RSS

Blitskursus: Springsteen 101 :)

03 Nov

Ouer crowd agterEk is verstom en verheug oor die yslike buzz wat die aankondiging van Bruce Springsteen se shows hierdie week veroorsaak het. Diep in my hart het ek seker maar gedink dis net ek en ʼn handjievol ander malles wat enigiets voor en na 1984 se Born in the USA ken en daagliks deur sy musiek geïnspireer word. Ek was verkeerd, skielik dop die fans oral uit.

            Maar ek is seker daar gaan steeds baie mense die shows bywoon wat nie veel van hom of sy werk weet nie. En ek sal dit maar moet hanteer as almal nie mal daaroor gaan wees nie. 🙂 Wat ek moeilik sal hanteer, is mense wat hom afskiet sonder dat hulle hul huiswerk gedoen het. Ek vra dus mooi: Leer ken die man en sy musiek in die komende drie maande sodat jy weet wat om van die shows te verwag, dan kan jy die beste daarvan maak. Dan gaan jy ook waarde kry vir elke rand wat dit gekos het.

Hier is ʼn paar gedagtes om te oorweeg:

1.      As jy dit nie alreeds baie goed ken nie, leer ken sy musiek. Drie maande is eintlik heeltemal te kort, maar jy kan die belangrikste dele dek in dié tyd. (Na meer as vier jaar ken ek nog nie AL sy musiek nie. Regtig.) Begin sommer deur hier te kyk na alles wat hy al vrygestel het. (Begin regs onder by Greetings from Asbury Park, NJ en eindig links bo met Wrecking Ball. Nee, nie Miley Cyrus se Wrecking Ball nie!)

2.      Moenie eens daaraan dink om net na die musiek te luister sonder om ook die lirieke te lees nie. Sy groot krag lê in sy lirieke, al die ander dinge is bysaak. Die lirieke is by dieselfde skakel as hierbo. Natuurlik het mens nie tyd vir almal nie, maar een keer se lees van die belangrikste liedjies se woorde is al genoeg. Al kies jy net die titelsnit van die album waarmee jy besig is.

3.      Leer iets oor sy agtergrond en sy lewe en hoe hy sy musiek en optredes sien. As jy net een boek wil lees, is Bruce deur Peter Ames Carlin ʼn goeie keuse. Dis nuut en gebalanseerd en eerlik en hy  het geen beheer toegepas oor wat daarin opgeneem is nie. (As jy soos ek nie al die tegniese detail oor die maak van veral die vroeë albums verstaan nie, mag jy maar ʼn bietjie vinniger omblaai.)

4.      As jy nie tyd/geld/lus het vir ʼn boek nie, kyk dan die reeks op YouTube wat met hierdie een begin.

5.      As jy nie vir nommer 4 kans sien nie, kyk dan net vinnig deur hierdie tydlyn (begin onder en lees boontoe).

6.      Vir meer oor hoe hy sy werk benader en die dinge wat heel van die begin af vir hom belangrik was, is Springsteen on Springsteen of Talk about a dream goeie keuses. Leesstof om oor ʼn tydperk stukkie vir stukkie te verteer.

7.      As jy op Facebook is, sluit by Bruce Springsteen South Africa of enigeen van die armsvol ander fan pages aan. As jy eers vir Tomo Dukic van Kroasië en ʼn klompie van die duisende ander fans ontmoet het, sal jy nie meer dink ek is gek nie!

8.      Kry vir jou ʼn DVD of twee om ʼn idee van die konsertervaring te kry. Live in Barcelona, Live in New York City en Live in Hyde Park is myns insiens die beste keuses.

9.      As jy nie vir die uitgawe kans sien nie, is YouTube jou redding. As jy deur Dancing in the dark, Thunder Road, Born to Run en Wrecking Ball (Nee, dis nie bloot ʼn liedjie oor ʼn Amerikaanse voetbalstadion nie) is sonder om geraak te word, het ek nie hoop vir jou nie.

10.  As jy enigsins kan, woon meer as een show by, veral as jy nog nooit by een was nie. Waarom? Omdat mens met die eerste een so verstom en oorweldig is (veral as jy voor by die verhoog is) dat jy regtig nie genoeg kan inneem nie. Behalwe die emosie, dié is oorweldigend. Vreugde én hartseer, altyd die twee kante van die munt by hom.

11.  As jy gaan staan, sorg dat jy redelik fiks is. Eintlik moet jy in elk geval redelik fiks wees om dit regtig te geniet. Want ʼn mens sit nie by ʼn Springsteen show nie, al het jy ʼn stoel. Behalwe so af en toe om bietjie asem te skep tydens ʼn stadige liedjie. En dis belangrik dat jy jou arms ʼn hele tydjie (verkieslik die hele verloop van Born to Run) in die lug moet kan hou. Ja, ek is ernstig. 🙂

12.  Belangrike webwerwe:

12.1          Amptelik

12.2          Backstreets

12.3          Blogness on the edge of town

12.4          Greasy Lake

NS. As jy nog nie die verwysings in bogenoemde titels herken nie, het jy nog werk om te doen!

 

Etikette: , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: