Nog inspirasie vir depressievegters!

Ek het onlangs n.a.v. die baie reaksie wat ek hier op my Dagboek van ‘n depressievegter kry, besluit om dit ook by my Engelse Springsteen blog by te voeg. (Baie goeie oefening vir die skryf in Engels ook – iets wat ek toe eers besef ek nooit meer doen nie.) En dit lei my toe na die massas posts wat elke dag op WordPress geplaas word deur mense wat in alle verskillende stadiums van depressie is of was, en elkeen op sy eie manier daarteen probeer veg.
Eerstens is dit natuurlik hieruit duidelik wat ‘n wonderlike terapie dit is om jou gevoelens uit te skryf. Ek was nog altyd ‘n bietjie skepties oor die gedagte van ‘n virtuele dagboek (wat blogging aanvanklik was, hoewel dit nou vir baie ander doeleindes gebruik word), maar hier kan ek sien dat dit van onskatbare waarde kan wees.
Omdat dit maar die manier is hoe ‘n mens verkeer na jou blog toe kan lok, het ek dus blogs oor depressie begin soek en was stomgeslaan oor hoeveel daar is. In die proses het ek hierdie een raakgeloop wat vir my na goeie leesstof lyk: http://poppyposts-blog.net/
Dis interessant dat die posts almal in goeie Engels geskryf is en geensins vol selfbejammering is of ‘n poging om iemand se simpatie te kry nie. Daar is eenvoudig net talle en talle gesiglose mense (vir ons) wat daagliks hul eie klein stryd na die beste van hul vermoë stry.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s