RSS

Dagboek van ‘n depressievegter: ‘n Gevaarlike tyd!

21 Dec

Hierdie tyd van die jaar is alles erger. As jy bly is, is jy baie bly. (Of jy voel jy behoort eintlik BAIE bly te wees.) As jy hartseer is, is jy baie hartseer. Dinge is geneig om in uiterstes te gebeur en emosies geneig om intens te wees.
Vir depressievegters is dit ‘n gevaartyd. (Soos die lente vir sommiges.) Ons is mos hoeka goed met uiterste emosies, nie juis mense wat neutraal staan teenoor dinge nie, ook nie dinge louwarm ervaar nie.
Na my mening lê die grootste gevaar van die feestyd in die ou kwessie van onrealistiese verwagtinge. Die hele wêreld is (oënskynlik) so gelukkig … almal gaan see toe, of familie toe, hou partytjies, kry presente, eet oordadige maaltye … Nou hoekom voel ek dan nie so gelukkig soos die res van die wêreld nie? Ek gaan tog ook see toe en my matriekkind het deurgekom en niemand in die familie is dood nie … maar steeds kry ek dit nie reg om so stralend gelukkig te voel nie.
Ek probeer deesdae hard veg teen daardie begeerte om ALLES so VREESLIK WONDERLIK te wil hê. Want die lewe gee ons op sy beste hier en daar ‘n perfekte OOMBLIK. Die res van die tyd moet ons maar tevrede wees met effens (of heelwat!) minder as die volmaakte. Dit voel vir my ‘n mens moet bly wees oor die lekker en maar probeer om die minder lekker te aanvaar. Dan is jy nie so geskok as die familie nie almal in ekstase oor hul geskenke is nie, of as dit reën by die see of as die matrikulant ‘n ietwat uitrafel nie. En dan mors ‘n mens nie soveel energie met selfbejammering en wroeginge nie.
Nee, ek bepleit nie ‘n kleurlose lewe van vaal emosies en geen plesier nie. En ek bepleit definitief nie negatiwiteit nie. Ek dink net ‘n mens moet versigtig wees om intense emosies by jouself aan te blaas in hierdie tyd. En die vreeslike verwagtinge so ‘n klein bietjie probeer afskaal.
Dan is dit hopelik makliker om bloot dankbaar te wees vir wat jy het – en nie heeltemal in sak en as te sit oor al die ellende wat steeds in hierdie tyd in die wêreld is nie.

 
 

Etikette: , , , , ,

7 responses to “Dagboek van ‘n depressievegter: ‘n Gevaarlike tyd!

  1. kristelloots

    21/12/2011 at 11:54

    Jy is inderdaad `n baie wyse . . . e . . . vrou.
    En terloops – die geur van `n skaapboud in die oond doen ook wondere vir die gemoed, vir myne in elk geval.

     
  2. Johane

    21/12/2011 at 13:02

    Jy het dit darem goed opgesom: almal skarrel rond en koop . Net om weer terug te gaan en nog beter te koop. Maar gaan dit regtig permanente geluk bring?

    Seenwense

     
  3. Johane

    19/02/2012 at 18:00

    Sukses en voorspoed vir jou. Jy word elke dag meer oorspronklik en vol lewe. Doe so voort.

     
    • Marile Cloete

      19/02/2012 at 19:02

      Dankie, Johane! Ek doen my bes, maar daar is ook maar soms donker oomblikke. Hoop dit gaan goed met jou!

       
  4. Johan Heyns

    20/01/2015 at 22:21

    Ek het my werk veloor as gevolg van epilepsie. Ek is bipoler. Het niemand om meer te praat wat dit verstaan nie.
    My eks vrou maak my kind teen my op (ek het bewyse van dit)
    Skielik het sy ‘n hofbevel gekry dat ek hom nie mag sien nie.
    Ek vermoed my kind is ook bipoler herken baie tekens by hom, sy weier om hom te vat vir toetse en sielkundige behandeling
    Ek weet regtig nie wat is die oplosing nie vermink ek vermoor haar en my 2 stief kinders dat sy ook nie haar kinders kan sien nie en vermoor my self daarna.
    Ek is op ‘n punt waar ek alle medikasie sal stop

     
    • Alta Cloete

      20/01/2015 at 22:56

      ASSEBLIEF, Johan, MOENIE, MOENIE, MOENIE!
      Erens moet daar iets positiefs wees. Soek asb daai ligstraaltjie!
      Die lewe is te kosbaar. Moenie joune weggooi nie!
      Beste wense!

       
      • Johan Heyns

        20/01/2015 at 22:59

        Waar soek ek

         

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: