RSS

Oor ‘n man en sy malva: Daan Dreyer se blou geranium – Derick B van der Walt

12 Aug

Daan Dreyer het nie gedink daar is veel met sy huwelik verkeerd nie. Tot die dag toe hy agterkom daar is in sy vrou se lewe ‘n groeiery aan die gang wat hom nie meer insluit nie. Nou sit hy in ‘n klein, donker woonstelletjie en verlang na sy vrou en kinders en hond. En wonder hoe lank die blou geranium in sy potjie sal hou, of daar ooit ‘n blommetjie sal kom.

Daan Dreyer se blou geranium is ‘n lekkerleesboek vol humor wat op ‘n ligte, amper speelse manier die seer verhaal vertel van ‘n man wat hom meteens alleen bevind en sy worsteling om weer sy voete te vind. Met die korporatiewe wêreld as agtergrond beleef die leser saam met Daan sy onwilligheid om te aanvaar hy het sy vrou verloor, sy soms onbeholpe pogings om die bande met sy kinders stewig te hou, ‘n paar effens belaglike pogings om sy vrou weer die hof te maak, die onvermydelike bewuswording van al die enkelvroue in sy omgewing.

Daan se onvermoë om met die belangrikste mense in sy lewe oor die belangrikste dinge te kommunikeer, loop soos ‘n donker draad deur die verhaal. Hy het hom uit die huis en uit die huwelik laat sit sonder om veel weerstand te bied. Sy pogings om standpunt in te neem en sterk te staan, hou telkens net ‘n rukkie. Hy is inderdaad ‘n bietjie delikaat, soos sy vrou hom uiteindelik noem.

Die dag breek aan wanneer Daan besef sy vrou is nie meer sy vrou nie, maar sy eks-vrou. Die dag wanneer hy  sy sleutels teruggee en as ‘n gas uit sy huis stap. Dit is dan ook die dag wanneer hy ontdek die blou geranium het ‘n klein, blou blommetjie.

Daan is nie ‘n held nie. Hy is ‘n doodgewone kantoorwerker wat in die Suid-Afrikaanse korporatiewe wêreld as ‘n has-been moet oorleef, ‘n eggenoot wat nie ‘n idee gehad het wat in sy vrou se kop aangaan nie, ‘n pa wat sukkel om met sy studenteseun te praat. Maar hy word so eg-menslik en realisties geteken dat die leser nie anders kan as met hom te identifiseer en te simpatiseer nie.

Nee, die verhaal eindig nie met Daan sielsgelukkig in ‘n nuwe liefde se arms nie. Maar hy jaag wel laggend met een vrou in haar rolstoel in die gang af en klim met ‘n piekniekmandjie oor ‘n ander se heining … Die lewe het nog veel om hom te bied.

NS. Soos al my boekbesprekings, is hierdie stukkie geen professionele resensie nie, maar bloot die persoonlike mening van ‘n leser met die doel om andere aan te moedig om Afrikaans te lees.

 
2 Kommentaar

Posted by op 12/08/2012 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Etikette: , , , , , , ,

2 responses to “Oor ‘n man en sy malva: Daan Dreyer se blou geranium – Derick B van der Walt

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: