Ek weet glad nie meer waar ek hierdie gekry het nie. Dis beslis nie my eie werk nie. Maar party is nogal snaaks.
As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy ‘n reis nodig.
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
Hy is so maer, hy lyk soos ‘n erdwurm met ‘n handbriek.
Ek is nou so opgewonde soos ‘n budgie op steroids !
Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
Hy is so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg.
Hy is so skelm, hy bid onder ‘ n skuilnaam.
Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.
Ek sit nou so lekker, ek staan sommer op en sit weer.
Lang gesig soos ‘n bok wat afdraand vreet.
Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.
Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.
Ek is nou so lui, ek trou sommer ‘n pregnant vrou.
Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig gehad het.
Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.
Hy is so lelik, as hy op die sand sit wil die katte hom toekrap …
Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur ‘n vliegtuigmotor ingesuig nie.
Die mens is op aarde geplaas om ‘n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter, ek sal nooit dood gaan nie.
Ons kan nie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.
Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.
Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie.
As jy vir jouself kan lag, het jy altyd iets om oor te lag.
Hy is so skeel sy trane loop langs sy rug af.
😀
😅😂🤗
Oulik!
Sy voete is so skurf, hy loop sy skoene van binne af deur.