Nog steeds ek en die inspirasie

‘n Paar los gedagtes:

Ek sou graag lesers en veral vroue wou aanspoor om te lees.

En tweedens om self verantwoordelikheid vir hul lewens te neem.

Derdens om hulle vrese in die gesig te kyk

Ek moes self die twee dinge (verantwoordelikheid neem en vrees hanteer) leer doen en moet dit elke dag opnuut doen.

Niemand kan vir my skryf nie. Net ek alleen kan dit doen.

En elke liewe dag kyk jy weer jou vrees in die gesig as jy voor die rekenaar met daardie skoon, wit skerm gaan sit.

Neem van verantwoordelikheid:

Depressie: Moes ophou wag dat iemand anders my moet help. Of net op die pille vertrou. Moes self verantwoordelikheid neem en begin veg met alle maniere waaraan ek kon dink. Moet dit nog elke dag doen.

Dit was die begin van ‘n wonderlike pad van persoonlike groei en selfontdekking.

Vrees:

Moes leer om die kans om te misluk, in die gesig te kyk.

Ons grootste vrees – vrees vir verwerping.

Om nooit te misluk nie, moet ‘n mens nooit enigiets nuuts probeer doen nie.

Dis baie beter om soms te misluk, as om nooit enigiets te probeer doen nie.

Want as jy niks doen nie, gaan jy ook nooit sukses smaak nie.

In watter opsigte dink jy moet ons self vir ons lewens verantwoordelikheid neem?

Nie wag vir iemand anders om ons probleme vir ons op te los nie.

Natuurlik met ons bereid wees om hulp te aanvaar, maar op die ou end kan iemand anders nie dinge VIR ons doen nie.

Hoe kan vrees (bang wees) ons lewens nadelig beïnvloed?

Vrees kan veroorsaak dat ons nooit die moed het om iets nuuts aan te pak nie.

Wat die gevolg het dat ons nooit sal agterkom wat ons werklik kan doen nie.

Ons grootste vrees is vir mislukking en verwerping.

As ons nooit die kans vat nie, gaan ons nooit ons potensiaal bereik nie.

Wat kan ‘n mens doen as jy wel misluk het? Of as jy ‘n probleem het wat jou terughou?

Moenie jou probleem wegsteek nie. (Bv. my oudste kind se spraakprobleem)

Moenie ‘n kwessie toelaat om soos die spreekwoordelike seekoei onder die tafel te word nie (almal weet van hom, maar almal maak of hulle niks weet nie).

Daardie soort seekoei het ‘n manier om vreeslik vinnig te groei en al hoe gevaarliker te word.

Mense wat die moeite werd is, sal jou nie verwerp as jy misluk nie.

8 gedagtes oor “Nog steeds ek en die inspirasie

  1. Vrees sit daar soos ‘n ryp puisie… mens sit en druk aan die ding, voordat hy nog ryp is en ontsteking raak erger, antibotiese salfie kan dit soms gouer laat opklaar. Ag en die antibiotika is soms ‘n geselsmaat, ‘n dokter, soms sommer met jouself sit en kliphard redeneer… en lag.. My vrees is dalk ‘n rooi kolletjie vir iemand anders maar vir my voel dit soos ‘n moerse karbonkel.
    Selfgesprek bly my selfbehoud, ag wat en almal raak soms bang.. alles kan nie sonder tienerpuisiestadium verloop nie.. Jou blog was weereens goed vir my.

  2. Ja die swart hond wat ons so bekruip, baie mense sien jou as n swakkeling MAAR ons is almal verskillend aanmekaar geweef ! My seun van 35 jaar was ses maande gelede deur n bakkie getref van agter terwyl hy aan sy beach bug wat gebreek het werk. Hy het 75% kneusing op die brein en het korttermyn geheue verlies asook langtermyn geheue verlies die geheue onthou dinge van 14 jaar terug, hy soek my mammie wat al 14 jaar terug oorlede is, en maak elke keer weer seer as hy dit aanraak my seer oor my ma en my kind se seer oor sy liefling ouma wat hy soek. Die ergste is ons weet nie wat die uiteinde gaan wees nie permanente skade of nie ?????!! ek huil nog elke dag as ek hom sien hy onthou en soek sy mamma elke dag al is hy n groot man. as hulle hom moet vasmaak aan sy bed hande, voete en middellyf en hy verstaan nie of in isolasie plaas in n kamer met net n matras GLO my om jou kind so te sien is genoeg om jou depressief te maak wat ek ruiterlik herken ek is. intussen is ons hondjie van 16 jaar dood aan hartversaking die kat aan orgaanversaking die kokketiel ook dood nou die oggend in die hokkie gekry dan vra ek HOEKOM HERE wat probeer U vir my se ek weet nie meer nie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s