Kyk na jou hart!

Ek lig die ses slegte gewoontes wat in die onderstaande artikel genoem word, uit.

Ek kan nie stry met een van daardie punte nie.

1.   Die eerste is dat kinders aan tafel die septer swaai – meer as 50% van die respondente sê hul kinders het ’n groot invloed op wat hulle kook. Dit is kommerwekkend omdat dit tog die ouers se verantwoordelikheid is om rolmodelle te wees en van kleins af goeie eetgewoontes te vestig.

2.   Baie mense dink ook gesonde eetgewoontes lei tot ’n groter hap uit jou beursie. “Hulle dink om gesond te eet moet jy sekere kosse soos olyfolie en rogbrood koop. Dit is nie die geval nie.

’n Gesonder dieet kan eintlik meer begroting-vriendelik wees, want jy kan duur artikels soos rooivleis, vette, olies, suiker en geprosesseerde kosse uitsny,” sê De Villiers.

3.   Suid-Afrikaners pas ook nie porsiebeheer toe nie, wys die navorsing. Ons smul aan hope witbrood, pasta, witrys, aartappels en pap en skroom nie om vir ’n tweede skeppie te vra nie. Boonop dink mense “gesonder” beteken “smaakloos”.

4.   “Dit is ’n algemene misvatting dat om gesond te eet jy net gekookte kos sonder sout en speserye mag eet. Daar is baie verskillende kookmetodes wat gesond kan wees, soos rooster of stoom. Ons liggame het sout nodig, maar nie in die hoeveelhede wat ons dit by kos voeg nie,” sê De Villiers.

5.   Die navorsing wys ook gesinne sal net die dieet van die persoon wat aan ’n chroniese siekte ly verander en nie gesonder eetgewoontes vir die hele gesin vestig nie. Minder as 40% van respondente het die dieet van die hele gesin verander nadat ’n gesinslid met hartsiekte of diabetes gediagnoseer is.

6.   Suid-Afrikaners weet ook nie hoeveel sout, vet of suiker in die geprosesseerde kos is wat hulle in hul winkelmandjies laai nie. Heelwat mense weet nie dat algemene bymiddels soos MSG propvol sout is nie, sê De Villiers.

Lees die volledige artikel by http://www.beeld.com/Leefstyl/Nuus/Pols-Wees-lief-vir-jou-hart-deur-gesond-te-eet-20120919

3 gedagtes oor “Kyk na jou hart!

  1. stem ook saam. wanneer my man se kids na ons toe kom, weet hulle – dis nie ‘n hotel nie en jy eet wat in jou bord is. hulle eet nie baie goed by hulle ander huis nie, so hier leer ons hulle van goeie en gesonde eetgewoontes. 😉

    1. Dis nogal moeilik om dit altyd uit te voer. Veral as die manne so vol fiemies soos myne is! Gelukkig het hulle met die grootword saam darem heelwat meer buigsaam en minder agterdogtig teenoor enigiets nuuts geword.

      1. ha-ha – ja, ek kan dink. en veral as hulle volwassenes is, kan ‘n mens nou nie exactly vir hulle se wat hulle moet doen nie. 🙂 my stiefkinders is 12 en 15, so dis nog ‘n ander storie. hulle eet baie sleg in die ander huis en ek moes hulle leer van die name van party groente en vrugte wat hulle nie eers geken het nie. so dis maar educate, educate, educate. hulle eet elke liewe dag sweets en chips en energy drinks. so dis hoekom ons maar die totally teenoorgestelde hierdie kant moet doen.

        ek en my man praat juis vanoggend daaroor – ons het ons eetgewoontes heeltemal verander oor gesondheidsredes, en ons voel net soveel beter – dis hoekom ons nie eers meer lus is vir kroek nie. 🙂

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s