Gesonde groentesop!

My voorneme van vrugte en jogurt om die lente te vier, het vandag gou verdwyn voor die yskoue suidewind wat vroegoggend opgesteek het. Die vinnigste alternatief? Ouboet se groentesop.

Die tyd vir wonderwerke is sowaar nog nie verby nie. Wie sou kon dink ek sou ooit so ‘n resep van hierdie spesifieke seunskind kon aanhaal? Beslis nie hierdie ma nie! Waar is die dae toe ek die manne met ‘n vissie (‘n lewendige een vir die vistenk!) moes omkoop om elk ‘n bordjie sop te eet? En moenie dink ek het gewaag om so ‘n gesonde en verslankende weergawe te kook nie. O nee, destyds se soppe het amper meer vleis as groente in gehad.

As die graad van heilsaamheid jou onderkry, kan jy natuurlik net enige soort (vet!) vleis byvoeg. 🙂

http://oneinabillionblog.com/2012/06/28/example-1-9-lunch-recipe-4-vegetable-soup/

NS. ‘n Bietjie rooipeper help vir geur en byt. (LW. ‘n bietjie …)

NSS. ‘n Bietjie borre en kerrie help vir kleur en geur.

3 gedagtes oor “Gesonde groentesop!

    1. Ek hou van fyn sop en my mense gril vir die gedagte! Ek hou dit dus heel en maak soms myne apart fyn.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s