Ek is veilig en dankbaar terug van ‘n wonderlike tyd saam met my kinders in Noorweë. Ek hoop om die stilswye op die blog so gou as moontlik so deeglik as moontlik te verbreek. Sodra ek my fokus iewers gevind het … 🙂
Die foto toon maar een van die ongelooflike tonele waarvan ek nie kon genoeg kry nie. Henri was die knap fotograaf. Kliek op die beeld om te vergroot.