RSS

9/11: Tien jaar later

10 Sep

Na ‘n ongelooflike week in die veld, kom ek met ‘n slag terug na die harde werklikheid. Deel van dié werklikheid is natuurlik die tiende herdenking van 9/11. ‘n Ding wat ek nou nog nie eens kan probéér verstaan nie.
In 2001 het dit maar gebars met my. Twee kinders in verskillende skole en ek worstelend in die derde. Te veel om te doen, te min tyd en energie, dooie drome in die onderste laai. En natuurlik die amper onvermydelike depressie. In hierdie lig het ek myself probeer beskerm teen die nuusdekking van 9/11. Wat natuurlik nie heeltemal moontlik was nie.
Ek het presies een artikel in Die Burger gelees en dit was oor die honde wat gebruik is om die puin te deursoek en hoe depressief hulle geraak het omdat hulle niemand kry nie. Dis natuurlik doodlogies – ‘n hond werk vir sy baas se goedkeuring, en as ‘n soekhond (search dog?!) niks kry nie, kan hy nie geprys word nie. Maar vir my het die storie ‘n groter vorm aangeneem – wat ek nou nog nie lekker kan verduidelik nie. Seker maar net dat ‘n mens ‘n idee kry hóé erg dit moes wees as selfs die honde depressief geraak het.
Heelwat later het ek in Readers’s Digest twee artikels gelees wat my baie aangegryp het. Die een was die vertelling van die weduwee van een van die ouens wat uit die vliegtuig gebel het terwyl hulle gekaap is. Die vliegtuig wat toe basies deur die passassiers laat val is, as ek reg onthou. Ek onthou die ongelooflike sameloop van omstandighede wat daartoe gelei het dat hy op daardie spesifieke vliegtuig was. En ek onthou sy het gesê haar pa het in die tuin gestaan en met hom op die telefoon gepraat, terwyl sy dit seker nie kon doen nie. Ek onthou ook hoe sy ‘n sakkie met persoonlike goedjies (dalk ‘n ring) kon gaan haal na die terrein opgeruim is. Organisasie van die Amerikaners wat seker maar sou gebars het hier by ons.
Die ander artikel was oor sommige van die stories van gewone mense wat daardie dag helde geword het. Ek onthou niks behalwe die dapperheid nie. En beelde van massas mense wat by trappe af probeer vlug. Maar dis genoeg om my steeds in die goeie te laat glo.
As Springsteen bewonderaar het ek natuurlik die voorreg om na sy album The Rising te luister, wat oor 9/11 gaan en vir die Amerikaners van groot waarde was en is in hulle verwerking van die gebeure, soos ek nou weer uit tientalle blog posts kan agterkom. Volgens die urban legend het hy dit begin skryf toe iemand na 9/11 in die straat uit ‘n motor vir hom geskree het: “Bruce, we need you!” Wel, hy het gedeliver. Dis ‘n album vol van die mooiste liedjies oor verlies en dapperheid en liefde wat jy jou kan voorstel, maar met die driving rhythm (hoe sê ‘n mens dit in Afrikaans?) wat my liefste jongste so haat. Hier pas die harde ritme egter perfek, want dit gee die energie van oorwinning aan die hartseer stories, die geloof, hoop en liefde. En moed. May your strength give us strength, may your faith give us faith, may your hope give us hope, may your love give us love … (Uit: Into the fire)
Solank positiewe dinge uit rampe te voorskyn kan kom, kan ons seker aanhou in die goeie glo.

 

Etikette: , , , , , , , ,

One response to “9/11: Tien jaar later

  1. Son

    11/09/2011 at 07:31

    En dan wil mense nog sê dis verby, ons moet nou vergeet daarvan. Hoe kan mens die verlies van soveel onskuldige mense net so onder die mat wil invee en hoe kan mens NIE al die goeie dade wat hieruit gebore is, onthou nie?!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: