RSS

Die krag van ‘n boek

22 Jul

Ons weet almal dis goed om jou brood op die water te werp en al daai mooi dinge. Maar meestal hou ons liewer  ons broodjie styf teen die bors, tog te bang om te veel weg te gee. Letterlik en figuurlik.

Maar party van ons weet ook – en andere vermoed – dat ‘n mens gewoonlik meer as krummels terug kry wanneer jy wel so ver kom om te gee. Synde dit brood of liefde of tyd of selfs geld. Op een of ander manier kom dit na jou toe terug.

Heel toevallig op Mandeladag het ek ‘n onverwagse praktiese kursussie hierin gekry. Gratis en verniet. Terwyl ek eintlik dog dis ek wat die gee-werk gaan doen.

Op die oog af is tannie Kollie se omstandighede gunstig – ‘n mooi woonstelletjie in ‘n versorgingsoord, ‘n getroue vriendin wat haar voltydse versorger is, winterson wat gul by die noordervenster inskyn, bejaarde jeugvriendinne wat nog jaarliks kom kuier.

Mettertyd kom jy agter daar is ook baie wat sy nie meer het nie. Sy bring nie net haar dae in daardie stoel deur nie, maar ook haar nagte. Jy vermoed sy gaan nie asem kry as sy plat lê nie, maar jy sien nie kans om te vra nie. Jy vermoed vele ander praktiese probleme – maar jy sien nie kans om te vra nie. Jy luister en jy kom agter die borskanker wat hulle nie kan uitsny nie (want sy kan nie narkose kry nie), is omtrent die minste van haar probleme. En jou eie ou probleempies verskrompel voor wat jy hier sien.

Tannie Kollie bring 49 weke van elke jaar in die woonstelletjie deur. Maar haar wêreld is groter as daardie paar vierkante meter. Want sy lees.

Sy hou van sterk heldinne. Tog nie ou meisietjies oor wie die manne sommer kan loop nie. En sy hou van die familiegevoel wat ‘n reeks jou gee.

Jy eet die koek en drink die tee wat deur ‘n effens bewerige oumenshand vir jou aangedra word. Jy luister en kyk – en jy hoor en sien soveel meer as die skrikwekkende lys gesondheidsprobleme. Jy sien die krag van die menslike gees. Jy sien die krag van vriendskap. Jy sien die krag van geloof. En van humor.

En veral die krag van die boek.

En jy voel klein en dankbaar vir jou rol in die skepping van ‘n paar van die boeke wat die lewe vir hierdie dapper mens draagliker maak.

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

9 responses to “Die krag van ‘n boek

  1. Nadia de Kock

    22/07/2012 at 10:05

    Wonderlik, Alta.

     
  2. MaanKind

    22/07/2012 at 10:05

    Tien uit tien! Sal jy glo, ons het gister daaroor gesels dat alle kunstenaars en skrywers net die kuns channel, en dat dit baie spesiale mense is waardeur daardie kuns gechannel word, want dis jou doel op aarde. Dankie daarvoor! Ons het hierdie week by Rusoord verby gery.

     
  3. kristelloots

    22/07/2012 at 12:56

    Ag Alta, hoe roerend. En jy het `n ekstra sonstraaltjie vir haar gebring met jou besoekie. Wonderlik dat sy nog kán lees.

     
  4. yvettedevilliers

    22/07/2012 at 16:54

    En toe word jy beloon met ‘n broodjie … kosbaar.

     
  5. Alta Cloete

    24/07/2012 at 07:06

    Dankie vir julle almal se inloer!

     
  6. colourmecrazee

    27/07/2012 at 17:56

    ag, te pragtig … dankie vir deel …

     
    • Alta Cloete

      07/08/2012 at 08:48

      🙂

       
  7. kristelloots

    31/07/2015 at 22:29

    Vandag, 2 jaar later? lees ek hierdie met nuwe insig.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: