RSS

Die mense langsaan – Elsa Hamersma

15 Mei

Die mense langsaan.jpgWanneer die huislike en alledaagse versmorend raak

Die mense wat langs jou bly of werk, is dikwels nie wat hulle voorgee om te wees nie. Christine en Zebith werk elke dag saam, maar Zebith weet nie dat Christine vasgevang is in ’n ongelukkige huwelik en daagliks planne maak om van haar man ontslae te raak nie. Andersyds is Christine onbewus van die feit dat Zebith se hart gebreek word.

Beide vroue kry nuwe bure en hierdie mense verander hulle lewe, maar nie ten goede nie.

Toe Christine later langs Zebith in ’n veiligheidskompleks intrek, het hulle albei ’n metamorfose ondergaan. Zebith se wêreld lê aan skerwe en alhoewel dit aanvanklik lyk asof Christine uiteindelik geluk gaan vind, word sy met bedrog, kaping en moord gekonfronteer. Geld – gewen, geërf of gesteel – is die swart skaduwee wat oor al die gebeure en karakters hang.

Gou besef beide vroue dat geld nie geluk kan koop nie, liefde alleen nie altyd genoeg is nie en dat veiligheid nie altyd gewaarborg kan word nie.

*

Elsa Hamersma is die skrywer van talle liefdesromans, tydskrifverhale en die wenner van ’n jeugverhaalwedstryd. Sy woon aan die Weskus en skryf voltyds. Die mense langsaan is haar eerste roman in die genre bekend as “domestic noir”.

Domestic noir: Elders het boeke soos The girl on the train, wat as domestic noir bekendstaan, opslae gemaak. Die mense langsaan val ook in die kategorie. Die versmorende effek van die huishoudelike alledaagse is die hoofbron van konflik. Hamersma se boek het egter ’n unieke storie, reg vir die Suid-Afrikaanse mark.

Chanette Paul, sê: “Dis altyd verblydend wanneer skrywers nuwe genres in Afrikaans aanpak. Die noir-genres, en spesifiek domestic noir, is deesdae baie gewild. Ek is dus bly Elsa het hierdie tendens op die proef gestel.”

Jeanette Ferreira, sê: “Dit is die beste van Elsa se romans wat ek ooit gelees het. Die bisarheid, die droefheid, die sameloop van omstandighede het my so geboei dat ek nie die teks wou neersit nie. Well done!”

* * *

Die mense langsaan is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

Die skrywer is beskikbaar vir onderhoude.

Persvrystelling: LAPA

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: