Water: Hoe lyk die toekoms?

Last dropLaaste stukkie van my en Naomi Meyer se gesprek op Litnet. Ek wil tog beklemtoon dat hierdie posts nie bedoel is om paniek te saai nie, maar om mense (en veral myself!) te help om ons koppe so te swaai dat ons die krisis kan hanteer wanneer hy kom.

Voorspel vir my die land se watertoekoms oor ’n paar jaar. Anders kan jy net vertel hoe jy dink mens kan saamleef met ’n nuwe normaal van baie minder water.

’n Paar jaar gelede was daar al ’n advertensie wat gesê het die volgende wêreldoorlog gaan nie oor grond uitbreek nie, maar oor water. Ek dink nie dis ’n onrealistiese scenario nie. Ek sien ons land se watertoekoms as nogal taamlik donker. Die huidige krisis in die Wes-Kaap gaan nie deur een goeie reënseisoen opgelos word nie. Ons probleme gaan nie sommer weggaan nie.

Mense verskil natuurlik oor aardverwarming of nie, maar vir my as leek lyk dit beslis of natuurverskynsels hewiger word – droogtes word intenser en wanneer die reën kom, kom dit met geweld, soos ons die afgelope week in die Kaap aan ons lyf gevoel het. Ons sal moet leer om daarvoor voorsiening te maak, oa deur te skep as dit wel reën.

Hopelik leer ons owerhede uit die huidige krisis en word alternatiewe maniere van watervoorsiening in die toekoms ’n werklikheid. Ons kan eenvoudig nie meer bekostig om drinkbare water vir allerhande ander goed te gebruik nie.

Ek dink dus ons moet eenvoudig aanvaar ons leef in ’n waterskaars land en ons lewens daarvolgens inrig. Dit kan gedoen word. Dit kan selfs tot persoonlike groei en ’n rustiger lewenstempo lei. Mens kan gewoond raak aan baie dinge. En jy kan in die proses ’n groter waardering vir die gawes van die natuur ontwikkel en leer om meer bewustelik en met groter dankbaarheid te leef.

Volledige gesprek by http://www.litnet.co.za/waterskaarste-praktiese-wenke/

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s