Ek het onlangs eers via my seunskind se blog www.oneinabillionblog.com agtergekom van die lekker blog award aktiwiteit wat in die (reusagtige) Engelse blogwêreld aan die gang is. Dit lyk vir my na ‘n baie lekker manier om mekaar se blogs te bevorder.
As jy genomineer word, moet jy die volgende doen:
- Erken/bedank die persoon wat jou blog genomineer het.
- Noem sewe interessante/weird/geheime dinge omtrent jouself.
- Nomineer ten minste vyf ander blogs.
Dus:
Baie dankie, Schalk, vir die nominasie van jou moeder! (absoluut op verdienste, natuurlik).
Sewe dinge omtrent myself:
- Ek haat vensters was (en doen dit nooit).
- Ek haat stryk (en doen dit net as die nood regtig druk).
- Ek haat warm kry (en doen dit elke somer tot vervelens toe).
- Ek vermoed ek het my kinders bo alles lief.
- Ek het Suid-Afrika innig lief, hoewel soms teensinnig.
- Ek verlang nog elke dag na my ma, al is sy al jare oorlede.
- Ek probeer hard om die onsekerhede in my lewe te hanteer
Nominasies vir vermoedelik die eerste reeks READER APPRECIATION AWARDS in Afrikaans:
- Toortsie, kameel en bokbaaivygie: http://toortsie.wordpress.com/
- Turksvy se bloggie: http://turksvy.wordpress.com/
- Dirkie: http://dirkiedupl.wordpress.com/
- Maankind: http://maankind.wordpress.com/
- http://olgaseokseltjies.wordpress.com/
- Son: http://kouevuur.wordpress.com/
O ja, en ‘n mens is veronderstel om die prentjie ook by jou post te sit – soos ‘n roset op ‘n skou!
Baie dankie aan almal van julle wat al hier by my ingeloer het!
NS. Nou soek ons nog net na ‘n lekker Afrikaanse naam vir so ‘n toekenning!
dankie – nou het ek sommer van ‘n paar nuwes uitgevind … 🙂
Ek dink dis die idee – dat ‘n mens bewus word van meer blogs. Dit het dus gewerk met jou!
Dankie dat jy gevra het. So gemaak! Verskoon net, ek raak altyd meegevoer met iets.
Jy’s sowaar ‘n deeglike vrou!
Ma kan dalk sommer ma se eie Afrikaanse blog toekenning begin. Al wat mens kort is ‘n naam en ‘n mooi prentjie 😉
Dalk … as ek weer eendag geinspireerd voel. Of wil procrastinate … 🙂
More!
Nee, ek het nie gesien nie, maar ek sien nou! Baie dankie! 😆
Ek’s ongelukkig hierdie week bietjie vas (werk die hele dekselse week nagdiens), maar sodra ek weer rus en vrede het, sal ek dieselfde doen. 😉
Sjoe, Alta!!! Baie dankie!
Dankie Alta- vir die lekkerte- het my storie gebieg- jammer oor ek nou kan link nie. Maar het darem so paar via Fbook laat weet om te gaan loer.
Jou 7 dinge kon maklik myne gewees het – behalwe net vir die warm kry 🙂 Ek LOVE warm kry. Sal plan maak om al my huiswerk op datum te bring. Ek moet nog onsigbaar ook raak 😉
Dankie, almal vir die saamspeel! Ek het alreeds ‘n paar blogs ontdek waar ek nog nooit was nie!