RSS

April Fool? Of Internasionale Lagdag?

01 Apr

Ek het nog altyd gedink dis ‘n effens gemene speletjie om ander mense vir die gek te probeer hou. Seker maar omdat ek so goedgelowig was. (Of oorgevoelig. Wat nou weer ‘n ander storie vir ‘n ander dag is.)

Maar verlede jaar klim ek toe ook op die wa. Bly tot na middernag wakker om seker te maak die regte datum verskyn by die blogpost. (Wat toe nie gewerk het nie, want die betrokke blog se tyd was nie heeltemal reg nie.) Dink hard en spandeer ‘n klomp tyd om ‘n paar geloofwaardige ongeloofwaardighede kwyt te raak. En vind dit op die ou end ‘n heel verdienstelike manier om my tyd te mor … oeps! … gebruik.

Want Gekkedag verskaf toe aan ‘n hele klomp mense ‘n titseltjie plesier. Sommige word gevang, ander nie. Pittighede word kwytgeraak, pittiger pittighede word terug kwytgeraak.

Hierdie jaar het ek dit beter beplan. Gister terwyl ek vir die beter helfte ‘n vraggie donkiewerk op die rekenaar aan die doen is, tussenin geskaaf aan my April Fool posts. En sodoende sommer myself ook gered van algehele ondergang. Niemand in hierdie huis hou van admin nie. En iemand moet dit doen … L

Vyfuur vanoggend is ek op en voor die rekenaar. (Ja, regtig.) Dit neem my ‘n volle uur om my skryfseltjies op ‘n stuk of ses platforms te post. Sesuur kruip ek terug in die kooi en slaap heerlik solank die son opkom oor die geklike dag.

Die res van die dag was daar ‘n glimlag op my gesig. Want ja, ek dink die verspottighede het ‘n (hele) paar mense laat lag. En wat het ons tog nodiger in hierdie ou wêreld as humor?

Lag en die wêreld lag saam met jou … Ek dink dit werk regtig.

En groot ekskuus aan diegene wat ek gevang het – dit was nie regtig die bedoeling nie! Volgende jaar sal ek die wenke om jou radar te laat afgaan beter plant …🙂

As ‘n bonus – hier is die Top Tien van April Fool pranks op YouTube!

 
3 Kommentaar

Posted by op 01/04/2012 in Humor, Suid-Afrika

 

Etikette: , , , , , ,

3 responses to “April Fool? Of Internasionale Lagdag?

  1. MaanKind

    01/04/2012 at 17:22

    My beste beste een was twee jaar gelede, toe ek frantiese familie-oproepe gekry het:
    Julle! Raai wat! Ons is so opgewonde. Eers was ek bitterlik angstig, want ek meen, ons het al ‘n kleinkind. Maar toe besef ons weer, noudat ons ouer en wyse is, het ons soveel meer geduld. Die beste deel is dat daar deesdae weggooidoeke is. En epidurale. En keisers. Ons sien so uit! My liewe man wou eers niks hoor dat ek die nuus bekend maak nie, maar ek kan nie ‘n sekonde langer stilbly nie!

     
  2. Nadia de Kock

    01/04/2012 at 20:46

    Ek word byna elke jaar ten minste een keer gevang; ten minste totdat ek besef dit is 1 April is ek nogal oop vir die onmoontlike of absurde en glo ek dit wragtig!🙂

     
  3. Alta Cloete

    02/04/2012 at 12:14

    Ek wou eintlik baie graag sê ek gaan ouma word – maar ek was te bang my kinders (wat nie een nog ooit ‘n meisie gehad het nie!) onterf my.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: