RSS

Projek: Inspirasie vir depressievegters!

14 Apr

Want to inspireMy gereelde lesers is teen hierdie tyd seker al keelvol vir die geheen-en-weer tussen my blog en facebook.

Vir julle vra ek om net so ‘n bietjie uit te hou … 🙂

Vir die nuwelinge: My nuutste baba is ‘n blog en facebook-bladsy ter ondersteuning van die projek wat lank in my kop lê en sluimer. En wat ek eintlik te bang is om aan te pak. Maar ons weet mos dis net ‘n kwessie van feel the fear and go through it.

Die projek is dus om ‘n e-boek(ie) met praktiese wenke oor die hantering van depressie saam te stel.

En dalk, miskien, eendag, wil ‘n egte/regte uitgewer hom ook hê …

Op hierdie stadium het ek nie ‘n idee van die uiteindelike lengte nie. Die tyd sal leer.

My bekende blogposts oor depressie en die reaksie daarop was die aanvanklike inspirasie vir die projek.

Die ou posts sal waarskynlik almal in die boek verskyn, heel moontlik net in effens verwerkte vorm.

Die doel is juis om klein happies maklik verteerbare inligting te gee vir mense wat nie aldag die energie (of tyd) het om lang, ingewikkelde studies te lees nie.

Dit gaan definitief nie ‘n wetenskaplike of akademiese boek wees nie. Daarvan is daar genoeg geskryf deur baie slimmer mense as ek.

Ek het ongelukkig ook meer as genoeg van hulle deurgewerk sonder dat dit my juis vreeslik baie in my persoonlike stryd gehelp het.

Ek wil dus iets anders probeer aanbied met my poging. Iets vir gewone mense, iets wat hanteerbaar sal wees, selfs al is die leser in die greep van depressie.

Maar die eintlike idee van die boek is om terwyl dit (relatief) goed gaan met jou, te werk aan die dinge wat dit vir depressie moeiliker maak om ‘n vatplek op jou te kry.

Sodoende kan jy moontlik verhoed dat jy weer heel onder in die put beland.

Want ons weet mos almal – onder in die put is net modder.

En modder is vir varke. Nie vir dapper mense wat die dinge wat die lewe vir hulle gooi, na die beste van hulle vermoë probeer hanteer nie.

En dis wat depressievegters doen: Hulle baklei terug.

My eerlike hoop is dat hierdie projek van my ‘n paar mense sal kan help terugbaklei.

Die adres van die nuwe blog: www.inspirasievirdepressievegters.wordpress.com

Die faceboek-bladsy kry jy natuurlik op fb by INSPIRASIE VIR DEPRESSIEVEGTERS. As jy daar gaan LIKE, sal jy gereeld ietsie hoor ivm die projek. Maar ek belowe: Nie tot vervelens toe nie! Een of twee keer per week is na my mening genoeg en ook nie te veel nie. Ons weet almal dis nie lekker om met inligting van allerlei blaaie gebombardeer te word nie. Die styl waarin ek hierdie posts skryf, het ook ten doel om dit maklik en vinnig leesbaar te maak.

Die blog en fb-bladsy se uiteindelike doel is natuurlik om hopelik ‘n paar van die boeke te verkoop.

Maar dis nie die belangrikste nie. Die belangrikste is my diep begeerte dat iemand langs die pad hierdeur gehelp sal word om meer vreugde in die lewe te vind.

Want die lewe is kort en elke dag is kosbaar.

LW. Onder elke post verskyn van nou af twee maniere waarop jy dit maklik met ander mense kan deel:
LIKE op facebook of e-pos dit vir iemand.

Heel onder is die gewone LIKE-knoppie: Druk hom asseblief as iets wat jy lees vir jou sin gemaak het!
Sonder terugvoer is dit bitter moeilik om moed te hou …

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

8 responses to “Projek: Inspirasie vir depressievegters!

  1. ss270157

    15/04/2013 at 10:38

    Ek dink dis baie dapper van jou. Weet van die vrees voor ‘n groot projek. Sterkte en moedhou.

     
    • Alta Cloete

      15/04/2013 at 10:56

      Baie dankie – hierdie woorde waardeer ek nou regtig baie!

       
  2. lekkerjeuk

    18/04/2013 at 16:13

    Soos hulle deesdae op goeie Afrikaans skree: You go, girl!!
    Ek dink dis ‘n baie goeie idee.

     
    • Alta Cloete

      18/04/2013 at 22:44

      Baie dankie!

       
  3. wynand0

    19/04/2013 at 21:02

    Alle voorspoed.Ek sal dit so gereeld moontlik volg

     
    • Alta Cloete

      19/04/2013 at 22:30

      Dankie, my ou bobaasblogger!

       
      • Ronel Viljoen

        21/04/2013 at 14:36

        Ag nee wat Alta, net Wynand word geprys, maar wat van ons wat meestal net die like knoppie druk?
        Ons waardeer jou en jou waagmoed ook. Ek glo hierdie gaan vir baie mense LIG bring.

         
      • Alta Cloete

        21/04/2013 at 15:34

        O gaats, nou’s ek in die moeilikheid! Ek het natuurlik bedoel Wynand PLUS die drie vroue wat langs/rondom hom (maar nie agter hom nie!) staan! 🙂

         

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: