Les Misérables (vervolg)

Les Misérables 1MV5BMjAxNzk3MzY1OF5BMl5BanBnXkFtZTcwNzk1NTA4OA@@._V1._CR341,0,1365,1365_SS80_MV5BMjE4MTMwMzA5MF5BMl5BanBnXkFtZTcwNjM3NTA4OA@@._V1._CR341,0,1365,1365_SS80_MV5BMjI0Mjc4NDc1OF5BMl5BanBnXkFtZTcwMzA2NTA4OA@@._V1._CR341,0,1365,1365_SS80_Meer oor die dinge wat in my bly vassteek het na hierdie fliek:

Eerstens die lot van die vrou, in hierdie geval deur die karakter van Fantine verpersoonlik. As jy nie ‘n (ryk) man het om jou te beskerm nie, is dinge eenvoudig hopeloos. Die toneel waar sy haar hare laat afsny vir ek dink 10 frank, was hartroerend. Die toneel waar sy van haar tande laat trek vir nog ‘n paar frank, het my my hande oor die oë laat slaan. En haar lied na sy (seker vir die eerste keer) haar werk as prostituut gedoen het, het my hart gebrek. Want ja, daar is vandag nog baie vroue wat nie werklik bevry is nie. En nie net in verre lande waar hulle vreemde klere  moet dra en nie mag motor bestuur nie. Hulle is hier tussen ons en hulle is on-vry op baie verskillende maniere.

Die tweede ding wat my bybly, is die mooi gesiggies van die idealistiese studente wat die opstand lei. (Ja, seker ook omdat hulle darem iets vir die oog was tussen al die minder aantreklike karakters. Dis nou Hugh Jackman uitgesluit.) En die ontnugtering toe hulle nie die massa se ondersteuning kry nie. En die ry lyke na die geveg. Maar bowenal die lied. Do you hear the people sing … singing the song of angry men? (Hier is een van die mooistes: https://www.youtube.com/watch?v=Zf71gy3uME4)

Onvermydelik klim ‘n mens op YouTube en vind uit daar is massas van die beroemde musical se liedjies opgelaai, ook natuurlik talle weergawes van hierdie lied. En jy luister en luister en word al hoe meer bewus van die tragiese waarheid dat hierdie lied nie net geld vir die Franse in 18-voertsek nie. Hierdie lied geld deur alle tye, oor alle kontinente vir alle mense. Ook in onse land.

Want oral was en is daar mense wat hulself nie as vry sien nie, wat nie voel hulle kan oor hul eie lot beskik of dat redelike mense dit in verantwoordelike hande hou nie. Oral is daar heethoofde wat bereid is om alles te gee om dit te verander, oral is daar (vermoed ek) manlike ego’s en oordosisse testosteroon betrokke, oral is daar (vermoed ek) vroue wat angstig hande wring en bid dat hul geliefdes gespaar moet bly. Oral is daar oningeligtes wat meegevoer word sonder dat hulle regtig die implikasies en die risiko’s verstaan. Oral is daar diegene met mag in die hande wat nie skroom om dit vir eie gewin te misbruik nie. En oral is daar diegene wat deel is van ‘n stelsel wat groter as die individu geword het en nie teenspraak duld nie.

Dit is dan die dralende hartseer wat die fliek by my gelaat het: die feit dat niks nog werklik verander het nie. En seker nooit sal verander nie. Eeue rol verby, mense veg vir soveel sake, soveel bloed word vergiet en harte gebreek – en steeds is daar die hongeres, die magteloses, die woedendes, die wredes, die magsbeheptes, die politici en dié wat vere voel vir enige groter ideale, maar bloot graag ‘n gewone, gelukkige lewe wil leef.

En dit is natuurlik hoekom die roman van Victor Hugo deur soveel jare so ‘n wye invloed bly behou – omdat dit universeel is. Ja, ons is maar almal so.

3 gedagtes oor “Les Misérables (vervolg)

    1. Ek hoop die DVD kom spoedig – dan kan jy dit in twee sessies kyk! En ek kan my breiwerk uithaal!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s