RSS

Nuut van Santie van der Merwe: Ver in die wêreld, Kittie

21 Mar

Ver in die wereld KittieLiefde is meer as net ’n hartlop

Kittie Barnard bevind haarself werkloos en in ʼn finansiële verknorsing in Londen. Dan vind sy boonop uit haar Engelse verloofde is oneerlik en ontrou. Voordat sy kan besluit wat om te doen, kry sy ’n oproep van haar ouer suster dat hulle ma, Gertruida, ’n tweede beroerte gehad het en nou hulp en versorging nodig het. Gertruida is ’n pensioentrekker, met geen ander bron van inkomste nie. Kittie se suster en broer het probleme van hulle eie, so hulle voel dit is Kittie se beurt om te help.

Kittie voel verwond en verbitter, sy het boonop nêrens anders om heen te gaan nie. Tog, sy is fanaties oor haar eie onafhanklikheid en saam met haar ma kon sy nog nooit langs dieselfde vuur sit nie.

Nou is sy weer vasgevang in die huis waarvan sy, so gou as wat sy kon, weggevlug het.

Gertruida, weer, is vasgevang in ʼn liggaam wat haar in die steek laat en is oorgelaat aan die genade van die dogter oor wie sy soveel skuldgevoelens het.

Beide Kittie en Gertruida word gekonfronteer met spoke uit die verlede en het ’n lang pad na herstel, maar het uiteindelik ’n kans om hulle verhouding te red.

 

Oor die skrywer

Ver in die wêreld Kittie is Santie van der Merwe se vierde roman. Haar eerste drie romans, Gelyke kans, Vandat jy weg is en Anderkant vergeet is goed ontvang. Gelyke kans was een van die finaliste in die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans in 2016.

Santie betree die leefwêreld van die gewone vrou met temas wat vroue ten diepste raak soos identiteit, vriendskap, die middeljare en wat gebeur as ’n huwelik van baie jare nie meer werk nie.

 

Pryswoorde

Chanette Paul sê van Ver in die wêreld Kittie: “Santie wurm haar so diep in die weefsel van menswees in, dit kan nie anders as om die leser te affekteer nie. Hierdie manuskrip het ’n soet hartseer by my ontketen en my ontroerd en selfs ʼn klein bietjie ontredderd gelaat. Haar deernis met die mensdom spreek uit haar werk soos min skrywers haar dit kan nadoen.”

Madri Victor sê op Goodreads van Gelyke kans: “Wat ’n lekker debuut! Onvoorspelbare plot, lewendige karakters wat méns is en net genoeg spanning om jou vasgenael te hou. Gelyke kans hanteer die ou tema van egbreuk en mans wat in hulle middeljare groener, jonger weivelde soek, op ’n vars manier.”

Alta Cloete skryf op BooksLive: “Gelyke kans is ’n welkome toevoeging tot Afrikaans se skat van moderne, geloofwaardige liefdesverhale en nog ’n stappie in die proses van lekkerleesboeke (ontspanningslektuur) om hulle regmatige plek langs die letterkunde in te neem.”

’n Leser sê op Goodreads van Vandat jy weg is: “Toe ek die eerste boek, Gelyke kans, klaar gelees het, kon dit nie hoog of laag nie, ek moes onmiddellik die opvolg in die hande kry. Dis ’n vars, nuwe skrywerstem in Afrikaans en ek hoop ons gaan nog vorentoe baie boeke van haar te lese kry. Dis ’n anderste soort liefdesverhaal, wat mens plek-plek hartseer maak, oor verbreekte vertroue en verspeelde kanse. Maar uiteindelik maak jy die boek toe met ‘n tevrede gevoel.”

Yolande Wessels sê op LitNet van Anderkant vergeet: “Santie van der Merwe se jongste roman, Anderkant vergeet, is beslis iets wat meeste liefhebbers van Afrikaanse liefdesverhale in hul versameling sal verwelkom; ’n roman wat ’n indruk op jou sal laat en wat beslis nie vergete sal wees nie.”

* * *

Ver in die wêreld Kittie is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

Die skrywer is beskikbaar vir onderhoude.

Persvrystelling – LAPA

Advertisements
 
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: