RSS

Junie 2012: London

02 Jun

‘n Paar indrukke …

  1. ‘n Mens se eerste moltreinrit na baie jare is baie lekker.
  2. Die twintigste is nie meer snaaks nie.
  3. Maar die stelsel is steeds doeltreffend (en relatief eenvoudig – mits jy natuurlik oplet).
  4. ‘n Tas met wielietjies klim nie goed trappe nie.
  5. Die Eye of London lyk vir my darem te stadig. Ek klim graag wilde perde … 🙂
  6. ‘n Mens kry ‘n bier met die naam Oranje Boom. En dis nie so erg bitter nie.
  7. Honde stel my in staat om met enige vreemdeling te begin praat.
  8. My travel buddy is ook ‘n goeie aanknopingspunt.
  9. Hy het ook nie in die Teems beland nie.
  10. St Paul‘s is nog mooier as jy rustig kan sit en na ‘n diens en kooruitvoering luister ipv agter ‘n gids se sambreel aandraf.
  11. Die prys van ‘n hotdog laat jou honger vinnig verslaan.
  12. Te veel toeristedinge op ‘n dag laat jou vinnig afstomp.
  13. Dit help om stapfiks te wees.
  14. Vreeslik baie mense is hier vir die Jubilee. Met klem op die vreeslik.
  15. ‘n Loopneus kom nooit op ‘n goeie tyd nie.
Advertisements
 
3 Kommentaar

Posted by op 02/06/2012 in Reis

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

3 responses to “Junie 2012: London

  1. Nadia de Kock

    02/06/2012 at 23:09

    Ek hoor jou van die wilde perde! Hoop julle kan nou gaan rus. More = Eire!!!!!!

     
  2. MaanKind

    03/06/2012 at 11:55

    Ek lees graag! Geniet, en onthou, jy kan agterna weer kom rus. Dit was van die beste raad wat ek tydens ons vakansie gekry het.

     
  3. Alta Cloete

    03/06/2012 at 23:55

    Dankie vir die saamreis, julle! Dit maak die ervaring nog meer sinvol en spesiaal.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: