RSS

Dagboek van ‘n depressievegter: ‘n Klompie random gedagtes

15 May

Ek het hierdie vir ‘n vriendin saamgeflans – sommer ‘n klomp gedagtes wat uit my eie ondervinding spruit.
Ek plaas dit hier ook, vir ingeval iemand anders dit ook vanaand nodig het.

1. Stel vir jou die depressie as ‘n konkrete ding voor. ‘n Nare dier, of ‘n duiwel, of ‘n lelike gedrog met baie grypende arms, of wat ookal. Kry ‘n prentjie in jou kop – soek sommer op die internet.
Dan is dit makliker om jou voor te stel hoe om daarteen te veg.

2. Visualisasie kan ‘n magtige wapen wees. Ek het bv. aangeleer om as ek gedagtes aan die dood kry, ‘n groot rooi STOPTEKEN vir my voor te stel, en daarna ‘n mooi prent uit ‘n goeie herinnering. Oefen dit ‘n bietjie, dit kan werk.

3. Maak vir jou ‘n lys van goed wat jou woema gee. Dinge waarvan jy hou, waarvoor jy ‘n passie het. En ja, ek weet ons eintlik passie is ons kinders, maar nou moet ons ander ook kry. (Dis een van die punte waar my Springsteen beheptheid so baie vir my beteken.)

4. As niks jou roer nie, begin SOEK na iets. Dalk maak jy wonderlike ontdekkings. Die lewe is so vol verrassings. Ek het hierdie week Pinterest ontdek … Kyk ‘n bietjie op die internet.

5. MOENIE, MOENIE, MOENIE in die bed bly lê nie. Dis die heel gevaarlikste ding, daardie magtelose daadloosheid.

6. Eet gesond. Slaai en volkoring goeters. Nie baie koolhidrate nie. Te veel koolhidrate laat ‘n mens moeg voel.

7. Oefen. Enige vorm is goed. Dans met jouself om die kombuistafel as jy alleen is. (Ek oefen op Springsteen DVD’s!) Gaan stap. Strek. Enigiets. Pasop net vir seermaak.

8. Werk aan onrealistiese verwagtinge. Ek is ‘n mens wat die lewe graag VOLMAAK wil hê. Ek ervaar alles baie intens. Ek is gewoonlik hoog of laag, selde in die middel. Ek vermoed jy ook. Werk doelbewus daaraan om die pendulum effens minder wyd te laat swaai, sodat die die hoogtes en die dieptes ‘n bietjie minder intens kan wees.

9. Drink jou pille! As dit nie akkordeer nie, kry ander. Byt vas, al weet ek dis aaklig.

10. Aanvaar NIEMAND anders gaan dit vir jou doen nie. Ons moet SELF vir onsself verantwoordelikheid neem. Nie God, ons mans, ons kinders, ons vriende, ons dokter kan dit regtig vir ons doen as ons nie ook SELF ALLES gee nie.

 

Etikette: , , , , , , ,

7 responses to “Dagboek van ‘n depressievegter: ‘n Klompie random gedagtes

  1. Nadia de Kock

    15/05/2012 at 22:06

    Dis konkrete raad, Ek hou van die eerste een: sien die depressie as ‘n objek. Sien hom dan voor jou op jou kombuistafel (waar jy hom neergesit het) en waar jy hom gaan bekyk en bedink. Haal hom uit jou uit. Maak dit sin, Alta?

     
    • Alta Cloete

      15/05/2012 at 22:29

      Dit maak baie sin. As jy hom klaar bekyk en bedink het op die kombuistafel – kap jy hom in stukke met die skerpste ding wat jy in die hande kry. Nie ‘n groentemessie nie.🙂

       
  2. Andre Beukes

    16/05/2012 at 09:05

    Alta, insiggewend- sal graag nog wil lees!

     
  3. juliamukuddem

    16/05/2012 at 22:08

    great – dankie alta. dis fantasties dat jy so oop en eerlik wees. ek is ook een van daai mense wat alles intens ervaar, so ek weet presies waarvan jy praat. ek stem saam met alles wat jy hier se!!

     
  4. mukhtarm1

    16/05/2012 at 23:42

    Even positive people like me have days when the self doubt is stronger than the self belief…I see a dark room, myself in the middle, sitting on the floor, holding my legs, and then I see the curtains being drawn open by people like you, inspirational, supportive like my own Julia, and other positive light givers. They join me, and sometimes they show me the doorway. Other times I spend all my time outside, in the light, knowing that some of my closest dearest friends are inside that room, and then I am the one that needs to be the light bringer…Thank you..this is great advice…

     
    • Alta Cloete

      17/05/2012 at 06:41

      And this is great writing and strong images. Thank you!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: