RSS

Alweer ek en die inspirasie

29 Sep

Writing is like breathingIn ʼn vorige post (wat ek nie nou in die hande kry nie) het ek dapper probeer om aan te pas by die kassie waarin my uitgewer my na aanleiding van my eerste liefdesroman (Geur van genade) gesit het.

Dit was die boksie van inspirerende skrywer. Geur van genade het ʼn sterk geestelike aspek en vir daardie boek was die etiket heel gepas. Die probleem was dat die volgende boeke hiervan afgewyk het.

Die internet toon dat die term inspirerend in die Engelse wêreld ook wyer as bloot geestelik gebruik word. Enigiets wat mense laat beter voel of dalk ʼn lewenslessie bevat, kan vir inspirerend deurgaan, lyk dit my.

In daardie opsig kan die ander boeke in die Geur- en Seisoen-reekse waarskynlik hiervoor kwalifiseer. Die hoofkarakters groei meestal emosioneel deur die verloop van die storie en leer om hulle probleme beter te hanteer, in die gesig te kyk of agter te laat.

Dit lyk egter vir my of Afrikaanse lesers oorwegend ʼn geestelike verwagting van ʼn inspirerende boek het. Dis waar die probleem vir my ingekom het. Ek sien eenvoudig nie kans om ʼn geestelike aspek in ʼn storie in te sit bloot omdat dit van my verwag word of omdat ek weet daar is ʼn mark voor nie. Dit klink net vir my na die opperste skynheiligheid. Om met integriteit te skryf, moet ek skryf wat in my opkom om te skryf, en dis op die oomblik doodgewone stories van doodgewone mense, sonder die klem op een aspek van hulle lewe.

Vir my impliseer inspirerende boeke ook dat ek doelbewus probeer om die leser iets te leer. En dit wil ek hoegenaamd nie doen nie. Dit moet om die storie gaan, nie om die lessie daarin nie. As iemand natuurlik iets positiefs daarin vind, is dit gaaf en goed. En natuurlik wil ek steeds graag mense inspireer om te lees. Maar dis ekstras, wat deur die leser self bepaal word. Vir my gaan dit in die eerste plek om die verhaal wat die betrokke karakters het om te vertel. Ek wil nie daardie verhaal vir ander doeleindes kaap nie.

Ek is dus nou amptelik uit die boks. Ek skryf nie inspirerende boeke nie. Ek is veral nie die Afrikaanse Karen Kingsbury nie. Nie dat ek enigiets teen inspirerende boeke of teen Kingsbury het nie. Dis net nie vir my nie.

Natuurlik gaan (en het) ek lesers hierdeur verloor. Maar ek weet vir ʼn feit ek het ook lesers gewen. Ek weet darem al ʼn mens kan nooit almal tevrede stel nie.

Dit voel nogal of ek knellende bande afgegooi het. Ek hoop maar die nuwe vryheid is ʼn goeie ding.

 

Etikette: , , , ,

6 responses to “Alweer ek en die inspirasie

  1. yvettedevilliersY

    30/09/2013 at 08:52

    Jy klink vir my na ‘n skrywer met integriteit.

     
    • Alta Cloete

      02/10/2013 at 07:11

      Ek probeer met integriteit leef, ja. Wat die skryfwerk betref, is ‘n sekere liedjieskrywer en sanger se voorbeeld van integriteit ook vir my ‘n groot bron van inspirasie.😉

       
  2. Son

    01/10/2013 at 14:08

    Kan ek maar ‘n cliche gebruik? Ek dink jy skryf nogal “cool” boeke🙂

     
    • Alta Cloete

      02/10/2013 at 07:12

      Mal oor daardie cliché van jou! ‘n Mens skryf maar wat in jou hart is – en wees dankbaar as iemand dit cool/nuttig/mooi vind.

       
  3. Anton J Jansen

    04/10/2013 at 00:16

    Dis vir my altyd verstommend hoe mense (lesers) ‘n skrywer in ‘n boks wil druk. Ek’s bly as jy weier om in daardie boks te klim, Alta. Daar is niks meer bevrydend as die eie wil nie.

     
    • Alta Cloete

      04/10/2013 at 07:39

      Dankie, Anton! Ek is nogal verras deur die ondersteuning wat ek hierin kry!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: