Aangepas vanaf my ou skrywersblog: Kom stap saam!

Toe ek in 2004 uiteindelik die moed bymekaargeskraap het om die onderwys te verlaat en pens en pootjies in die onbekende waters van die skrywerspoel te spring, het ek nie ‘n idee gehad van die skrikwekkende, interessante en wonderlike pad wat vir my voorlê nie.
Na amper agt jaar en skuins onder die veertig tydskrifverhale, nege gepubliseerde romanses en drie liefdesromans (die vierde verskyn DV in Mei), is ek nou op die punt waar ek dit wil waag om jou te nooi om saam met my te stap en te deel in die hoogtepunte (en laagtepunte!) wat vir my mag voorlê. Ek hoop jy word ‘n gereelde besoeker en dat jy ook gaan saamgesels deur kommentaar te lewer op my posts. (En dit hoef nie nét komplimente te wees nie – hoewel hulle natuurlik welkom sal wees!)
Jy is ook welkom om te LIKE, sodat ek darem kan sien jy was hier.
En wees gerus – ek gaan julle nie oorval met posts nie!

 

12 gedagtes oor “Aangepas vanaf my ou skrywersblog: Kom stap saam!

  1. Ek lees wel gereeld, alhoewel ek nie veel kommentaar lewer nie. Ek het vroeg in my lewe geleer om slegs kommentaar te lewer oor iets waarvan ek darem dink ek weet genoeg. 🙂

  2. Ai, het maar net al in die verlede my voet so bietjie in ‘n ding gesit waar ek liefs nie moes nie, en toe mense wat nie graag kritiek aanhoor nie, ongelukkig gemaak. Dis wat my nou eerder versigtig maak.

    1. Ek het ‘n e-pos gekry dat jy gesubscribe het, so ek neem aan jy het reggekom? (Sal nou eers self weer die knoppie gaan soek! :)) Dankie vir die ondersteuning!

  3. Die nuwe blok lyk pragtig, Marile. Baie geluk met die sukses wat jy behaal het in ‘n skamele 8 jaar. Ek is een van die vele bewonderaars van jou styl en temas, en ook van die integriteit wat uit jou lewe en skryfwerk skyn. Mag daar nog vele pennevrugte van jou die lig sien!

    1. Dankie, Kristel! Lekker dat jy gereeld kom inloer! Die gogga het my nou weer van vooraf gebyt.

  4. Ek hou sommer net van die klomp goeters wat in jou blog aangeraak word! Ek wou jou nog sê, ek het jou baie geniet die dag daar by jou boekebekendstelling! Nogmaals dankie dat jy dit met my gedeel het!

    1. Lekker om jou hier te sien, Christo! En ja, eintlik is ‘n mens veronderstel om meer gefokus te blog, maar ek sukkel altyd ‘n bietjie met die fokus … 🙂

Lewer kommentaar op Alta Cloete Kanselleer antwoord