Dagboek van ‘n depressievegter: As jy aanhou gly

Depressievegters ken daardie gevoel – jy gly dieper en dieper in die donker put af.

Die wande is glad, jou naels kry nie vashouplek nie.

En onder wag … Wat? Dalk maar net die ewige donkerte.

En jy raak so, so lus om eenvoudig te laat gaan.

Maar nee, jy doen dit nie.

Want die lewe is eens te kosbaar.

Jy VEG. Al is dit flouerig.

Jy staan soggens op uit die bed, al is dit die laaste ding wat jy wil doen.

Jy eet ‘n gesonde ontbyt, al is jy nie soggens lus vir eet nie.

Jy gaan stap met of sonder die hond, al voel jou voete soos lood.

Jy sit jou gunsteling musiek aan, al is jy nie lus vir dans nie.

Jy tel jou seëninge een vir een … en weer … en weer. En voel ondankbaar omdat jy nie dankbaar genoeg is nie.

Jy eet ‘n klein sjokolade i.p.v. ‘n heel grote. Want jy weet na die derde blokkie is dit nie meer lekker nie.

Jy lees ‘n opgewekte boek al is jy nie lus vir lees nie.

Jy versorg jou gesin, al is jou enigste wens om NIKS te doen nie.

Jy doen die ding waarteen jy die heel meeste opsien. Stadig en pynlik, treetjie vir treetjie.

Jy probeer goed wees vir diegene wat oor jou pad kom.

En steek jou eie swakheid verbete weg.

Want hierdie stryd is ‘n alleenstryd.

Die dag gaan verby. En nog een en nog een.

More gaan jy dieselfde doen.

En aanhou en aanhou.

Tot daar ‘n dag kom wanneer die son weer skyn.

Want die lewe is te kosbaar om op te gee.

8 gedagtes oor “Dagboek van ‘n depressievegter: As jy aanhou gly

    1. Ja, dit maak dit baie moeilik vir die mense rondom so ‘n persoon. Eintlik is dit ‘n baie eensame stryd. Maar as die mense naaste aan jou ten minste PROBEER verstaan, is dit alreeds baie kosbaar.

  1. Hoekom is dit so dat dit weer en weer kom? En dan voel nog soms dat niemand verstaan nie, of jy verloor mense na aan jou omdat jy daaroor wil praat?
    Dankie vir jou

    1. Johane, die siekte kom mos so in siklusse, dis hoekom ons vegters is: die stryd hou aan en aan. Die meeste mense verstaan nie, hulle dink dis 100% jou keuse of jy wil of nie, dat dit net ‘n kwessie is van kies om nie daaraan te ly nie. Wens dit was so eenvoudig.

      1. Dankie Yvette dus moet ons aanhou veg, want die stryd is nooit verby nie. Daar het lig opgegaan vir my.

  2. Soms dink ek alles in die lewe gaan maar in siklusse. By party van ons swaai die pendulum net wyer. En soms te wyd. Dalk moet ‘n mens meer genadig teenoor jouself wees wanneer dit minder goed gaan. Dalk ‘n bietjie goed wees vir jouself?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s