RSS

Depressie, dankbaarheid en drome

20 Okt

High teaOlga Basson is die knap vrou wat verlede Saterdag se high tea ten bate van Wellington se haweloses gereël het. Hier is ‘n paar notas oor wat ek daar kwytgeraak het, vir ingeval dit vir iemand iets kan beteken.
DEPRESSIE:
Iets oor die siekte self en dan iets oor my ervaring daarvan.
1. Depressie is ‘n siekte.
2. Verskil tussen gewone swaarkry en die siekte depressie.
3. NB dat simptome AANHOU.
4. Dis nie ‘n skande of teken van swakheid nie.
5. Dikwels juis intelligente, sensitiewe en kreatiewe mense wat diep dink.
6. Gevare van wegsteek en stigma.
7. Hulp: Pille, terapie en gesonde leefstyl.
8. Leefstyl BNB: Slaap, pasop vir soetgoed en koolhidrate, OEFENING.
9. Wat kan ek vir iemand doen wat depressie het?
a. Aanvaar die persoon en respekteer
b. Moedig aan om hulp te kry
c. Kry uit die bed!
d. Groot gevare: Passiwiteit en eensaamheid
My ervaring:
1. Begin by kind wat nie geprys is nie.
2. Nie geleer om emosies te herken en te erken en te deel nie.
3. Nie geleer om hulp te vra nie.
4. Perfeksionisme wat spruit uit swak selfbeeld
5. Emosies onderdruk en nie woede aanvaarbaar uitspreek nie.
6. Te lank onbehandeld
7. Te laat en te min terapie
8. Pille dikwels gestop
9. In verkeerde werk gebly
WAT HET VERANDER:
VOLKOME VERANTWOORDELIKHEID VIR MYSELF GENEEM.
Verander van ‘n slagoffer na ‘n deelnemer/vegter.
Dit beteken nie ek kan myself genees nie.
Maar ek moet die nodige aksies neem.
Kom eintlik maar daarop neer dat mens na jouself moet leer kyk.
Belangrik om die siklus te breek: Nie neiging voortdra na nageslag nie.
Probeer dus na lewe kyk en dinge ANDERS doen. VERANDER wat kan verander.
Geen kitssukses nie. Sukses nie eens gewaarborg.
DROME:
1. Ek het as kind nie juis drome gehad nie. Niks buitengewoons in my lewe verwag nie.
2. Nie myself en talente geken nie. Ons moet ons kinders help om hulself te leer ken.
3. Leef bewustelik. Neem verantwoordelikheid. Verander wat jy kan – maar op verantwoordelike wyse.
4. Lang pad van stappie vir stappie leer droom en realistiese doelwitte stel.
5. Beweeg buite jou gemaksone.
6. Omring jouself met positiewe mense.
7. Wees self ‘n positiewe mens.
8. Werk vir wat jy wil hê. Moenie sit en wag vir beter dae nie.

DANKBAARHEID:
1. Dankbaarheid is ‘n keuse.
2. Maar dit beteken nie jy moet maar lewe vat en alles aanvaar nie.
3. Kyk elke dag wat is GOED in jou lewe.
4. Oefen om ook vir moeilike dinge dankbaar te wees. MAAR nie op ‘n gedweë manier nie.
5. Dankbaar omdat swaarkry jou geleentheid gee vir LEER en vir GROEI.
6. Motivering om iets te DOEN aan wat moeilik is.
7. Voorbeelde: Depressie – emosionele groei en lewenstyl, veral oefening
Diabetes in familie: oefening en eetgewoontes
Rug- en heuppyn na operasie: strekoefeninge

Advertisements
 
 

Sleutelwoordw: , , ,

One response to “Depressie, dankbaarheid en drome

  1. vvuureoc

    25/10/2015 at 06:56

    Heeltemal te veel werk! Dink dit sal makliker wees om Daisies op te druk boontoe

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: