan nie weg nie.

Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Ons is meer aanpasbaar as wat ons werklik besef. Tegnologie is nie nodwendig 100% euwel nie. In hierdie tyd bring dit ons tog nader aan mekaar.

Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ja

Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Facebook, Woldometer.com. ek probeer tenmiste een keer ‘n dag kyk wat gaan aan. Ek probeer om nie na die nuus te kyk of luister nie. Dan raak dit net te veel.

Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Dit maak my moeg. Ek is nie seker waarooe ons gaan praat wanner alles wer “normaal” is nie.

Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ek het vriende in Kanada en Belgie en gesels gereeld met hulle. Sal ook op sosiale media bietjie rond kyk.

Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Kanada, Belgie en Amerika

Hoekom? As gevolg van vriende. En Trump is nogal baie snaaks in sy benadering.

Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Dit maak my benoud, alhoewel dit laer is per 1 miljoen persone as meeste ander lande

Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Ek weet nie. Dit voel so lank terug.

Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Skouer ophaal emoji

Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Nee

Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s