Searching for Sugar Man …

Sugar ManSo trek ons toe ook gisteraand op om die sugar man te gaan soek … en raak bewus van ‘n verskeidenheid dinge.

  • Die voorreg om soveel venues waar lekker dinge aangebied word, binne ons bereik te hê.
  • Stadverkeer met soveel groot lorries tussenin.
  • Goeie organisasie by Grand West.
  • Maar ook ná die show die proses vir al daai motors om daar uit te kom. En ek sien weer die UK-toneel waar 60 000 mense huis kry met omtrent nie ‘n motor in sig nie. Waar twee vrouens middernag in ‘n vreemde stad van ‘n bus kan afklim en rustig hotel toe stap …
  • Die ewige plesier van mense kyk. En die mensdom in sy ryke verskeidenheid was daar.
  • ‘n Mens hoor so min Afrikaans rondom jou. Waar is die Afrikaners? Voor die TV?
  • Ons is nie dobbelmense nie. Ek raak al ongemaklik as ‘n mens net by die casino verby loop. Weet nie regtig hoekom nie.
  • Dit kan seker nie lekker wees om ‘n opening band te wees nie. Ek weet nie of iemand al van die ouens gehoor het nie en seker 99% van die mense wou hulle nie hoor nie.
  • Maar nou weet BAIE mense van hulle – dis sekerlik die moeite werd. En die lead singertjie was oulik. Klein Kaapse outjie met ‘n groot stem.
  • Dis sleg om eeue te sit en wag vir ‘n act wanneer jy groot moeite gedoen het om betyds te wees.
  • Dis opvallend hoe die mense nog ingedrup het deur die opening act se optrede. Ek sou darem bitter graag wou hê almal moet al sit as die ding begin.
  • Die mense se reaksie toe Rodriques eindelik sy verskyning maak (Ek het natuurlik sit en fantaseer oor wat die vertraging veroorsaak … Stage fright? Spanning? ‘n Seer rug? Valstande of bril wat verlore geraak het?). Almal soos één man orent nog voor die man ‘n woord gesing het.
  • En dis my groot vraag oor die Rodriques-verskynsel. Wát maak dat ons so aangegryp is deur sy koms? Is ons so uitgehonger vir ‘n positiewe storie, ‘n mooi storie waar almal oënskynlik gelukkig anderkant uitkom? Gryp ons na die mooie om die massa lelik te kan hanteer? Soek ons na helde omdat al ons helde voete van klei het? Is dit die mag van die media? Is dit sy nederigheid en gebrek aan glans wat ons so aangryp?
  • Maar my grootste wonder gaan oor hoe hyself dit moet ervaar. Met groot blydskap oor die erkenning? Tong-in-die-kies oor vrouens wat vir ‘n ou man wat nog nooit ‘n oil painting was nie, gil asof sy naam Bieber is? Angstig? Bekommerd of hy dit gaan maak? Die woorde vergeet? Hoe sou die ou lyf voel? Al word hy van kop tot toon bedien, is die verantwoordelikheid vir die volle vertoning nog steeds op sy skouers.
  • Hoe sou die Rodriques masjien in beweging gekom het? Wie het na vore gekom as bestuurder, ens? Gaan hy hierdie keer kry wat hom toekom? Of is daar ander mense wat ryker gaan word  hieruit? Want ek het geen twyfel dat iemand destyds êrens ‘n screw up gemaak het nie. Sal dit hierdie keer anders wees? Sal die heldeverering in ander lande ook opskiet soos hier? Hoe hanteer ‘n mens dit as jy jare lank ‘n doodgewone mens was en seker lankal jou drome begrawe het en skielik verander jou hele lewe soos handomkeer? Is die vreugde meer as die spanning?
  • Ek hoop so, ek hoop met my hele hart so.

Die Rodriques webwerf: http://blog.sugarman.org/

2 gedagtes oor “Searching for Sugar Man …

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s