“Depressie bied die moderne mens die kans vir ‘n helde-reis na binne en vir die moderne man bied dit ‘n baie bepaalde uitdaging. Sam Keen skryf in Fire in the belly: On being a man ‘n man moet beweeg van numbness to manly grief.”
Laat ‘n mens dink, ne?
Ek hoop jy’s reg vir jou persoonlike helde-reis! Self strompel ek dapper voort op myne …
Uit: Reis na binne deur Truida Heymann
Wat behels “manly grief”, wonder ek?
Ek vermoed dit het te doen met meer openlike wys van hartseer i.p.v. om dit te onderdruk.