Vanaf skrywersblog: Om te hyg of nie te hyg nie

Menige skrywer (hierdie een ingesluit!) sal baie betaal om die woord hygroman terug te stop in die gat waaruit hy ons samelewing binnegekruip het. Erens lank gelede (ek vermoed dit was iewers in die 80′s) het ‘n joernalis dié woord uitgedink vir Afrikaanse verhale wat die seksuele redelik direk aanspreek. En hy het vasgesteek en bly sit in die Afrikaanse psige. Niks en niemand gaan hom daar uitkry nie. Veral skrywers van ontspanningslektuur loop baie onder hom deur.

Maar hy het nie meer die oorspronklike betekenis nie, altans nie in die volksmond nie. Die woord word nou oor die algemeen gebruik waar erotiese verhale bedoel word. Elke skrywer van liefdesromans of romanses word tot vervelens gevra: Wat skryf jy? Hygromans? Of nog erger: Huigromans

Die ongeluk is dat dit vir baie skrywers ‘n negatiewe betekenis gekry het, omdat dit die indruk skep dat seks die hoofbestanddeel van ‘n sogenaamde hygroman is. (Ek sien op Litnet word die woord hygverhaal gebruik as vertaling vir erotic literature – ek het gewaag om enetjie op LêNet te lees, en dis bietjie heavy vir my! Om die minste te sê.) Die romanses en ander liefdesverhale wat in Afrikaans geskryf word, val oor die algemeen hoegenaamd nie in hierdie kategorie nie. Die seks is as ‘n reël nie die sentrale tema in die storie nie, maar die ontluikende liefde tussen die hoofkarakters. Natuurlik impliseer dit seksuele aangetrokkenheid, wat elke skrywer kan uitbeeld soos sy voel. Maar dis nie ‘n storie wat eintlik net ‘n verskoning is vir ‘n klomp warm en/of eksplisiete tonele is.

Baie ernstige skrywers (en ernstige skrywers is nie net literêre skrywers nie) ervaar dus die term hygroman as neerbuigend en degraderend. Maar ons besef die woord het gekom om te bly. Tot ons innige spyt. Hiermee dus die formele aankondiging vir almal wat wil weet (en dié wat nié wil weet nie!) dat 99% van die Afrikaanse skrywers wat romanses of liefdesromans of spanningsromans skryf, NIE hygromans skryf nie. Ook nie huigromans nie. Ook nie hierdie ene nie. Dankie, dames en here! 🙂

3 gedagtes oor “Vanaf skrywersblog: Om te hyg of nie te hyg nie

  1. Het intussen agtergekom die woord is blykbaar in 1994 geskep. Iets te make met demokrasie dalk?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s