Ek het – soos seker baie van my tydgenote – nie met drukkies grootgeword nie. Nog minder met openlike verklarings van liefde tussen familie of vriende. Maar wel met die soen-op-die-mond-gewoonte. Nogal ʼn vreemde teenstelling, as mens mooi daaroor dink.
Vandag werk dinge natuurlik meestal andersom. Mondsoene word in my kringe deesdae vir die geliefde gereserveer, of dalk vir ouer familie wat nog in die gewoonte is en dalk kan aanstoot neem as dinge nou skielik verander. Eintlik is dit so ʼn intieme handeling dat ek my amper nie ʼn tyd kan voorstel toe dit algemeen was tussen al wat leef en beef nie. Dink net aan die kieme … J Om nie eens van die snorre en baarde te praat nie. Mens hoef maar net bietjie rond te vra en jy hoor vele stories van kinders wat (vir hulle) grillerige ooms of tantes moes soen. Persoonlik het ek ‘n paar storietjies wat ek dalk nie hier moet deel nie. J Die meeste van hulle behels ‘n skaam dogtertjie en volwasse manlike familielede – of selfs ‘n skaam vrou en manlike familielede.
Deesdae is baie Afrikaanse mense ook entoesiastiese lede van die drukkiekultuur. Self het ek besonder goed – geleidelik oor jare heen – hierby aangepas. Ek dink dit het vir my veral (dalk onbewustelik) gegaan oor die vermyding van einste daardie soenery. Mens het as’t ware iets anders om aan te bied in die plek van die mondsoen. En die feit dat daar soveel omstandighede is waar ‘n drukkie meer kan sê as woorde. Veral in hartseer situasies waar jy eintlik nie woorde het nie, of pynlik bewus is van die ontoereikendheid – en selfs potensiële skadelikheid – van woorde.
Dat aanraking vir die mens ‘n natuurlike en noodsaaklike ding is, is eintlik heel logies. Ons vel is ons grootste orgaan en ons heel eerste kennismaking met die wêreld geskied via die vel. Navorsing oor die invloed van aanraking of die afwesigheid daarvan op apies en op mensbabas in kinderhuise, is goed bekend. Ek dink niemand sal stry dat dit vir ‘n nuwe ma (en deesdae word die pa’s ook die vryheid gegun) die natuurlikste ding op aarde is om haar baba vas te hou en te vertroetel nie. Borsvoeding pas natuurlik perfek hierby in, maar natuurlik kan ‘n ma ook die baba vashou terwyl hy bottel drink. Dis net soveel makliker om hom te los en solank met iets anders aan te gaan.
Die sosiale norme van samelewings verskil natuurlik, ook wat aanraking betref. Groot dele van die Westerse wêreld het ‘n baie vyandelike omgewing vir spontane aanraking geraak. Alte maklik kan ‘n onskuldige drukkie in die verkeerde konteks as seksueel geïnterpreteer word. Mens hoor van skole in Amerika en ook al in SA waar drukkies verbied is, om onvanpaste vryerasies en ook seksuele molestering of teistering te probeer voorkom.
Baie van ons is dan ook onseker wanneer wat nou eintlik korrek is. Moet ek soen? Moet ek handgee? Moet ek druk? Wangsoene? Hoeveel? Lugsoene? In verskillende kulture en verskillende situasies is die antwoord natuurlik verskillend,
Soen of nie soen nie in verskillende kulture http://www.iorworld.com/to-kiss-or-not-to-kiss-pages-224.php
http://en.wikipedia.org/wiki/Hug
A hug, sometimes in association with a kiss, is a form of nonverbal communication. Depending on culture, context and relationship, a hug can indicate familiarity, love, affection, friendship, brotherhood or sympathy.[1] A hug can indicate support, comfort, and consolation, particularly where words are insufficient. A hug usually demonstrates affection and emotional warmth, sometimes arising from joy or happiness at meeting someone or seeing someone long-absent. A non-reciprocal hug may demonstrate a relational problem. A hug can range from a brief one-second squeeze, with the arms not fully around the partner, to an extended holding. The length of a hug in any situation is socially and culturally determined. In the case of lovers, and occasionally others, the hips may also be pressed together.
Unlike some other types of physical contact, a hug can be practiced publicly and privately without stigma in many countries, religions and cultures, within families, and also across age and gender lines,[citation needed] but is generally an indication that people are familiar with each other. Moving from a handshake (or touch-free) relationship to a hug relationship is a sign of a new friendship[citation needed].
http://af.wikipedia.org/wiki/Drukkie
’n Drukkie is ’n vorm van fisieke intimiteit, waar ’n mens gewoonlik jou arms om die ander persoon se nek, rug of middeltjie vou; indien meer as twee mense betrokke is, staan dit bekend as ’n bondeldrukkie/groepdrukkie (group hug). Soos met ’n soen, oogkontak of ander gebare val ’n drukkie ook onder nieverbale kommunikasie. Afhangende van die kultuur, konteks of verhouding kan ’n drukkie gemeensaamheid, liefde, geneentheid of vriendskaplikheid uitdruk. [1] Die een mens kan die ander ’n drukkie gee om vertroosting, ondersteuning of samehorigheid te bied. ’n Drukkie kan ook ’n uitdrukking van emosionele warmte wees, wat partykeer uit vreugde of geluk vir iemand anders se onthalwe voortspruit. Soms kan drukkies ook romanties van aard wees.
Anders as sekere ander vorme van fisieke intimiteit, waar twee of meer mense gesamentlik betrokke is, kan ’n drukkie in die openbaar en in die privaatheid gegee word sonder enige veroordeling in baie lande, gelowe en kulture, binne gesinsverband of tussen ouderdoms- en geslagsgroepe. Dit bly oor die algemeen ’n aanduiding dat die persone met mekaar bekend is. ’n Onverwagse drukkie kan moontlik beskou word as ’n binnedring van ’n mens se persoonlike ruimte, maar as dit wederkerig en gemoedelik aanvaar word, is dit ’n teken dat dit verwelkom word.
Hugs are a great way to express affection. Hugging shows that you care about a person and that you support that person through good times and bad. However, you want to hug your crush or your lover differently than you hug a friend or family member. Read on for some tips on the best ways to hug the people that you care about very, very much.
http://www.mindbodygreen.com/0-5756/10-Reasons-Why-We-Need-at-Least-8-Hugs-a-Day.html
- The nurturing touch of a hug builds trust and a sense of safety. This helps with open and honest communication.
‘n Drukkie op die regte tyd help om vertroue en ‘n gevoel van sekuriteit te bou en bevorder kommunikasie.
- Hugs can instantly boost oxytocin levels, which heal feelings of loneliness, isolation, and anger.
Daar is heelwat navorsing wat daarop dui dat drukkies allerlei gawe fisieke effekte het, soos om die oksitosien- en serontonienvlakke (belangrike goedvoelhormone) te verhoog. Goeie vlakke hiervan laat ons lekkerder voel en kan help om ‘n donker bui te verdryf of te verlig.
- Holding a hug for an extended time lifts one’s serotonin levels, elevating mood and creating happiness.
- Hugging boosts self-esteem. From the time we’re born our family’s touch shows us that we’re loved and special. The associations of self-worth and tactile sensations from our early years are still imbedded in our nervous system as adults. The cuddles we received from our Mom and Dad while growing up remain imprinted at a cellular level, and hugs remind us at a somatic level of that. Hugs, therefore, connect us to our ability to self love.
‘n Drukkie is goed vir die selfbeeld. Op ‘n diep vlak voel mens waarskynlik jy kan darem nie so onwaardig/dom/dik/whatever wees soos jy soms dink as iemand bereid is om jou so aan te raak nie. Ons behou (hopelik) as volwassenes die positiewe assosiasies wat aanraking vir ons as kleintjies ingehou het.
- Hugging relaxes muscles. Hugs release tension in the body. Hugs can take away pain; they soothe aches by increasing circulation into the soft tissues.
‘n Drukkie help mens ontspan, die stywe spiere verslap en die pyne van bv fibromialgie kan blykbaar verbeter.
- Hugs teach us how to give and receive. There is equal value in receiving and being receptive to warmth, as to giving and sharing. Hugs educate us how love flows both ways.
Drukkies gee ons praktiese geleentheid vir gee sowel as ontvang. Die uitdeler word net so positief beïnvloed soos die ontvanger.
- The energy exchange between the people hugging is an investment in the relationship. It encourages empathy and understanding.
‘n Drukkie op die regte tyd kan wys mens gee regtig om, die betrokke verhouding is vir jou belangrik, die persoon is vir jou van waarde.
Aanraking:
http://drbenkim.com/articles-healing-touch.html
Voordele vir babas, babas in kinderhuise/hospitale, fibromilagia, Alzheimer’s.
http://www.psychologytoday.com/articles/201302/the-power-touch
In fact, when we’re the ones initiating contact, we may reap all the same benefits as those we’re touching. For example, Field’s research has revealed that a person giving a massage experiences as great a reduction in stress hormones as the person on the receiving end. “Studies have shown that a person giving a hug gets just as much benefit as a person being hugged,” she adds.
We begin receiving tactile signals even before birth, as the vibration of our mother’s heartbeat is amplified by amniotic fluid. No wonder then that touch plays a critical role in parent-child relationships from the start: “It’s an essential channel of communication with caregivers for a child,” says San Diego State University School of Communication emeritus professor Peter Andersen, author of Nonverbal Communication: Forms and Functions.
http://edition.cnn.com/2011/HEALTH/01/05/touching.makes.you.healthier.health/
Ek onthou die skoehoue oor die kop hande en arms te goed
😦
Een ‘knuffel’ heet dit bij ons, al vind ik ‘drukkie’ een heel mooi woord.
Ik reserveer dit liever voor mijn eigen schat. Drukkies zal ik nooit geven aan anderen…
🙂
Soveel voordele aan drukkies, kan jy nou meer!!! Ek stem saam, Alta. Dankie tog dat die volmond soen redelik uitgesterf het.
Ek is saam met jou bly! 🙂
Ons 22 jarige dogter is vanjaar uit die huis en werk woon tans 400km verder in ‘n ander provinsie. Een van haar eerste boodskappe was dat sy ons daaglikse drukkies mis. Ek wou dit eintlik al sê nog voor sy dit kon sê. Mis daardie aanraking ook geweldig.
Baie waar!