Ek is vandag trots om lid van die LAPA-familie te wees!
Op 21 Februarie, Internasionale Moedertaaldag, is LAPA Uitgewers vereer met ’n Tinteltong Toekenning as die uitgewer wat Afrikaans bevorder.
Van links na regs: Ian Dennewill, Izak de Vries, Sylvia de Wet en Sumarie Erasmus van LAPA, met Gerhard van Huyssteen, ’n lid van die ATKV se direksie. Van Huyssteen was ook die gasspreker by die toekenningsgeleentheid.
Die prys is toegeken deur AfriVriendelik, ’n filiaal van AfriForum.
AfriVriendelik het die kortlyste bekendgemaak waarna die publiek ’n geleentheid gehad het om vir hulle gunsteling te stem.
LAPA is besonder trots op die toekenning en is dankbaar dat AfriVriendelik ons werk raakgesien het, ook dat die publiek vir ons gestem het.
Ons luister na ons lesers!
Persvrystelling LAPA
Welgedaan, Lapa!
Hulle verdien die toekenning dubbel en dwars!
Welgedaan!