RSS

‘n Onwaarskynlike slaai!

20 Jan
BotterskorsieRou butternut? Ek wou dit ook nie glo nie – en dis die enigste rede hoekom ek hierdie weird reseppie (op Tjailatyd op rsg gehoor) probeer het. En natuurlik omdat dit weinig meer vaardighede vereis as dat jy die rou botterskorsie moet kan skil en rasper en ‘n blikkie en ‘n pakkie moet kan oopmaak.
Die resultaat was vir my ‘n aangename verrassing. Ek sal dit nou  nie vir die koningin voorsit nie, maar vir so min moeite is dit ‘n welkome verandering by die braai. (Wie weet, dalk gebruik die koningin dit elke Vrydagaand as hulle braai!)
  • BESTANDDELE

    Rou Botterskorsie (geskil, ontpit en fyn gerasper)
    1 blikkie fyn pynappel met sous
    1 pakkie perskejellie (ja, ‘n mens kry perskejellie!)
     

    METODE

    Plaas gerasperde skorsie so rou in ‘n vlak glasbak.
    Gooi die pynappelsous en -stukkies oor die botterskorsie.
    Strooi die jellie oor. (Moenie aanmaak nie!)
    Plaas oornag in yskas.
    Meng deur met vurk voor opdiening as slaai.
     

 
8 Kommentaar

Posted by op 20/01/2013 in Resepte

 

Etikette: , , , , , , ,

8 responses to “‘n Onwaarskynlike slaai!

  1. Son

    20/01/2013 at 15:21

    Ek gaaan dit beslis probeer. Dis lekker min bestanddele🙂

     
    • Alta Cloete

      21/01/2013 at 06:48

      So min, ek kan dit selfs onthou as ek in die winkel staan sonder my lysie!

       
  2. Johane

    20/01/2013 at 19:47

    Baie dankie. Jy sorg vir liggaam en siel

     
    • Alta Cloete

      21/01/2013 at 06:47

      Albei is belangrik, ne?

       
  3. Dirkie

    21/01/2013 at 06:13

    As dit pampoen proe soos net Butternut proe , ag ek hoop nie so nie.

     
    • Alta Cloete

      21/01/2013 at 06:47

      Nogal nie, Dirkie!

       
  4. maryna lottering

    18/12/2013 at 15:57

    ek maak die slaai gereeld en hoe langer dit in die yskas staan hoe lekkerder

     
    • Alta Cloete

      18/12/2013 at 16:15

      Jy herinner my nou om dit weer ‘n slag te doen!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: