Terugblik: Beveg depressie – en wen (6): Behandeling

Jy sal sien die ouens by hierdie skakel skop teen die algemeen aanvaarde benadering dat depressie ‘n siekte is. Hulle redenasie is dat die depressie gewoonlik eerste kom en eintlik die oorsaak van die chemiese wanbalans in die brein is. Ek breek nie my kop daaroor nie – dis seker maar baie soos die kwessie van die hoender of die eier … Wat vir my ontsettend belangrik is, is dat ‘n mens so maklik kan aanvaar dis ‘n siekte – m.a.w. jy kan niks daaraan doen nie.  Jy het dit of jy het dit nie. En al wat jy kan doen, is jou pille drink. M.a.w. jy word ‘n  hulpelose SLAGOFFER. Dis dan dat jy ‘n depressieLYER is. Ek het dit vir jare geglo – en daarom jare van my lewe vermors deur die medikasie (teen my sin) te gebruik en verder maar net te probeer cope. Wanneer ‘n mens nie vaskyk teen die siekte-idee nie, besef jy jy moet die medikasie drink, MAAR daar is baie ander dinge wat jy terselfdertyd kan doen! (LW. Ek beweer NIE jy moenie die pille drink nie!!! Ek dink dis noodsaaklik – en dit help jou tot op die punt waar jy die krag het om op ander maniere ook te veg.) En dit maak van jou ‘n depressieVEGTER. Dis wat in my lewe die groot verskil gemaak het.

http://www.clinical-depression.co.uk/dlp/treating-depression/treating-depression-what-treatment-actually-works/


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s