RSS

Wenke vir vryers! :)

18 Nov

VAN ‘N KWAAI PA AAN DIE JONG MANNE WAT BY SY DOGTER KOM KUIER RSG – MEI 2005:

Ek is nie seker of ek dalk al in die jaar toet hierdie enetjie geplaas het nie.
Maar hier is hy weer.
Want ons kan altyd doen met ‘n glimlag. 

  • Moenie toet voor die deur nie.  Jy sal nie my dogter kom oplaai nie.
  •  Kyk my dogter in die oë – op geen ander plek nie!
  •  As jou broek lyk of hy los hang, sal ek hom met ‘n paar spykers vir jou vassit.
  •  Ek lyk nie gemeen nie – ek ís gemeen.
  •  Ek is nie lus vir praatjies maak oor die weer of rugby nie.  Ek wil net een ding weet, en dis wanneer jy my dogter terugbring.  En ek ken net een woord – VROEG.
  •  Moenie tyd mors met rondry nie.  Maak jou handig – was die kar.
  •  As jy my dogter laat huil, sal ék jóú laat huil.
  •  Jy vat nie my dogter na enige fliek met ‘n ouderdomsbeperking nie.  Walt Disney is ‘n goeie keuse, maar ‘n besoek aan haar ouma is nog beter.
  •  Moenie vir my lieg nie – ek gaan vir jou uitvang!
  •  Moenie jou laat flous deur die feit dat ek ouderling is nie – ek doen dit net om my vrou tevrede te hou.

Toemaar, onder al die dreigemente het ek  eintlik ‘n goeie hart!
(My eie toevoeging!)

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , ,

4 responses to “Wenke vir vryers! :)

  1. Dirkie

    19/11/2012 at 06:57

    Oeee , beleef ek skielik ‘n dejavu !! Die slungel wat so in sy broek gehang het , en al wat die siel gesê het was ” Haai” so slaphand innie lug en ” Bye” dan het die slaphand nie eers gelug nie!!

     
    • Alta Cloete

      19/11/2012 at 11:21

      Ag, Dirkie, dalk was hy net skaam! 🙂

       
      • Dirkie

        19/11/2012 at 11:30

        “In Your life !!!” Gaan my bloeddruk nou so skielik met spoed van witlig op !!… kinders laat hul Ma’s en Pa’s nederig op die knieë, hou. Met sigbare bewyse van eelte…

         
      • Alta Cloete

        20/11/2012 at 04:59

        🙂 🙂

         

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: