Beland ek vanoggend vir die eerste keer op hierdie artitismense se webwerf (dankie, Dirkie du Plessis!):
http://www.worldarthritisday.org/get-involved/activities
Wat ek heel eerste sien, is die klem wat hulle lê op oefening vir mense met dié soort van skete.
Ek kan maar net sê AMEN.
Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek hoe belangrik oefening is.
Enigiets wat vir jou werk. Daar bestaan selfs ‘n internasionale organisasie vir rystoel-dans.
Sowaar, niemand het ‘n verskoning nie.
Al rol jy net jou skouers terwyl jy voor die rekenaar sit …
NS. Ek het spesiaal gesoek vir ‘n mens van normale proporsies wat lyk of sy geniet wat sy doen … ek praat nie hierbo van goeters wat ‘n mens laat LY nie, ek praat van LEKKER oefening.