Liewe Kersvader …

Liewe Kersvader
As jy kan ophou met jou selfoon speel en op die pad konsentreer, sou ek graag ‘n paar dingetjies wou hê. Gelukkig vir jou is ek ‘n tevrede soort mens wat nooit baie verwag van die lewe nie. Jy sal dus nie veel moeite met my versoekies hê nie.
1. ‘n Middel wat my vir die res van my lewe op my huidige ouderdom (35) kan laat vassteek. ‘n Mens se kans is deesdae so goed om baie lank te leef en daar is nog soveel goed wat ek wil doen, dat ek dit nie graag met ‘n OU lyf wil doen nie.
2. As jy nie met bogenoemde kan help nie, sal blote gesondheid en stamina vir die nuwe jaar ook welkom wees. Natuurlik om my werk te kan doen, maar veral om my twee Springsteenkonserte te oorleef. Oor die geniet is ek nie bekommerd nie, dis die OORLEEF wat vir my belangrik is. Jy weet, Kersvader, die mense staan ‘n dag lank tou, dan gaan die hekke drie uur voor die konsert oop en dan HARDLOOP jy vir die beste plek. Daarna staan en wag jy vir die drie ure tot die konsert begin. En dan DANS jy vir drie uur. Hoe jy agterna by jou blyplek kom, weet ek nie. Dalk met ‘n ambulans? Ek gee nie soveel om nie – ek wil dit net graag maak tot by daardie DANS.
3. Verder wil ek ook graag ‘n groot sak met teenmiddel teen vrees hê. Iets wat sal keer dat ek altyd dink aan alles wat kan verkeerdloop, iets wat my sal help om onbevange na dinge uit te sien, iets wat my onuitstaanbaar positief sal maak.
4. As al hierdie dinge alreeds aan gelukkiger siele uitgedeel is, sal ek maar tevrede wees met ‘n groot sak Lindt sjokolade. Maar dit moet asseblief van die soort wees wat nie vetmaak nie. (En nee, ek laat my nie bluf deur die storie dat donkersjokolade minder vet maak nie – dis bloot omdat dit nie lekker genoeg is om te veel daarvan te eet nie.)
4. And if all else fails – bring dan maar net vir my ‘n ongeneeslike skryflus, asseblief.
Hoopvolle Marilé

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s