SKRYF DAARDIE STORIE: ʼn PAAR NOTAS

644037_413998521987867_532921877_nGebruik jy dalk ons inperkingstyd om te skryf? Tydskrifverhale is ‘n baie lekker plek om te begin. Hier is iets wat ek iewers by die Woordfees – dink ek – kwytgeraak het oor die skryf van tydskrifverhale. Ek het eintlik iets anders gesoek en toe hierop afgekom. Ek plaas maar vir ingeval dit dalk vir iemand iets beteken.  (En moenie dat die prentjie jou afsit nie!)

VOOR JY BEGIN:
Tydskrifverhale word op ʼn spesifieke gehoor gemik.
ʼn Tydskrifverhaal is ʼn baie spesifieke produk vir ʼn baie spesifieke markaanbod en aanvraag.
My ondervinding is dat mens die beste skryf vir ʼn tydskrif waarvan jy self hou.

Onthou jy is deel van ʼn span.

Dus: Moenie blindweg die storie skryf wat in jou kop is en sommer vir enige tydskrif stuur nie. So mors jy heel waarskynlik jou eie en die verhaleredakteur se tyd.

Skep ʼn beeld (profiel) van die leser waarop jou verhaal gemik is:

  1. Besluit vooraf na watter tydskrif jy dit gaan stuur.
  2. Lees ʼn hele klomp van die betrokke tydskrif se stories om ʼn gevoel te kry vir die soort verhale wat geplaas word. 3
  3. As jy nie die tydskrif goed ken nie, lees ʼn stapeltjie van hulle heeltemal deur. So kry jy ʼn duideliker prentjie van jou leser, want jy sien waarin hy/sy belang stel.
  4. Vind uit wat die vereistes van die betrokke tydskrif is wat betref temas, lengte (baie belangrik) en formaat (lettertipe, lettergrootte, spasiëring, paragrawe). ONTHOU OM MOOI BRIEFIE TE SKRYF!

GEDURENDE DIE SKRYFPROSES:
ONTHOU:
1.      Tydskrifverhale is daar vir die plesier van die leser en nie in die eerste plek vir intellektuele stimulasie of akademiese waarde nie. Dit moet dus toeganklik wees. Humor is baie belangrik.
2.      Tydskrifstories moet lesersvriendelik wees. Dit beteken in praktiese terme bloot dat dit maklik moet lees en verstaanbaar moet wees.

Hieruit volg dat die skrywer van tydskrifverhale letterlik sy storie moet ken om die leser se aandag te kry en te behou, want die lesers is dikwels haastig of moeg en hulle aandag is dikwels verdeeld.

Kry en behou die leser se aandag:
1.      Die titel moet impak hê en dit kan ook ʼn idee gee van die gevoelswaarde van die storie. Onthou tydskrif kan jou titel verander.

2.      Die storie moet vlot verloop (plot). Daar is nie tyd vir lang beskrywings, lewenslesse of vir lang monoloë deur ʼn karakter nie.
3.      Die beperking op woordgetal help die skrywer met hierdie dinge.
Sny heel eerste onnodige herhalings en byvoeglike naamwoorde uit.
Blaise Pascal het gesê: “I would have written a shorter letter, but I did not have the time.” Elke paragraaf, sin en woord moet funksioneel wees.
4.      Afwisseling tussen dialoog, aksie en gedagtes is noodsaaklik. Te lang paragrawe of sinne vertraag die tempo.

5       Telling en showing (vertelling en beelding):

Showing bring die leser binne-in die storie in, telling maak van hom ʼn toeskouer.
Mark Twain het gesê: Don’t say the old lady screamed. Bring her on and let her scream.

LW. Die eerste weergawe word met die hart geskryf. Sê wat jy wil sê terwyl jy rofweg by die vereistes probeer bly.

 Onthou: Die tydskrifverhaal moet toeganklik en lesersvriendelik wees.
Dit beteken nie dis noodwendig spookasem met geen blywende waarde nie.
Ernstige temas kan ook op toeganklike en lesersvriendelike maniere aangebied word.

 AFRONDING:
Die tweede en verdere weergawes word met die verstand benader – redigeer genadeloos.

  1. Oorweeg om jou storie ʼn rukkie te laat rus.
  2. Verkort/verleng tot min of meer die regte lengte.
  3. Rond elke paragraaf en elke sin noukeurig af.
  4. Versorg taalkundig so goed soos jy enigsins kan.
  5. Maak dan seker die lengte is korrek.
  6. Oorweeg om dit vir ʼn eerste leser te gee. Kies daardie leser versigtig.
  7. Maak baie seker die manuskrip is in die regte formaat en dit skep ʼn goedversorgde indruk. Tikfoute en spelfoute is onaanvaarbaar.

AGTERNA:

  1. Begin solank met ʼn nuwe verhaal of bring jou leeswerk op datum.
  2. Hou jou oë oop vir nuwe idees. Luister na mense.
  3. Moenie energie vermors deur bewustelik te wag en spanning op te bou nie.

 Onthou: Tydskrifverhale is veronderstel om pret te wees. Die skrywer moet ook in daardie pret deel!

7 gedagtes oor “SKRYF DAARDIE STORIE: ʼn PAAR NOTAS

      1. BaIE dankie vir die wenke. Is dit moontlik dat jy vir ons kan sê hoeveel woorde die gemiddelde kortverhaal vir n tydskrif mag wees? Of verskil elke tydskrif van mekaar? Baie dankie.

      2. Hallo!
        Tydskrifte verskil, ja. Toe ek laas uitgevind het, was die syfers soos volg: Huisgenoot 1 600, Vrouekeur 1 500 en Rooirose 1 500-2 500. Dis egter al ‘n jaar of twee gelede en kon intussen verander het. Ek weet Vrouekeur plaas ook soms heel kortetjies van bv. 1 000 woorde.
        Kontak altyd eers die tydskrif voor jy iets instuur en maak seker van hulle vereistes. Elke tydskrif het ook ‘n beleid van wat hulle in ‘n storie soek en wat hulle nie wil hê nie.
        Groete!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s