RSS

Aangepas vanaf my ou skrywersblog: Kom stap saam!

19 Feb

Toe ek in 2004 uiteindelik die moed bymekaargeskraap het om die onderwys te verlaat en pens en pootjies in die onbekende waters van die skrywerspoel te spring, het ek nie ‘n idee gehad van die skrikwekkende, interessante en wonderlike pad wat vir my voorlê nie.
Na amper agt jaar en skuins onder die veertig tydskrifverhale, nege gepubliseerde romanses en drie liefdesromans (die vierde verskyn DV in Mei), is ek nou op die punt waar ek dit wil waag om jou te nooi om saam met my te stap en te deel in die hoogtepunte (en laagtepunte!) wat vir my mag voorlê. Ek hoop jy word ‘n gereelde besoeker en dat jy ook gaan saamgesels deur kommentaar te lewer op my posts. (En dit hoef nie nét komplimente te wees nie – hoewel hulle natuurlik welkom sal wees!)
Jy is ook welkom om te LIKE, sodat ek darem kan sien jy was hier.
En wees gerus – ek gaan julle nie oorval met posts nie!

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

12 responses to “Aangepas vanaf my ou skrywersblog: Kom stap saam!

  1. Rika Du Plessis

    19/02/2012 at 17:13

    Ek lees wel gereeld, alhoewel ek nie veel kommentaar lewer nie. Ek het vroeg in my lewe geleer om slegs kommentaar te lewer oor iets waarvan ek darem dink ek weet genoeg. 🙂

     
    • Marile Cloete

      19/02/2012 at 19:02

      Dalk is jy te nederig, Rika!

       
  2. Rika Du Plessis

    19/02/2012 at 20:14

    Ai, het maar net al in die verlede my voet so bietjie in ‘n ding gesit waar ek liefs nie moes nie, en toe mense wat nie graag kritiek aanhoor nie, ongelukkig gemaak. Dis wat my nou eerder versigtig maak.

     
    • Marile Cloete

      20/02/2012 at 19:36

      Hoe sê hulle? Liewer Bang Jan … 🙂

       
  3. MaanKind

    19/02/2012 at 20:54

    Ek wil graag subscribe hier, maar is is nêrens ‘n knoppie nie!

     
    • Marile Cloete

      20/02/2012 at 04:47

      Ek het ‘n e-pos gekry dat jy gesubscribe het, so ek neem aan jy het reggekom? (Sal nou eers self weer die knoppie gaan soek! :)) Dankie vir die ondersteuning!

       
  4. Ida Gräbe

    20/02/2012 at 09:03

    Die nuwe blok lyk pragtig, Marile. Baie geluk met die sukses wat jy behaal het in ‘n skamele 8 jaar. Ek is een van die vele bewonderaars van jou styl en temas, en ook van die integriteit wat uit jou lewe en skryfwerk skyn. Mag daar nog vele pennevrugte van jou die lig sien!

     
    • Marile Cloete

      20/02/2012 at 19:36

      Dankie, Ida – waardeer dit spesiaal van jou!

       
  5. kristelloots

    20/02/2012 at 14:37

    Mal oor jou blogs.

     
    • Marile Cloete

      20/02/2012 at 19:34

      Dankie, Kristel! Lekker dat jy gereeld kom inloer! Die gogga het my nou weer van vooraf gebyt.

       
  6. Christo

    22/02/2012 at 12:40

    Ek hou sommer net van die klomp goeters wat in jou blog aangeraak word! Ek wou jou nog sê, ek het jou baie geniet die dag daar by jou boekebekendstelling! Nogmaals dankie dat jy dit met my gedeel het!

     
    • Alta Cloete

      22/02/2012 at 18:03

      Lekker om jou hier te sien, Christo! En ja, eintlik is ‘n mens veronderstel om meer gefokus te blog, maar ek sukkel altyd ‘n bietjie met die fokus … 🙂

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: