RSS

The spear of the nation

20 Mei

Nee, nee, jy soek verniet na die prentjie op hierdie blog. Dis ordentlike mense wat hier vergader. 🙂

Of ons prez ‘n ordentlike mens is? Nie in my boekie nie. Nie dat my boekie vir hom van enige belang is nie.

Ek gun teoreties gesproke enige mens die persoonlike vryheid om sy eie keuses uit te oefen.

Maar as ‘n mens die president van ‘n land is, moet jy seker ‘n paar keer dink oor jou keuses.

En besef mense gaan dit raaksien en kritiseer. En bereid wees om die punch te vat.

Vir my voel dit of sy optrede ons in die skande steek by die Westerse wereld.

(Nie dat die Westerse wereld nou juis sonder skandes is nie.)

Maar hulle is tog oor die algemeen die ouens met die geld. Waarvan ons baie nodig het om ons baie probleme aan te spreek.

Persoonlik voel ek skaam om hom as president te he. Veral as ‘n mens aan Madiba se waardigheid terugdink.
En ja, ek weet Mandela is ook nie sonder foute nie.

(Ek voel ook skaam omdat ek nie op hierdie rekenaar die kappie op die e kan kry nie!)

Daar is drie redes waarom die president se gedrag my ontstel:

Vroueregte, wereldbevolking en vigs. 

Ek laat die detail aan jou oor.

Lees ook gerus Danie Marais se artikel oor Brett Murray se omstrede skildery in By.

En soek maar ‘n bietjie op die internet as jy nog nie die gewraakte skildery gesien het nie.

Maar ‘n mooi gesig is dit nie …

Advertisements
 
6 Kommentaar

Posted by op 20/05/2012 in Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

6 responses to “The spear of the nation

  1. Andre Beukes

    20/05/2012 at 20:16

    Ha, ha jy kon ‘n vyeblaar op geteken het!

     
    • Alta Cloete

      21/05/2012 at 09:11

      🙂

       
      • Andre Beukes

        22/05/2012 at 16:32

        iemand het toe ‘n vyeblaar probeer verf!

         
  2. Alta Cloete

    22/05/2012 at 22:00

    Andre, was dit nie dalk jy nie? ‘n Mens kan mos deesdae blykbaar uit die tjoekie ook blog … 🙂

     
  3. Andre

    30/05/2012 at 13:54

    Verskoon die Engels – nie tyd gemaak om dit te vertaal nie.
    Die volgende het vanoggend in my posbus aangekom:

    Where are our Priorities?????
    The controversial painting has now been defaced.
    Two guys (a white & a black) were arrested.
    The ANC’s court case is going ahead to force the gallery to remove the artwork.

    – A 17 year-old mentally challenged girl was gang raped & the video went viral. No one marched.
    – An 8-year-old girl was raped by a 15 year-old boy & her eyes gouged out. No one marched.
    – Entire provinces are without school text books – it’s almost June. No one marched.
    – Our imminent police chief is a gangster & has brought our police service to its knees. No one marched.
    – Our country has one of the highest unemployment rates in the world. No one marched.
    – Our democracy is going down the toilet, but no one marches.

    But our country goes hysterical over a painting! We threaten lawsuits, protests & violent reprisals.
    Where are our priorities???
    What are we thinking??????!!!!
    We have now proven beyond doubt that our collective mentality doesn’t rise above the waist.

     
    • Alta Cloete

      30/05/2012 at 14:19

      Ek sê met ‘n swaar hart SELA!
      Want dis ongelukkig waar.

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: