Wat wil jou vrou hoor?

Manne, hier is die antwoord! En nee, dis ongelukkig nie my eie wysheid nie, maar die antwoord van ‘n rsg-luisteraar op die vraag: Waaroor wil jy hê jou man moet met jou praat?
“Ek wil hê jy moet jou hart met my deel, bv. hoe voel jy oor jou baas, en oor die hond wat vanoggend die tuin verwoes het. Hoe voel jy oor jou seun wat rugby speel, en die ou by die werk met wie jy graag bevriend sou wou wees. Ek wil weet of jy ‘n fout gemaak het vandag, en waar het jy jouself verbaas met vernuftigheid? Watter musiek het jy vandag gehoor wat jou wou laat dans het? Wie het jou geirriteer by die werk, en wat was snaaks en wat nie. Dit hoef nie die hele aand aan te gaan nie, maar solank ek nie hierdie dinge hoor nie, bly jy vir my ‘n vreemdeling in die bed.”
Al wat ek kan byvoeg, is: AMEN.
Van die rsg-webwerf.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s