RSS

Kry vir jou ‘n nuwe knie – random gedagtes vir dié wat gevra het (of nie)

22 Feb

1. Jammer aan almal wat dit graag wil hoor, maar ek kan op hierdie stadium nie eenvoudig sê dit was maklik en ek sal dit enige tyd weer doen nie. Want maklik was dit allermins. En ek is na vertien dae nog nie seker dit was die moeite werd nie. Ek vermoed ek sal eers na omtrent drie maande regtig weet. Ek vermoed ook dis vir my ekstra ingrypend omdat dit die eerste enigsins ingrypende operasie is wat ek in my lewe gekry het. Wat natuurlik stof tot ongelooflike dankbaarheid is.

2. By my is die vooraf vrees vir enige nuwe ervaring gewoonlik erger as die ding self. In hierdie geval was dit in sekere opsigte so en in ander nie.

3. My vrees vir di'As far as dancing goes, the doctor says you need to stay off my feet for 6-8 weeks.'e dag se lê in Intensief en die morfienpompie was totaal onnodig. Dit was eintlik (relatief) heerlik daar. Want – logies – daar word intensief na jou gekyk. En die morfien sit jou op ʼn heerlike trip. Alles wettig en geoorloof. Moet net die dink jy gaan veel slaap kry daar nie. Dis nie ʼn plek vir slaap nie. Natuurlik my eie onnoselheid wat my ʼn ekstra slaappilletjie van die hand laat wys het. Volgende keer vra ek ʼn handvol.

4. Vermoedelik a.g.v. die morfien was ek op my stukke en oop vir mense. (En natuurlik amper pynvry. En sekerlik op ʼn high, want die operasie is gedoen en ek kan nie meer terugdraai nie.) Wat gelei het tot ʼn paar baie interessante gesprekke. O.a. met twee jong swart assistentjies wat my was en vertel van die tannie wat summier geweier het toe die jong manlike verpleër haar moet kom was. (Genadiglik het hy nooit in my omgewing gekom nie.) En die pragtige bruin assistent wat onopvallend agter my gordyne wegkruip en my vertel sy weier om soos omtrent al haar tydgenote ʼn kind te hê en net tevrede te wees met die lewe van almal rondom haar, sy soek meer in die lewe.

5. Ek kon mooi vir myself uitmaak ek moenie wroeg oor hulpeloos en afhanklik wees nie, ook nie energie vermors op onnodig skaam wees nie. Dit het moeiliker geword toe daai magic pompie weggevat is.

6. Die hoeveelheid kennis en tegnologie (en die berge papierwerk) wat in so ʼn algemene ding soos ʼn knievervanging ingaan, het my verstom. Ek dink ons maak deesdae die fout om algemene goed soos vervangings en hartomleidings se impak te onderskat. Dit mag algemeen geword het, maar dit vereis ʼn magdom insette van ʼn hele klomp mense met gespesialiseerde kennis.

7. Ek het wel gesien hoe die mens in die bed verdwyn tussen die papieroorlog wat die personeel moet voer en die magdom masjiene wat hulle moet dophou. Die persoon wat die nag vir my verantwoordelik was, het nooit gesien ek was heelnag wakker nie, want sy het nooit in my gesig gekyk voor ek met haar gepraat het nie. (Sy was ook moeg – ek herken ʼn moeë vrou as ek een sien – en ek het gewonder hoe ʼn groot en/of moeilike huishouding sy met haar werk aan die gang moet hou.)

8. Ek was nog nooit in my lewe vir ʼn fisioterapeut bang nie, want ek ken myne al dertig jaar en sy het al baie spierpyne (agv fibromialgie) vir my beter gevryf. Ja, dis dikwels seer, maar dit was altyd ʼn lekker soort seer, want dit maak die oorspronklike seer beter. Maar hierdie enetjie (pragtig, jonk en baie effektief) het my heeltemal die skrik op die lyf gejaag. Niemand het my nog ooit so koelbloedig seergemaak en geensins spyt gelyk daaroor nie.

9. Dit bring my by die moeilikste – en helaas, die belangrikste – ding van die hele spulletjie: die oefeninge. Kyk, ek hou van enige vorm van matige oefening. Ek is oorbewus van die belangrikheid van oefening vir algemene gesondheid, veral as mens ouer word. Ek was ook baie bewus van die noodsaaklikheid van die regte oefeninge vir die been en ek is super-gemotiveerd om die hele onderneming suksesvol af te handel. Maar o vrek, dis seer. F&^*%$#@n seer. Maar dit MOET gedoen word. Vanaf die HEEL EERSTE dag. Dis min en eenvoudig. Mens oorleef dit. En dit word wel makliker.

10. My stukkie raad vir vandag is dus om so gou as moontlik by jou eie fisio uit te kom, iemand wat ʼn halfuur of uur vir jou het en nie besig is om deur ʼn lang lys hospitaalpasiënte te jaag nie. Iemand wat nie al ʼn duisend anties met nuwe knieë of heupe deur die basiese steps tot herstel gevat het nie. Iemand wat jou rustig kan beduie wat jy op daardie stadium al moet kan doen en hoe jy dit kan bereik. Iemand wat jou darem so ʼn klein bietjie kan vertroetel, al betaal jy steeds duur daarvoor. (In my geval het ek nie besef my been moes al heeltemal – ja, heeltemal – kon gestrek het nie en dat ek nie meer met ʼn kussing onder die knie moes slaap nie. En dat ek alreeds my bobeenspiere laat verslap het deur my onwillige been met my hande van die bed af te swaai.)

11. KERNGEDAGTES:
Dis noodsaaklik om onmiddellik as jy by die huis kom (na vier of vyf dae) so aktief as moontlik te raak.
Vermy jou bed so ver as moontlik (natuurlik gaan jy moeg word en mag jy gaan rus). Vermy jou pajamas, hulle word alte maklik soos ʼn tweede vel.
Moenie jou geliefdes (met goeie bedoelings en al) meer as af en toe toelaat om jou in die bed te bedien en te vertroetel nie. BEWEEG.
Doen moeite om korrek te leer stap met jou krukke (die fisio leer jou presies hoe).
Begin onmiddellik om minstens een keer per dag ʼn entjie in die straat af te stap met krukke en al (en ʼn assistent om rampe af te weer). Voor en na sonop en sononder as jy verkies. Sluk jou selfbewustheid en stap. Die meeste mense wat jou raaksien, is diep beïndruk met jou pogings – hulle dra selfs vir jou koffie aan.
Begin so gou as moontlik uitbeweeg met krukke en al. Gaan vir koffie, gaan eet iewers. Kom uit. (En raak intens bewus van die probleme van mense wat permanent immobiel is. En rasend dankbaar dat jou situasie tydelik is.) Vir uitstappies het jy natuurlik ʼn chauffeur nodig. As dit ʼn nice een is vir wie jy lief is, is dit nog beter.
12. Dus: Jy is nie ʼn invalide nie. As mens jou soos een gaan gedra, gaan jy gou-gou presies dit word.
(Word vervolg)

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: