Ware woorde oor feminisme en romantiese fiksie:
’n Genre wat fokus op die liefdesverhouding tussen ’n man en ’n vrou laat gereeld wenkbroue lig, nie net by meeste mans nie, maar ook by vroue wat selferkende feministe is.
Volgens die patriargale sisteem is ’n vrou eers ’n volwaardige persoon nadat sy die titel van mevrou bygekry het. Indien sommige vroue dus romantiese fiksie wil vermy is dit te verstane.
Maar ons bevind ons nou in die 21ste eeu waar feminisme nie meer ’n vloekwoord is nie en feministe ook nie meer hulle bra’s verbrand en hulle beenhare laat groei nie. Kaalvoet en pregnant is by die deur uit saam met die siening dat ’n butch-voorkoms jou onafhanklikheid beklemtoon.
Janice Radway, ’n kenner op die gebied van romantiese fiksie, se navorsing bewys dat feminisme eintlik ’n subversiewe genre is omdat die skrywer (en die leser) mans skep soos vroue hulle wíl hê en nie soos hulle werklik is…
View original post 412 more words